Die seën wat val
- 1 hour ago
- 7 min read

“Despite all the darkness, human hope is based on the instinct that at the deepest level of reality some intimate kindness holds sway. This is the heart of blessing…The world can be harsh and negative, but if we remain generous and patient, kindness inevitably reveals itself.”
John O’Donohue
‘n Diep onderliggende, allesdeurdringende goedheid … alhoewel die woord “kindness” – die betekenis en blote klank daarvan – nie vir my sy gelyke het in vertalings nie.
Die woord “blessing” soos nageboots in die klank van die ou Engelse woord blêdsian beteken “om te heilig met bloed”. Die woord klink byna abstrak – ‘n ding van die lug – maar in sy oorspronklike betekenis was dit onlosmaaklik verbonde aan die lewenskrag. O'Donohue sien dit ook as ‘n sirkel van lig wat jy in jou ontmoeting met of in jou gebede vir iemand rondom hulle kan trek. So plaas jy hulle onder die beskerming en guns van God. Dit is veel meer as net 'n gewone groet of omhelsing, “…it opens a different door in human encounter. One enters into the forecourt of the soul, the source of intimacy and the compass of destiny.”
Om die treffende metafoor van Ocean Vuong hier in te span: dis om die skoene van jou voete uit te trek en op die heilige grond van iemand se lewe te staan. Om jou stem – jou wese – “kaalvoet” te maak omdat jy ‘n diep besef het dat jy met God te make het.
Ons hunkering na die ewige ontvlam ons verbeelding om te seën. Ongeag van hoe ons die ewigheid beskou, hou die mens se hart aan om te droom van ‘n staat van heelheid, ‘n plek waar alles bymekaar kom, waar verlies goed gemaak word, waar blindheid visie word, waar skade weer heel word, waar die arbeid van ‘n lewenspad ‘n tuiskoms sal beleef. Dit wat die Jode “Shalom” genoem het, en ons by InVia, nou: Heilsaam.
Om ‘n seën uit te spreek is om van daardie heilsaamheid uit te giet oor iemand. Jou siel het seën nodig. En nodig om te seën. Dis nie net ‘n Bybelse ding nie, dis ‘n mensding. Dis nie net ‘n geestelike daad nie, dit sluit die liggaam en hart en verstand in. ‘n Groot deel van die “Christen-Kultuur” stel seëninge – #blessed – gelyk aan voorspoed, gesondheid en oorvloed. Terwyl dit sekerlik ‘n versoeking is om sulke geskenke te verbind aan die guns van God, hou dit ‘n verraderlike gevolgtrekking in: dat dié vir wie die voorspoed nie verveel nie (soos ons mense dikwels op hulle verjaardae “seën”), dié wat siek is en gery word deur die ongeluk of gebrek aan oorvloed – dat diegene nie die seën van God ontvang het nie. Seëninge draai dikwels hierdie wanopvatting op sy kop, soos Jesus in die bergpredikasie. In plaas daarvan om ‘n barometer of maatstaf van God se guns te wees, ontmoet ‘n ware seën ons meestal in die plek van ons grootste nood, desperaatheid, pyn of tekortkoming. ‘n Seën soek ons dikwels op waar dit moeilik geword het om die voorsiening van God raak te sien – die tye wanneer God se welwillendheid nie altyd so wel voel nie. Waar die goed waarvan pyn en verlies gemaak is, juis die inhoud word van hoop.
Seën lyk dikwels soos ‘n paradoks. Dit spruit uit en is diep gewortel in die rou materiaal van ons lewe – die werklikheid en die oomblikke wat dit beslaan – maar, of eerder, én: dan sê dit ook: daar’s meer. Dit belig die verband tussen die heilige en die gewone, prent dit by ons in dat elke oomblik, elke plek, elke mens lê binne die sirkel van God se om en ommer en omste gee. Seëninge is dikwels poëties, polsend met ritme en vol woorde wat ons aandag gevange neem en wakker maak vir die heilige wat in ons midde aan’t werk is. Tog is daar geen magic aan ‘n seën nie. ‘n Seën wil ons nie fix nie. Dit sal nie, op sigself, die oplossing bied vir ons pyn of moeilikheid of die skade ongedaan maak wat ons gemaak het of ontvang het nie. Dis ‘n kanaal van genade wat die kapasiteit het om jou oë oop te maak sodat jy die uitgestrekte arms kan raaksien en herken van die Een wat jou in liefde geskep het en Wie se diepste hunkering dit is om jou heel te laat wees. ‘n Seën tap in jou begeerte na wat anderkant jou ervaring en begrip lê en jou tog laat sien hoe misterie kom huis opsit binne-in die bekende kontoere van jou lewe.
Dit is die hart van seën. Om te glo in seën is om te glo dat ons hierwees, ons teenwoordigheid in die wêreld, die eerste geskenk is, die oerseën. Rilke het gesê, “Hier zu sein ist so viel.” Net om hier te wees is so geweldig.
Seën is síén. Dis nie net gerig daarop om jou tot hulp te snel en na jou óm te sien nie, maar om jou te síén. God het die aarde gesien en geseën toe Hy dit geskep het: “… en God het gesien dit is goed.” God het Jesus geseën aan die begin van sy bediening met die woorde, “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.” ‘n Seën sê, “I delight in you. You give my joy.” Om jou te verlekker in iemand se teenwoordigheid, behae te skep in iemand, verruk te word, vermaak te word, verbly te word.
Om te seën moet dus ook en veral buite die mure van kerke gebeur – in die huis, in die slaapkamer, in die klaskamer, by die werk, en veral: nie net vir iemand wat lyk asof hulle lus het om dit te ontvang nie. Neem die meeste tieners as ‘n voorbeeld (al veralgemeen ek nou hier met die lewensfases) of die knorpot saam met wie jy ‘n huis deel (nog ‘n aanname). Hoe minder dit lyk asof iemand geseën wil word, hoe meer het sy siel seën nodig:
When the young people in our lives give us the impression that they neither want nor need our blessing is precisely the time when, ironically, they probably need it the most. Their very aloofness is partly a symptom of the lack of blessing in their lives and a plea for that blessing.
We need to give that blessing. When we bless the young, especially when it seems that they do not want our blessing, we help lift a congenital constriction off of their hearts, like a mother cow that has just given birth to a calf turning around and licking the glue-like constricting afterbirth off of her young.
Ronald Rolheiser
“Ek is maar net hier” is ‘n mite. Jy is nooit maar net hier nie. Jy kan deur jou blote teen-woordigheid vir iemand sê, “Ek skep behae in jou, jou blote bestaan, dat jy hier is, is vir my ‘n bron van vreugde.” of “Jy’s nikswerd, jy irriteer my, jou bedrading clash met myne, die klank wat jou siel maak raas.” Jy beliggaam seën of vloek.
En met jou woorde:
Follow, poet, follow right
To the bottom of the night,
With your unconstraining voice
Still persuade us to rejoice;
With the farming of a verse
Make a vineyard of the curse,
Sing of human unsuccess
In a rapture of distress;
In the deserts of the heart
Let the healing fountain start,
In the prison of his days
Teach the free man how to praise.
W.H. Auden
Jy hoef nie ‘n digter of ‘n seënskrywer soos John O’ Donohue of Jan Richardson te wees om te kan seën nie. Die einste O’ Donohue skryf, “Perhaps we bless one another all the time, without even realizing it. When we show kindness to another, we are setting blessing in train. There is a way in which an act of kindness becomes an independent luminous thing, a kind of jewel box of light that might conceal itself for days and years, until one day when you are in desperate straits, you notice something on the floor at your feet, you reach for it, and you discover exactly the courage and vision for which you desperately hunger.”
As ons die taal van die siel, waarvan seën so ‘n integrale deel vorm, kan leer praat (met stilte, gebare en woorde), kan selfs ons afwesigheid – vir ‘n kort reis, of die langer soort wanneer ons nie meer ‘n liggaam hier op aarde het nie – vir mense tot seën of vloek wees.
Mag “kindness” die laaste woord hê.
Kindness
Before you know what kindness really is
you must lose things,
feel the future dissolve in a moment
like salt in a weakened broth.
What you held in your hand,
what you counted and carefully saved,
all this must go so you know
how desolate the landscape can be
between the regions of kindness.
How you ride and ride
thinking the bus will never stop,
the passengers eating maize and chicken
will stare out the window forever.
Before you learn the tender gravity of kindness,
you must travel where the Indian in a white poncho
lies dead by the side of the road.
You must see how this could be you,
how he too was someone
who journeyed through the night with plans
and the simple breath that kept him alive.
Before you know kindness as the deepest thing inside,
you must know sorrow as the other deepest thing.
You must wake up with sorrow.
You must speak to it till your voice
catches the thread of all sorrows
and you see the size of the cloth.
Then it is only kindness that makes sense anymore,
only kindness that ties your shoes
and sends you out into the day to mail letters and purchase bread,
only kindness that raises its head
from the crowd of the world to say
it is I you have been looking for,
and then goes with you everywhere
like a shadow or a friend.
Naomi Shihab Nye
-- Frieda van den Heever




