top of page

Hoe vergewe ek?

  • 27 minutes ago
  • 10 min read

“When a mother somewhere forgives herself for being human, the earth exhales a little.” 

Vicki Rivard


Dit geld nie net vir ma’s nie, alhoewel mom guilt baie lugtyd kry. Dit spreek tot die swaar gewig van skuldgevoel en die kollektiewe verligting wat uitkring wanneer ons onsself vryspreek van die druk van perfeksie, wat eintlik ‘n soort Godkompleks is.


Ek dink dit geld vir almal en vir alle vorms van vergifnis. Die aarde asem vir ‘n oomblik uit – diep, behaaglik, met oorgawe. Dalk nie heeltemal toevallig dat Vicki Rivard vergifnis aan asemhaling verbind nie. Sowat ‘n derde van Jesus se lering is gefokus op vergifnis. Hy gaan ook so ver (of eerder so naby) as om dit gelyk te stel aan asemhaling: jy gaan dit moet doen van geboorte tot sterfdag:


"Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader my gestuur het, stuur Ek julle ook. En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou."


Joh. 20:21-23


Hoekom praat ons dan so min oor vergifnis? In ‘n wêreld wat outonomie bo kwaliteit van verhoudings stel, is dit nie eintlik nodig nie, of hoe? Trouens, iemand wat kies om te vergewe word somtyds beskou as ‘n papperd, ‘n bietjie van ‘n loser. Ons leef in ‘n era wat deur George Monbiot beskryf word as “die era van eensaamheid”. Hy skets die volgende prentjie:


“Yes, factories have closed, people travel by car instead of buses, use YouTube rather than cinema. But these shifts alone fail to explain the speed of our social collapse. These structural changes have been accompanied by a life-denying ideology, which enforces and celebrates our social isolation. The war of every man against every man – competition and individualism in other words – is the religion of our time, justified by a mythology of lone rangers, sole traders, self-starters, self-made men and women, going it alone.”


Ons hoor oral, “Skryf hom af”, “Blok en bless”, “Sny die mense uit jou lewe uit wat jou energie tap”. Ek is seker elkeen van hierdie stukkies advies kom van ‘n goeie plek af en het by tye waarde, maar die dieper boodskap wat daardeur uitgestuur word, kan ook so gehoor word: jy is nie afhanklik van enigiemand nie, jy kan mense links en regs afskryf, ‘n winkelsentrum of twee vermy en nooit weer in hulle hoef vas te loop of selfs oor hulle te dink nie, die lewe is te kort vir “moeilike” verhoudings. Beweeg aan. Hang natuurlik dan af hoe ons “moeilik” definieer. Toksies en gevaarlik is een ding, maar as “moeilik” ook beteken die harde werk wat verhoudings verg, gesonde konflik, die goue reël van herstel, of repair, dan beroof ons onsself van verbondenheid en groei as mense. Wanneer ons nie in staat is om ons eie swakhede, tekortkominge en blinde kolle in die gesig te staar nie, sal ons probeer ontsnap van elke vorm van kwesbaarheid en uiteindelik van ons eie menslikheid. En die vermyding van kwesbaarheid sal ons diep eensaam laat, selfs al is ons omring deur ‘n hele netwerk van verhoudings. In “die ou dae” wat dit nie makliker om te vergewe nie, maar dit was verseker meer op die voorgrond want mense het nie die luukse gehad om mekaar eenvoudig af te skryf of te vermy nie – in stamme, op plase, in families – jy moes maar die mense in die gesig staar wat jy leed aangedoen het, of wie jou leed aangedoen het, want jou voortbestaan het daarvan afgehang, mense het geweet hoe afhanklik hulle van mekaar is om aan die lewe te bly.  Vandag is dit anders, maar ek glo steeds ons flous onsself as ons dink ons kan op ons eie en hoef daarom nie die geskiedenis deel te maak van die toekoms nie, want dis so … laas jaar. 


As ‘n ma en ‘n mens is ek geweldig bemoedig deur die sosiale eksperimente wat uitgevoer is om verbondenheid tussen kinders en hulle ouers te “toets”. Om ‘n lang storie kort te maak: daar is bewys dat die oomblikke van herstel tussen ‘n ouer en ‘n kind – die jammersê, die teruggaan kamer toe om verantwoordelikheid te neem vir wat uit jou mond gekom het, die omdraai en jou eie skadu lig toe sleep – as’t ware die gom van die verhouding word. As jy ‘n “perfekte” mens is en nooit iets doen waarvoor jy berou hoef te toon en repair nodig het nie, is jou kanse om in verbondenheid te leef met jou naaste dus baie skraler as die persoon wat meer gereeld aanjaag en terugdraai om berou te toon. En berou toon is veel meer as “sorrie” of “sê jammer vir mekaar” met ‘n lang gesig. “Sorry” het die baie kort, afgewaterde woord geword vir “I have SORROW.”


Brené Brown skryf:


I was at church listening to Joe talk about forgiveness. He was sharing his experience of counseling a couple who were on the brink of divorce after the woman discovered that her husband was having an affair. They were both devastated by the potential end of their marriage, but she couldn’t forgive him for betraying her, and he couldn’t seem to forgive himself, either. Joe looked up and said, “In order for forgiveness to happen, something has to die. If you make a choice to forgive, you have to face the pain. You simply have to hurt.”


I instantly buried my head in my hands. It was if someone had finally put the right sequence of numbers into a giant combination lock that I had been carrying around for years. The tumblers started turning and falling into place. Everything was clicking. That was the piece that was missing. Forgiveness is so difficult because it involves death and grief. I had been looking for patterns in people extending generosity and love, but not in people feeling grief. At that moment it struck me: Given the dark fears we feel when we experience loss, nothing is more generous and loving than the willingness to embrace grief in order to forgive. To be forgiven is to be loved.


The death or ending that forgiveness necessitates comes in many shapes and forms. We may need to bury our expectations or dreams. We may need to relinquish the power that comes with “being right” or put to rest the idea that we can do what’s in our hearts and still retain the support or approval of others. Joe explained, “Whatever it is, it all has to go. It isn’t good enough to box it up and set it aside. It has to die. It has to be grieved. That is a high price indeed. Sometimes it’s just too much.”


Laat my dink aan een van my gunsteling verse: “Sy wat baie vergewe is, kan baie liefhê.” (Luk. 7:47) Hoe meer ek vergewe en veral vergewe word, hoe dieper is my kapasiteit om lief te hê. En dis waar ek Sondag ook vir ‘n oomblik wil afswenk van die gewone vergifnisboodskap wat dikwels net ‘n swaarder las op mense plaas, veral as hulle sukkel om iemand te vergewe omdat vergewe en vergeet meestal in een sin gesê word. In die kerk veral is die onus meestal op die “slagoffer”, op die persoon wat aan die ontvangkant van die pyn staan. “Wonder gaan sy hom vergewe vir sy ontrouheid, hy’s dan nou elke Sondag in die kerk, hoop sy vind dit in haarself om genade vir hom te voel, soos Jesus vir ons.” Die paar keer wat daar wel oor vergifnis gepraat word, vat dinge gewoonlik ‘n draai na hierdie kant toe. “Hoe vergewe ek?” Daar word egter nie baie gepraat oor hoe word ek vergewe of hoe lyk die proses van terugdraai of herstel (teshuvah) soos in die Joodse kultuur voorgeskryf word en veral toegeskryf word aan Maimonides nie.


Die uitgangspunt hier is:

Vergifnis behoort aan die "seergemaakte". Herstel (terugkeer) of berou aan die "seermaker" – dit kan onafhanklik staan van "vergifnis".

Die proses van terugkeer (teshuvah) wat Maimonides in die Joodse kultuur voorgeskryf het:

1. Belydenis / Erkenning – own your stuff! Kyk die waarheid oor wat gebeur het vierkantig in die oë, nie net deur jou eie lens nie, maar veral deur jouself in die persoon wat jy seergemaak of kwaad aangedoen het, se skoene te plaas.

2. Verandering (en hierdie mag lank vat) – ek kies om nie meer dieselfde mens te wees wat so 'n daad sou doen nie; nie deur blote wilskrag nie, maar deur die onbeskryflike genade van die Gees.

3. Herstel – wat kan ek prakties doen om die skade wat ek aangebring het, te probeer regmaak? Nie ongedaan maak nie, maar om verantwoordelikheid te dra selfs al kan ek nie die skade herstel nie.

4. Berou (meer as skuldgevoel) – nie "ek voel sleg nie" maar: "ek verstaan die gewig wat my optrede dra en dat ek verantwoordelikheid moet neem daarvoor. I have sorrow. Hierdie stap is eintlik kontra-intuïtief en definitief nie hoe die meerderheid van ons ons kinders leer nie. Jy kan eers 'n werklike apologie rig/offer na die transformasiewerk in jou begin het. Dis ook nie: "Ek is jammer, ek het uit karakter opgetree" nie. As 'n koppie gestamp word en daar mors koffie op die vloer, val daar nie koffie uit omdat daar tee in was nie. Jy kan net "mors" of "per ongeluk laat val" wat ook in jou is. Jy moet dit sien en weet ook dít is deel van jou "make-up" / jou mondering. Dis nie jou ware self, jou Godsaad, jou wese of jou diepste essensie nie, maar jy ont-masker juis die vals self deur dit in die gesig te staar.


Hierdie proses ontken nie die waarde van vergifnis vir die “slagoffer” nie … want hoe het een van ons voorlopers, Nelson Mandela, ons geleer:


"As I walked out the door toward the gate that would lead to my freedom, I knew if I didn’t leave my bitterness and hatred behind, I’d still be in prison.”

“Forgiveness liberates the soul, it removes fear. 

That’s why it’s such a powerful weapon.”

“Resentment is like drinking poison and then hoping it will kill your enemies.”


En Aartsbiskop Desmond Tutu (want soos een van Antjie Krog se bekende toesprake lui: “African Forgiveness – too sophisticated for the West”):


“To forgive is not just to be altruistic. It is the best form if self-interest. It is also a process that does not exclude hatred and anger. These emotions are all part of being human. You should never hate yourself for hating others who do terrible things: The depth of your love is shown by the extent of your anger.


However, when I talk of forgiveness, I mean the belief that you can come out the other side a better person. A better person than one being consumed by anger and hatred. Remaining in that state locks you in a state of victimhood, making you almost dependent on the perpetrator. If you can find it in yourself to forgive, then you are no longer chained to the perpetrator. You can move on, and you can even help the perpetrator to become a better person, too.”


Die proses van Maimonides slaan net ag daarop dat ons in verbondenheid leef en dat daar ook ‘n stuk vryheid en verligting opgesluit lê vir die “oortreder”. En jy kan tegelyk albei wees in verskillende situasies! Dis hoekom dit werk is wat nooit kan of mag ophou nie – dis soos asemhaling. Dit verg die diepste nederigheid en eerlikheid. En asemhaal, al vat ons dit so vanselfsprekend, is net so ‘n wonderwerk soos vergifnis:


“As appealing as forgiveness is in theory, it is an extremely unattractive personal action for most people, mainly because the true nature of forgiveness remains misunderstood. Forgiveness is not the same as telling the person who harmed you, “It’s okay,” which is more or less the way people view it. Rather, forgiveness is a complex act of consciousness, one that liberates the psyche and soul from the need for personal vengeance and the perception of oneself as a victim. More than releasing from blame the people who caused our wounds, forgiveness means releasing the control that the perception of victimhood has over our psyches. The liberation that forgiveness generates comes in the transition to a higher state of consciousness – not just in theory, but energetically and biologically. In fact, the consequence of a genuine act of forgiveness borders on the miraculous. It may, in my view, contain the energy that generates miracles themselves.”


Caroline Myss



Verbeel jou vir ‘n oomblik jy lê op jou sterfbed. Sien jouself – veertig of vyf jaar van nou af, miskien môre. Nie om jou morbied te maak nie, maar deur mens se (onvermydelike) dood in die gesig te staar, kan jy ook jou lewe werklik oopoë sien, in oënskou neem, bestek opneem, aandag skenk, waardeer. Waaroor het jy diep berou? Wat sou jy anders wou doen, sou jy die kans kry? By wie sou jy wou gaan aanklop? Oor wie ervaar jy ‘n hartseer in jou binnegoed?


David Whyte skryf ons het almal aan die einde van ons lewe ‘n diep hunkering om vergewe te word. En om vry te wees (te vergewe). Mag hierdie harde werk vir ons soos asemhaling word en mag ons aanhou bid vir die genade van so ‘n wonderwerk, anderkant ons vermoë of verstand.


NS: Ek sluit sommer hierdie hele stukkie werk in …



Forgiveness 


Forgiveness is a heartache and difficult to achieve because strangely, the act of forgiveness not only refuses to eliminate the original wound, but actually draws us closer to its source. To approach forgiveness is to close in on the nature of the hurt itself, the only remedy being, as we approach its raw center, to reimagine our relation to it. 


It may be that the part of us that was struck and hurt can never forgive, and that forgiveness itself never arises from the part of us that was actually wounded. The wounded self may be the part of us incapable of forgetting, and perhaps, not meant to forget…


Stranger still, it is that wounded, branded, un-forgetting part of us that eventually makes forgiveness an act of compassion rather than one of simple forgetting… 


Forgiveness is a skill, a way of preserving clarity, sanity and generosity in an individual life, a beautiful question and a way of shaping the mind to a future we want for ourselves; an admittance that if forgiveness comes through understanding, and if understanding is just a matter of time and application then we might as well begin forgiving right at the beginning of any drama, rather than put ourselves through the full cycle of festering, incapacitation, reluctant healing and eventual blessing.


To forgive is to put oneself in a larger gravitational field of experience than the one that first seemed to hurt us. We reimagine ourselves in the light of our maturity and we reimagine the past in the light of our new identity, we allow ourselves to be gifted by a story larger than the story that first hurt us and left us bereft.


The great mercy is that the sincere act of trying to forgive, even if it is not entirely successful, is a form of blessing and forgiveness itself.


At the end of life, the wish to be forgiven is ultimately the chief desire of almost every human being. In refusing to wait; in extending forgiveness to others now, we begin the long journey of becoming the person who will be large enough, able enough and generous enough to receive, at our very end, that necessary absolution ourselves.


David Whyte



- Frieda van den Heever

bottom of page