top of page

Geslote Deure En Sagte Magies



‘n Plat maag is mode. Soveel so dat meeste van ons heeldag rond loop met ons maag ingetrek. Ons wil tog so graag almal weer 16 wees.

Die ding van maag intrek is dat dit jou liggaam onmiddelik in spanning plaas, alhoewel ‘n lae vlak van spanning tog steeds ‘n konstante een. Wanneer jy jou maag styf hou aktiveer dit jou veg, vlug, of vries reaksie. Die liggaam verwag ‘n aanval, of dink dit word aangeval.

Dit wil sê dat meeste van ons in konstante stress lewe, ter wille van ‘mooi’ lyk. Dit bo-op die gewone stress van die alledaagse westerse lewe.

En dan wonder ons hoekom ons lewens uitmekaar uit val.

Na Jesus se opstanding het die dissipels gevlug, hulle het agter geslote deure weggekruip en die ergste verwag. Hulle was styf toe getrek en bang.

En dit is juis daar waar Jesus aan hulle die eerste keer verskyn na die opstanding, agter die geslote deure, binne in hulle spanning en vrees, met die woorde:

“Vrede vir julle” (John 20:21)

Vrede vir julle binne in julle vrees.

Vrede vir julle agter geslote deure waar julle julself wegsluit.

Vrede vir jou waar jy jouself toemaak en probeer beskerm.

Vrede vir jou waar jy bang en seer is.

Vrede vir jou.

Vrede.

 


bottom of page