top of page

Vreemde Geluk Deur Reinheid Van Hart



Goeie top soil in die tuin is ongelooflik goed, goeie top soil op ‘n trourok is nie.

Reinheid en onreinheid was baie belangrike kategorieë in die antieke tyd. Daar was baie spesifieke reëls oor wanneer iets of iemand rein was of onrein was. Onrein mense en diere mag natuurlik glad nie naby dit wat heilig verklaar was kom nie.

Byvoorbeeld, wanneer iemand ‘n velsiekte gehad het, was hulle onrein, hulle mag nie saam met die res van die volk gebly het nie, en mag ook nie deelgeneem het aan aanbidding nie.

Om dit op die mees eenvoudigste manier te stel, mense wat onrein was, was die wat nie die wet onderhou het nie. Die sondaars, of die buitestaanders.

Die mense wat rondom Jesus gestaan het, kon nie die uiterlike reinheids wette hou nie, hulle kon nie bekostig om Sabbat te onderhou nie, byvoorbeeld, een dag sonder werk sou een dag in die week gewees het wanneer hulle kinders nie kon eet nie.

Jesus het hom omring met sondaars en tollenaars, die onreines.

Die skok van hierdie teks is dat hy vir hulle sê, die onreines, dat dit reinheid van hart is wat saak maak, nie of jy jou hande hoeveel keer gewas het, en of jy al jou reinsheid wette in ‘n ry het nie, maar jou hart.

Jesus ondermyn die hele sisteem van reinheid, en verklaar dat die wat rein van hart is, God sal sien.

Heiligheid het te doen met verhoudings, die wat rein was het in heilige verhouding gestaan, of kon in verhouding staan met God en ander mense.

En dit is hulle wat vir God sal sien.

Kom luister graag saam Sondag na meer oor Heilig wees en rein wees en wat dit beteken in ons dag en tyd.

 

Wil jy weekliks ons blogs ontvang? Teken hier in

 


bottom of page