top of page

Wysheid oor: hoe jy kyk, word wat jy sien

  • 2 days ago
  • 8 min read

Ek het hierdie oomblik al dikwels gedeel en ek sal aanhou, omdat dit vir my so eye-opener was. Hugi, my jongste, het ‘n baie spesiale manier om homself uit te druk. Sy liggaam is altyd deel van sy gewaarwordinge. Een aand, voor hy aan die slaap raak, sê hy vir my, “Mamma, ek hou my oë oop vir die see.” Ek het eers voor ék aan die slaap geraak het, besef hy bedoel hy sien uit na die see, want daar was groot opwinding oor die volgende dag se uitstappie see toe. Sy manier was egter meer aktief, meer deel van, met ‘n bewustheid dat hy teenwoordig moet wees vir die ervaring. Want hoe jy kyk, word wat jy sien.


Ons begin Sondag ‘n reeks oor wysheid en ek gaan gesels oor ons oë en begeertes. Hebreërs 11 sê, “Deur die geloof ('n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie), verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.”


Begeertes het ‘n bad wrap gekry in die kerk. Dis meestal gelyk gestel aan “die vieslike vlees” met die gevolg dat, soos mense maar is, ons dit óf onderdruk óf opblaas. As verlange ontken word, versmoor dit ons. As dit opgeblaas word, kan dit ontplof en ons laat inplof. As ons leef met begeertes, of hunkering, as ‘n deel van ons Godsaad – ons geskapenheid, ons menswees – kan dit ons huis toe vat.


Longing, felt fully, carries us to belonging.

Tara Brach


Daar is 'n verhaal van 'n ou seevaarder wat altyd 'n kompas by hom gedra het. Op 'n dag vra iemand hom: “Vertrou jy regtig daardie klein naald?” Hy glimlag en antwoord: “Nee. Ek vertrou nie die naald nie. Ek vertrou die noorde waarna die naald altyd terugkeer.”

Die kompas beweeg gedurig, die skip rol, die wind waai, die golwe slaan,maar die Ware Noord bly. So is die mens se hart. Ons dink dikwels daar is iets fout met ons omdat ons verlang. Ons verlang na rus, na liefde, na vervulling, na betekenis, na huis. Ons probeer hierdie verlange stilmaak met werk, sukses, besittings, verhoudings of selfs godsdiens. Na die goed wat ons kan sien. Ons is soos die Israeliete wat vir Aäron gesmeek het om vir hulle ‘n goue kalf te maak:


ons soek ‘n god wat ons kan sien

iets wat blink om te dien

 

Maar miskien is die soek, die verlange, nie die probleem nie; dis dalk die kompas wat God self in ons binneste geplaas het. 



Die Woord is ook ‘n verslag van verlange. Hoe anders – iemand het een keer gesê spiritualiteit het alles te make met wat jy doen met jou verlangens. 



Longing is the sweet pain of belonging to God.

Llewellyn Vaughan-Lee



Jesus begin sy "sending" (in die Johannes-evangelie) met die vraag, "Wat soek julle?" Van al die vrae wat Hy kon vra, kies Hy om hierdie een te vra. Van al die antwoorde wat die dissipels kon gee, antwoord hulle Sy vraag met die vraag, "Waar bly U?” (Waar gaan U tuis?) Eintlik op die oog af geen logika hieraan verbonde nie. Maar as ons dieper kyk, maak dit soveel si(e)n! Want wat ons soek, is waar God is.


“My hart is rusteloos tot dit rus vind in U”, het Augustinus gebid.


Ons oë bepaal ons begeertes. Ons begeertes bepaal ons rigting. Ons rigting bepaal uiteindelik ons bestemming.  Die wêreld leer ons om ons oë op die sigbare te vestig, maar Hebreërs leer ons om met ander oë te kyk. Of, soos Simone Weil gesê het, om God deur ons oë na die wêreld te laat kyk en te weet dat Hy niks ont-sien het om by ons ‘n woning te maak nie. In Christus word ons verlange omvorm en word die rigting daarvan verander om tuis te kom in Hom.


Die einde van Hebreërs 11 lui so: 


Al hierdie mense het in geloof gesterf sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit van ver af gesien en verwelkom, en bely dat hulle uitlanders en vreemdelinge op die aarde is. Want dié wat sodanige dinge sê, gee te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland … nou hunker hulle na 'n beter een, 'n hemelse een.


C.S. Lewis het dit so gestel: “If I find in myself desires which nothing in this world can satisfy, the most probable explanation is that I was made for another world.”

As ek in myself 'n verlange ontdek wat niks in hierdie wêreld kan bevredig nie, is die waarskynlikste verklaring dat ek vir 'n ander wêreld gemaak is. Dis ‘n opsomming van Hebreërs 11.


“It would seem that Our Lord finds our desires not too strong, but too weak. We are half-hearted creatures, fooling about with drink and sex and ambition when infinite joy is offered us, like an ignorant child who wants to go on making mud pies in a slum because he cannot imagine what is meant by the offer of a holiday at the sea. We are far too easily pleased.”

C.S. Lewis, The Weight of Glory, and Other Addresses


Ek het een keer gelees verslawing is opgebruikte hunkering. Desire, used up. Onderdruk of opgeblaas. Marc Lewis skryf in sy boek The Biology of Desire: Why Addiction is not a disease: “Overcoming addiction is (thus) the reallignment of desire, so that it switches from the goal of immediate relief to the goal of long-term fulfillment.” Volgens Lewis is ons hunkering nie te veel – te heel – nie; dis te min, dis te half. Uitputting of uitbranding beteken dikwels nie jy het bloot rus of vakansie nodig nie. Dis eerder fisiese tekens – jou liggaam wat vir jou sê – dat jy nie heelhartig leef (werk en woon) nie, dat daar iets is wat jou keer om met ‘n heel hart mens te wees. Dat jy halfhartig leef omdat jy jou begeertes onderdruk of opblaas. 


Die Psalms is een groot hunkering. 


O God of my life, I’m lovesick for you in this weary wilderness. I thirst with the deepest longings to love you more, with cravings in my heart that can’t be described. Such yearning grips my soul for you, my God! For your tender mercies mean more to me than life itself. How I love and praise you, God! Daily I will worship you passionately and with all my heart. My arms will wave to you like banners of praise. 

Ps. 63:1-4


Ons weet die Psalmdigter ken van begeertes onderdruk en opblaas en waar dit mens kry. Dit sou seker nie akkuraat wees om te sê hy maak nie ‘n moordkuil van sy hart nie, want oeps. Maar in hierdie gebede vol versugting en heimwee na God, sien ons hoe hy God soek:


“like a man with his head on fire looks for water” 


Want hy weet: tot en met jy nie die ware bron van Liefde gevind het nie, sal niks jou versadig nie en wanneer jy dit kry, sal niks weer onversadigend wees nie. Wanneer die Groot Ding vermis is, sal alles rondom jou wat misluk daarin om die rol van die Groot Ding te speel, jou teleurstel – dit sal nie goed genoeg wees nie, want dis presies so – nie goed genoeg nie. Jou huwelik, jou kinders, jyself, jou werk, jou huis, jou dorp, alles … want jy probeer dit so goed soos die Groot Ding maak. Die wêreld sê, “Bevredig jou hunkering. Maak jou verlange stil. As jy nog net hierdie een ding koop... nog een vakansie hou... nog een verhouding kry... nog een bevordering ontvang... sal jy uiteindelik gelukkig (vry van begeerte) wees. Maar elke begeerte wat vervul word, maak plek vir die volgende. Want jy probeer 'n ewige verlange met tydelike dinge vul.


Maar as jy die Groot Ding vind, of eerder toelaat dat God jou vind, raai wat het jy nodig? Net ‘n goeie, heelhartige ding – ‘n goeie huwelik, ‘n goeie huis, ‘n goeie skool – jy’t nie meer die Beste Grootste nodig nie, want dis sorted. Skielik is alles anders okay, want jy kan die Groot Ding nie verloor nie, dis ín jou, jy kan nie daarvan geskei word nie, jy kan rus daarin. Nou is die wêreld interessant, nou is dit soort van lekker om hier te wees, nou is ek goeie-nuus-kierig. Nou is ek vry. Nie vry van begeerte nie; vry in Christus. Nou is ek daai mens wat uiteindelik Filippense 4 leef:

Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.


David Whyte skryf, “Ambition is desire frozen …” 


Ook: “Freedom is desire, but felt in reverse …”


Ons hunkering – ons heimwee – is  die geheim wat ons nie kan wegsteek óf verklap nie, al wil ons so graag albei doen. Dis die gebreekte Halleluja, die kraak in alles, die lig wat skyn deur nederlae, onvolmaaktheid en gebrokenheid.


Thomas Keating skets die volgende analogie:


Aan die begin van die geloofsreis is die bouwerk van die ego soos 'n gebrandskilderde venster waarvan die krake aan die lig kom, as geloof (die ervaring van God) daardeur filtreer. In die volgende stadium, is die ego meer soos deursigtige glas: die lig skyn helder daardeur, maar daar is steeds 'n filter, iets tussen jou en die lig. Jy kan egter versuim om dit raak te sien, vanweë die feit dat die filter kleurloos en vormloos is. Dan volg die derde stadium waarin die glas heeltemal gebreek word en die suiwer, regstreekse, ongefiltreerde lig van Geestelike bewustheid jou wese kan vul. 


Sheila Cussons begin haar klassieke gedig Christ of the burnt men (geskoei op woorde van Thomas Merton) met die woorde, 


Jy sal ook al hoe meer wen, glimlaggende

skerts-oog, blink-oog Christus


wat dui op Jesus se onblusbare menswees en gees. Die woord blink-oog kan egter dui op meer as waaksaam en wakker (soos in “bright-eyed and bushy-tailed”) of lewendig en vol verwagting; dit kan ook wees met ‘n traan in die oog … of beter nog: beide. Later in die aangrypende gedig wat alles te make het met verlange en vuur en verandering skryf sy: 


En ek begryp, jy het my geteken vir die avontuur

van jóú, ek wat vuur bemin en altyd waaghalsig was


… die avontuur van jóú – die opwinding, die onsekerheid, die “gevare”, die bruising van bloed deur die are wat ‘n avontuur inhou. 


Longing is the transfiguration of aloneness … 

Longing is divine discontent; the unendurable present, finding a physical doorway to awe and discovery that frightens and emboldens, humiliates and beckons, makes us into pilgrim souls and sets us on a road that starts in the centre of the body and then leads out, like an uncaring invitation, like a comet’s tail, felt like both an unrelenting ache and a tidal pull at one and the same time, making us willing to give up our perfect house, our paid-for home and our accumulated belongings.

David Whyte


Aan die einde van Hebreërs 11 sê die skrywer nie "kry net meer geloof” nie; hy sê eintlik: Hou aan kyk. Hou aan verlang. Hou aan hunker. Hou jou oë oop vir al die mooi goed, al die seer goed, die avontuur van Christus hier op aarde terwyl jy sug, “Vaderland …” 


Second sight


Sometimes, you need the ocean light, 

and colors you’ve never seen before

painted through an evening sky.


Sometimes you need your God 

to be a simple invitation

not a telling word of wisdom.


Sometimes you need only the first shyness 

that comes from being shown things

far beyond your understanding,


so that you can fly and become free

by being still and by being still here.


And then there are times you want to be 

brought to ground by touch 

and touch alone.


To know those arms around you

and to make your home in the world 

just by being wanted.


To see eyes looking back at you,

as eyes should see you at last,


seeing you, as you always wanted to be seen,

seeing you, as you yourself 

had always wanted to see the world.


David Whyte



- Frieda van den Heever

bottom of page