Ons almal ken die skottel, die skottel waarin jou ouma in deeg gemeng het, die skottel wat so langs die tent staan vir die Desember seevakansie se elke dag skottel-goed. Die skottel is ‘n onmisbare diennaar, staan altyd reg vir die dag tot dag eenvoudige huishoudelik take.
Eintlik is die skottel niks spesiaal nie.
Tot ouma hom nie kan kry nie, totdat hy weg is of gebreek het, dan mis almal die skottel. In die teks kry ons van groot goue skottels, die bakke waarin die priesters hulle gewas het vir reiniging by die tempel, tot die eenvoudige skottel wat Jesus gebruik het om die dissipels se voete was.
Die simbool van die skottel gee vir ons ‘n nuwe beeld, ‘n nuwe metafoor vir die einddoel van die lewe.
Ons het baie simbole wat ons motiveer vir mag, krag en wen. Ons het handelsmerke, en TV-realiteitsprogramme, en motiverings sprekers, en selfhelp boeke, wat ons motiveer om te ‘outwit, outplay outlast’, om te wen en bo uit te kom teen alle koste.
Tog ons simbool, die skottel, trek ons oog eerder na onder as bo, trek ons laer, na God se koninkryk, na dien as die groot doel van ons lewe. Dat dit in diens is dat ons onsself uiteindelik kan verloor en God vind, en so ons egte self.
Wil jy weekliks ons blogs ontvang? Teken hier aan