top of page

Lewensvrae: Waar Is Jy?



Ons lewe werk soos ‘n GPS. Ons bestemming word bepaal deur die koördinate wat ons insit. Die koördinate is in belang van veiligheid, om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, en daarom moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Dit neem tyd, beplanning en die regte koördinate.

Ongelukkig dink ons dat die geestelike reis is ‘n gepredestineerde roete, ‘n vooraf geprogrameerde GPS wat inskop wanneer ons goeie morele gedrag en goeie dogmatiese oortuigings het.

Die geestelike reis werk nie so nie. Die koördinate kry jy slegs deur te klop, te soek, te vra in gebed en gehoorsaamheid wanneer jy hierdie drie vrae vra: Waar is jy? Wie is jy? en Hoe gaan dit met jou? Die vrae is moeilik, vra maar vir enige persoon bo 40, wat stadig aan besef dat baie van die koördiinate het my nie noodwendig op die regte plekke uitgebring nie.

Ons probeer die drie vrae by InVia so te verwoord. Op pad in Heelheid met ander. ‘Op pad’ antwoord die eerste vraag, ‘in Heelheid’ die tweede vraag en ‘met ander’ antwoord die derde vraag.

Ons gaan Sondag begin met die eerste van hierdie drie vrae in Gen 3:1-10, en hoe ek kan uitvind waar ek in my lewe is. Die waar-vraag sien ons duidelik in elke storie in die evangelies: Dit gebeur telkemale op ‘n pad waar mense nuwe koördinate vir hulle lewe kry.


bottom of page