top of page

Word wie jy is: met ANDER



“You think because you understand 'one' you must also understand 'two', because one and one make two. But you must also understand 'and'.”

Rumi


Ek gebruik gewoonlik hierdie evangelie van Rumi, versteek in 'n aanhaling, tydens huwelikseremonies, maar dit geld nie net vir romantiese verhoudings nie. Mens sou dink dat 'and' makliker kom vir couples omdat hulle darem nog kan liefde "máák" as daar nie meer liefde is nie of as dit verlore voel .... nie.waar.nie.


EN is die grootste uitnodiging en uitdaging van die lewe. Ons is hier om wakker te word uit die slaap (illusie) van ons apart-heid. Dis ook Jesus se groot uitnodiging opgesluit in die opdrag: "Volg My". Kontemplasie én aksie (gebed én gemeenskap) - die een kan nie sonder die ander nie. GEBED is om te SIEN en GEMEENSKAP is om SIGBAAR te maak.


Om dinge en mense te sien vir wie of wat hulle werklik is, om die ware verbintenisse - die konneksies - te sien; om te weet, soos Thomas Merton gesê het, "wat die scoop is". Die kontemplatiewe lewe is 'n lewe waarin ons heeltyd beweeg van dofheid na deursigtigheid, van die plek waar goed donker, ondeurdringbaar, toe en muf is na die plek waar dieselfde dinge deursigtig en oop is en 'n visie ver anderkant sigself bied. Om ons vuil wasgoed lug te gee voor God en ander, soos ons gereeld by InVia bely.

Die "Ander" is nie daar om ons van ons alleenheid te red nie, maar om as teken van God se liefde vir die mens (die mensdom as geheel en vir elke spesifieke persoon) te dien. Dit geld vir enige verhouding waarin jy staan, of sit of lê.

"'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle mekaar ook liefhê. HIERAAN sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het." (Joh. 13)

Die storie waarmee ons die afgelope paar weke gereis het, is nie: Jakob bly alleen agter, worstel met God, God seën hom, hy kry 'n nuwe naam, The End nie. Jakob moet steeds terug na Esau toe. Hy moet homself saamvat. Hy kan nie homself word slegs met God en homself nie, hy moet dit wees (lees: in wording kom) met die "Ander". En in sy geval was dit nog altyd sy broer. Die herontmoeting tussen die broers is brutal en beautiful, soos ware ontmoetings tussen mense altyd is.

"God is love. Jesus is loved. The Spirit is loving." (ek dink dis Leonard Sweet wat dit gesê het)

Liefde. Geliefd. Besig om lief te hê.



St John of the Cross het hierdie woorde geskryf en vir my som dit die reis so mooi op:


When you regarded me

Your eyes imprinted your grace in me,

In this, you loved me again,

and thus my eyes learnt

to also love what you see in me. . . .

Let us go forth together to see ourselves in your beauty.


- Deur Frieda van den Heever

bottom of page