top of page

Wegkruip van die liefde: Op ‘n “veilige” afstand

  • 23 minutes ago
  • 7 min read

… There is freedom within, there is freedom without

Try to catch the deluge in a paper cup ...


Crowded House – Don’t dream it’s over


Hierdie song beskryf iets eg menslik oor ons behoefte na vryheid – veral binne liefde. As dinge moeilik (of: te menslik) raak, is ons instinktiewe reaksie gewoonlik om te wil wegkom – hardloop, wegkruip, onttrek, afstand skep … ons stel afstand gelyk aan vryheid. Die Bybel – en as nou doodeerlik moet wees: die lewe – vertel egter ‘n ander storie. Die oomblik toe die mens afstand kies, verloor hy sy vryheid. Onderwerp hy homself aan ballingskap. Ons samelewing versterk die idee van afstand as vryheid: “Moenie afhanklik wees nie. Staan op jou eie twee voete. Moenie mense vertrou nie. Hou jou opsies oop.” So gaan jy dalk nie seerkry nie, net meer geïsoleerd leef en lekker oppervlakkige verhoudings waar die nodige emosionele afstand behou word, hê. Jesus se lewe en alles wat Hy geleer het dui op die teenoorgestelde: Ware vryheid is nie onafhanklikheid nie, dis die regte verbintenis. Vryheid word nie in afstand gevind nie, maar in verbondenheid.


Die eerste twee jaar na my man se dood, was ek soos ‘n ingehokte dier. Ek kon nie huishou met myself nie, wat nog te sê met my omstandighede. Ek was kwaad vir iemand waarop ek nie langer my woede kon uithaal nie. “Hoe kon jy? Hoe kon jy my los? Hoe kon jy my vryheid van my af wegneem?” Want ek het nog altyd ‘n baie groot premie geplaas op (my) vryheid. Ek was nie eensaam nie, ek was ingeperk. Ek kon altyd maak soos ek smaak en nou kon ek nêrens heen vlug nie. Naelstring om my nek. Ek het besef ek het nooit eintlik “ma geword” met my kinders se geboorte nie. Dis eers nou wat ek moes ma(n) up. Ek was soms ‘n minuut weg van my seuns by die huis los, die deur sluit en gaan swem in die see vir twee ure of gaan dans in ‘n club. Dit was net die manier hoe ek grootgemaak is wat my gekeer het en miskien skuldgevoel; nie toewyding nie. Ek wou hol. Ver weg.


Hoe dit gebeur het, weet ek nie presies nie. Dit was nie ‘n weerligstraaloomblik nie, eerder ‘n stadige, dog diep bewuswording en besef van my verwronge verstaan van vryheid. Ek het gedink vryheid is iewers anders as “hier”. Vryheid roep na my iewers buite die mure van my huis. Vryheid is afstand. En toe, deur die genade, het ek eens op ‘n dag geweet – diep in my, sonder twyfel, in my selle – dat vryheid nie vryheid is as ek dit nie binne-in my kan vind nie. Dat ware vryheid net in verbondenheid bestaan. Anders roep mens dit eenvoudig “selfsug”. Anders is dit ‘n vals idee van vryheid. Anders is dit ontsnapping. Anders was Christus se belofte net vir hulle wat kan vinnig kan hardloop, hulle wat sterk en onafhanklik is, hulle wat geen verantwoordelikheid het nie, hulle wat genoeg geld het om te maak nes hulle wil. Definitief nie vir mense wat vasgekluister is aan rolstoele, of wat nie meer hulleself kan versorg nie, nie vir enkelma’s van Malawi wat in ons huise werk en vir jare nie huis toe gaan nie om hulle kinders se welstand en opvoeding te verseker nie.


“As die Seun julle vrymaak, sal julle waarlik vry wees.”

Joh. 8:36


En so het die ingehoktheid, die drang na vryheid buite my omstandighede, plek gemaak vir vrede, vir dankbaarheid, vir nuwe planne en praktiese idees oor hoe om werklik vry te wees – binne-in my verbondenheid. Hoe om ‘n lewe te leef waarvan ek nie wil ontsnap of weghol nie. Hoe om my huis nie as ‘n tronk te sien nie, maar ‘n hawe, ‘n gawe. Hoe om verantwoordelikheid te neem vir my keuses én om ja te sê ‘n dit wat ek nie gekies het nie, maar oor en oor weer sou kies, al het ek geweet wat die lewe vir my inhou. Ek het besluit om saam met my seuns te dans – in my sitkamer, as ek dan nie kan gaan party nie, moet die party maar na ons toe kom (ek mag miskien ‘n klanksisteem aangeskaf het wat enige vooruitsig van aftrede geruïneer het), om meer gereeld saam met hulle te swem … kyk, ek pak steeds ‘n swembroek en handdoek in as hulle sportwedstryde naby die see het (net vir ingeval), ek gryp enige kans om te dans as ek ‘n aand weg van die huis is vir werk, maar ek gaan soek nie meer my vryheid daar nie, dis nou ‘n uitvloei van my verbondenheid aan hulle. ‘n Viering van die vryheid in liefde wat nie aan afstand of weghol gekoppel is nie. ‘n Diep binneglimlag as ek iewers ‘n YAMAHA-klavier speel en die YA en die HA raak dof en al wat oorbly is MA. Onvolmaak, maar heel.


Ek (en jy) is op ons vryste wanneer ons nie hoef voor te gee nie. Wanneer ons nie hoef weg te kruip nie. Wanneer ons nie hoef sterker te lyk as wat ek is nie. Wanneer ek kan sê: “Hier is ek. Bang. Seer. Moeg. Maar hier.” Nie een voet hier en die ander by die deur uit nie. 


"And I ask Him that with both feet planted firmly on love, you'll be able to take in the extravagant dimensions of Christ's love. Reach out and experience the breadth! Test its length! Plumb the depths! Rise to the heights! Live full lives, full in the fullness of God."

Eph. 3:17-19 MSG


Nie klein, ingeperk, versmoord, vol verbittering nie. Maar ook nie sonder beperkings of verantwoordelikheid of toewyding of hartseer nie. Vol, vry, ferm, gewond, met albei voete.


So gepraat van voete – tog snaaks hoe ons voete ons dikwels weggee. Hoe voete – ons s’n en ander mense s’n – ons ongemaklik maak. Toe die vrou die olie oor Jesus se hare uitgegiet het en sy voete begin soen het, kon die dissipels nie hulle ongemak langer verberg nie. Voete is heeltemal te intiem – dis die deel van ons liggame wat ons die meeste verberg en wat die vuilste en stinkste kan wees! Voete verbind ons aan die aarde, aan ons aardsheid. Toe Jesus Petrus se voete wou was, was sy flabber heel gasted. Net nie dit nie! Ons hunker na intimiteit, maar sal eerder ons voete gebruik om weg te hardloop as om iemand dit te laat was.


Practice the wound of love.

Ken Wilber


Paulus is redelik reguit as Hy sê jy moet Liefde najaag asof jou lewe daarvan afhang. En dan vervang hy die “asof” met ‘n “omdat”. Jy moet Liefde najaag omdat jou lewe daarvan afhang. 


Tog waarsku hy wat Paulus is ons baie direk dat hierdie najaag nie verwar moet word met ons gewone mensgemaakte doelwitte of lere klim (soos die korporatiewes) of geliefdes op lughawens najaag in taxi’s wat vassit in die verkeer nie. (Niks verkeerd daarmee nie, dis die goed wat lekker movies maak.) Dis ook nie ‘n jaag van een liefde na ‘n ander tot ek die perfekte liefde vind nie. Dis vrees en die ego sit agter die stuur van daai kar. Hy jaag aan, jaag weg, jaag “verandering” (soos in: a change of scenery) na omdat om self te verander soos doodgaan lyk.


C.S. Lewis het hierdie weerlose, eerlike gedig geskryf:


As the Ruin Falls

 

"All this is flashy rhetoric about loving you.

I never had a selfless thought since I was born.

I am mercenary and self-seeking through and through:

I want God, you, all friends, merely to serve my turn.


Peace, re-assurance, pleasure, are the goals I seek,

I cannot crawl one inch outside my proper skin:

I talk of love – a scholar's parrot may talk Greek –

But, self-imprisoned, always end where I begin.


Only that now you have taught me (but how late) my lack.

I see the chasm. And everything you are was making

My heart into a bridge by which I might get back

From exile, and grow man. And now the bridge is breaking.


For this I bless you as the ruin falls. 

The pains You give me are more precious than all other gains."


David Whyte skryf ‘n essay met die titel “Run away” waarin hy sê:


To want to run away is an essence of being human, it transforms any staying through the transfigurations of choice. To think about fleeing from circumstances, from a marriage, a relationship or from a work is part of the conversation itself and helps us understand the true distilled nature of our own reluctance, thus allowing us a deeper honesty and sense of presence. 


Strangely, we are perhaps most fully incarnated as humans, when part of us does not want to be here, or doesn’t know how to be here. 

Presence is only fully understood and realized through fully understanding our reluctance to show up. 


To understand the part of us that wants nothing to do with the full necessities of work, of relationship, of loss, of doing what is necessary, is to learn humility, to cultivate self-compassion and to sharpen that sense of humour essential to a merciful perspective of both a self and another.

In the wild, the best response to dangerous circumstances is often not to run but to assume a profoundly attentive identity, to pay attention to what seems to threaten and in that attention, not to assume the identity of the victim. 


Through being equal to fierce circumstances we make ourselves larger than the part of us that wants to flee while not losing its protective understandings about when it might be appropriate.


We decide not to run not only because there are many who would be left behind who cannot run as fast as we can, but also because in turning to the source of the fear we have the possibility of finding a different way forward, a larger good, through circumstances, rather than away from them in some supposedly safe area where threats no longer occur. We know intuitively that most of the time, we should not run, we should stay and look for a different way forward, despite the evolutionary necessity. 


Rarely is it good to run, but we are wiser, more present, more mature, more understanding and more thoroughly human when we realize we can never flee from the need to run away. 


Wanneer ons wil gly, maar kies om te bly. Soos Jesus, in Getsemané. Hy’t nie gekies om dood te gaan nie, maar om aan te hou liefhê.


Ek sluit af met ‘n aanhaling uit Eager To Love van Richard Rohr.  Ek dink nie ek sal ooit die volle omvang van die eggo wat hierdie woorde in my binnegoed laat, begryp nie. 


He and she died into the life that they loved instead of living in fear of any death that could end their life.  They were both so very eager to love, and somehow knew that dying to the old and unneeded was an essential part of living this life at any depth.



- Frieda van den Heever

bottom of page