top of page

Opstaan! Meld aan! Laat gaan!

  • 13 hours ago
  • 6 min read


A Song About A Journey


Calling all lovers! It is time to break camp in this material world!

From the Universe, I hear the drum of departure calling me.

The driver was up long ago and prepared the camels.

He says it’s not his fault we are still asleep – wake up!

The hubbub of departure surrounds us – camel bells behind and ahead.

Every moment a soul leaves on a journey to the unknown.


Look! From these upside-down candles in the night sky bowl

magnificent beings arose so that the mystery could unfold.

This whirling of planets and stars brought you a sound sleep.

For a life so light, be careful of sleep so heavy!


My inner self – seek the Self of love!

My inner friend, seek the Friend!

Inner witness, stay alert! It’s not your job to fall asleep.

The streets are full of torches – chaos and din are everywhere!

Tonight this grasping-getting world gives birth to an eternal one.


It’s simple: You thought you were dust and now find you are breath.

Before you were ignorant, and now you know more.

The One who led you this far

will guide you further on as well.



Paasfees


waarom slaap jy nog


bewaar en troetel jy die dood –

die ego en sy sere?


dis opstaantyd!


die Heer is lankal reeds, voor

dagbreek


uit die vere!


Carel Anthonissen



Johannes se evangelie sê “terwyl dit nog donker was” het Maria Magdalena by die graf gekom en gesien die klip is weggerol. Dit blyk belangrik te wees, hierdie stukkie detail, en ek is hier vir dit! Dat Paasfees in die skaduwees begin, nog voor dagbreek. Dis hoe opstanding werk, in Jan Richardson se woorde: “it gathers itself in the darkness, beginning in such secrecy and hiddenness that when it happens, it can be difficult for us to recognize it at first.”


Dis ook hoe dit vir Maria Magdalena was op die eerste Paasoggend. Dit was miskien as gevolg van al haar trane dat sy Jesus misgis het vir die tuinier of omdat Johannes die metafoor van die tuin – die paradys – wou oproep en Christus voorstel as die tweede Adam wat die tuin kom herstel, maar die waarheid is dat niks Maria hiervoor kon voorberei nie – Jesus wat voor haar staan en haar naam sê. Jesus het male sonder tal gesê “op die derde dag” maar steeds gaan dit nie deur haar gedagtes nie.


Met die klank van haar naam uit sy mond kom die herkenning en saam met die herkenning ‘n keuse: sal sy probeer om vas te klou aan Christus en die lewe soos sy dit geken het of sal sy ag slaan op Sy roep(ing) om die leë graf te verlaat en te gaan vertel wat sy gesien het?


Ons is vandag hier omdat sy gekies het, koers gekies het en aan die dissipels gaan vertel het, “Ek het die Here gesien!” en daarom vandag nog “die apostel vir die apostels” genoem word. Jesus kies ‘n vrou in ‘n patriargale sisteem, Hy kies híérdie vrou – ‘n voormalige besetene, ‘n geestesversteurde – om sy eerste ooggetuie en ambassadeur te wees. Die vrou wat opgestaan het, opgedaag het, gebly het – nie weggehardloop het soos almal anders of Hom een keer verraai het nie. Sy was daar met Jesus se kruisiging, Sy dood, Sy neerlê in die graf. Sy was nie net getuie nie, sy was ‘n with-ness. Dis ‘n demonstrasie van óf diepste menslike bewustelike liefde of die hoogste geestelike begrip van Jesus se leringe, of miskien albei. Hoe anders sou die Goeie Nuus lyk as ons net soveel klem geplaas het op hierdie vrou se onwrikbare getuienis as op Petrus se verloëning of Judas Iskariot se verraad? Dat sy gebly het.


Sy het vasgehou aan haar belofte om Hom te volg en lief te hê en nou vra Hy haar om te laat gaan? Sy wil hom behou in die vorm waarin sy hom ken. Die vooruitsig van verandering vul haar met onsekerheid – die vrees vir die onbekende. En in hierdie ontmoeting lê daar vir my een van Jesus se grootste lesse in liefhê. Ware liefde weet wanneer om op te daag en wanneer om te laat gaan. En nie “laat gaan” ten einde iets beter te ontvang nie; om te laat gaan is die “iets beter”. Want dit herstel oombliklik die gebroke verband met die dinamiese grond van realiteit wat van nature vloei uit ‘n volheid wat die verstand te bowe gaan. Dis asof Hy vir haar wil sê:



My lief, ek verstaan hoe tough dit is om te los en te laat wees

my lief, ek verstaan, want ek is woord én ek is vlees

ek belowe jou, belowe jou,

daar’s meer as dit waar ek heen gaan

en ek vat als van jou wat los is saam

ek vat als wat los is saam

als wat kan laat gaan


Jy gaan vir die eerste keer voel wat ek bedoel

as ek deur elke aar en elke blaar op aarde spoel

hou op sê jy’s lief vir my

jy’t nie ‘n clue wat dit behels

die dag as ek jou werklik kan omhels

sal elke stukkie van jou wil losbars

en ons uiteindelik saamsmelt


Laat gaan, my lief

laat los en val sag, my lief

hoe klou jy vaster aan ‘n verlosser

as ek reg voor jou staan

los my

dat ons saam kan gaan



Richard Rohr skryf so: “Great love is both very attached (“passionate”) and yet very detached at the same time. It is love but not addiction. When we have all things in Christ, we do not have to protect any one thing. The True Self can love and let go. The separate, small self cannot do this...We only have to look around at all the struggling relationships in our own lives to see that it’s true. When we love exclusively from our small selves, we operate in a way that is mechanical and instrumental, which we now sometimes call codependent. We return again and again to the patterns of interaction we know. This is not always bad, but it is surely limited. Great love—loving from our Whole Selves connected to the Source of all love—offers us so much more.”



Daardie eerste Paasmôre het Maria niks geweet nie. Sy het net opgedaag, gehuil en gesoek. En toe hoor sy haar naam. Maar die grootste wonder was nie dat sy Jesus kon vashou nie; dit was dat sy Hom kon laat gaan … en gaan vertel!


Soos Paasfees weer aanbreek, het jy dalk nodig om weer jou naam te hoor uit jou “Rabboeni” se mond?


Waarvan moet jy laat gaan?


Watter drumpel kies jy om oor te steek sodat ook jy kan gaan vertel wat jy gesien het?


God roep jou na ‘n dieper verhouding van bewustelike liefde. Hoe sal jy God toelaat om jou vandag lief te hê? En môre? As dit Maandag is en vakansiedag is en alles rondom jou smeek om bietjie “in te lê”?



“The Risen Lord is indeed risen. Present, intimate, creative, 'closer than your own heartbeat,' accessed through your vulnerability, your capacity for intimacy. The imaginal realm is real, and through it you will never be separated from any one or anything you have ever loved, for love is the ground in which you live and move and have your being. This is the message that Mary Magdalene has perennially to bring. This is the message we most need to hear.”

Cynthia Bourgeault



The Magdalene’s Blessing


You hardly imagined
standing here,
everything you ever loved
suddenly returned to you,
looking you in the eye
and calling your name.


And now
you do not know
how to abide this ache
in the center
of your chest,
where a door
slams shut
and swings open
at the same time,
turning on the hinge
of your aching
and hopeful heart.


I tell you,
this is not a banishment
from the garden.


This is an invitation,
a choice,
a threshold,
a gate.


This is your life
calling to you
from a place
you could never
have dreamed,
but now that you
have glimpsed its edge,
you cannot imagine
choosing any other way.


So let the tears come
as anointing,
as consecration,
and then
let them go.


Let this blessing
gather itself around you.


Let it give you
what you will need
for this journey.


You will not remember
the words—
they do not matter.


All you need to remember
is how it sounded
when you stood
in the place of death
and heard the living
call your name.


Jan Richardson



- Frieda van den Heever

bottom of page