top of page

Op, Af, Heen En Weer. 'n Lewe In Vier Bewegings: Liggaam



Ons gaan die volgende paar weke gesels oor vier bewegings waarheen die Here ons uitnooi. Ons lewe is een groot beweging. Ons is altyd onderweg – op pad. My via of pad beweeg gedurig nader of verder van mense, die skepping of God.

Gebed gaan ten diepste oor die onderskeiding van die rigting waarheen my lewe stuur.

“Leer my die pad/rigting wat ek moet loop…” (Ps 143:8)

Ons kan die rigting van ons lewe leer ken deur bewus te word van die verskillende liefdes wat ons lewe trek. Ware liefde kry jy nie net in abstrakte denke of in die sentimentele emosies nie. Jy kry dit in die totale menswees. Die liefde wat hom uitdruk soos wat Jesus geleer het – in liggaam, siel, verstand en die hart (Mark 12:10).

Hoe dikwels glo ons een ding en doen ‘n ander ding...?

Hoe dikwels voel ons depressief terwyl ons genoeg rede het om dankbaar te wees…?

Een van die redes is omdat die liggaam, siel, denke en die hart in verskillende rigtings loop. Hulle het nodig om ‘op te vang’ met mekaar. Hulle het nodig om stil te staan en lank genoeg in God te kalibreer.

Dit werk soos die seisoene. Elke seisoen is nodig en daar is ook ‘n logiese patroon. Die somer kan nie sonder die winter bestaan nie, en ons kan net lente hê as daar ook ‘n herfs was.

Ons begin Sondag met die liggaam en kyk hoe die liggaam nader aan my siel, denke en hart verbind kan word.


bottom of page