top of page

Werk: Ora et Labora



Werkwoord


Van ek kon dink

het U my laat springmat

tussen die hemel

en die harde grond,

en dit was ekstase,

die wip en die bons albei,

want ek lewe dan eers voluit

wanneer U woel met my.


Sheila Cussons



Die ewigheid (in die mens se hart) en die tyd (op sy hande) … tussen die hemel en die harde grond, die wip en die bons, die dilemma waarin alle potensiaal opgesluit lê.


Dit is wat aan die lewe betekenis gee en ook die mens laat voel daar’s meer. 

Dis waaruit alle verrukking en verknogtheid (verslawings) spruit.


Tussen die “oneindige eenheid” van God (soos Jacob Boehme die realm van die Suiwer Ongemanifesteerde beskryf het) en ons fisiese heelal is daar ander realms. Realm (gewoonlik vertaal as “koninkryk” in die Bybel) is die woord wat Jesus self gebruik om die een wat die mees verweefde is met ons eie te beskryf. Hy het mense oor en oor probeer leer: die mate waarmee jy in verbondenheid met hierdie realm (koninkryk) leef, sal bepaal hoe goed jy jou deel op aarde kan doen en hoe wel dit met jou siel is.



“Where is God in this picture? God is all over the place. God is up there, down here, inside my skin and out. God is the web, the energy, the space, the light – not captured in them, as if any of these concepts were more real than what unites them – but revealed in that singular vast net of relationships that animates everything that is.”

Barbara Brown Taylor



Geen wonder heroïen is so verslawend nie. Die onuitspreeklike gevoel van verbondenheid en eenheid met die eerste “hit” is die mens se diepste hunkering. Iemand beskryf dit as “being hugged by Jesus”. Nog iemand: “I remember feeling like I was exhaling from holding my breath for my whole life. Just intense relief from suffering.” Voor die onuitspreeklike siklus van pyn en isolasie en skaamte sy verloop neem. 



Wat het werk met verrukking en verslawing te doen? 



Een van die skrifgedeeltes waaroor ek die meeste peins, begin met ‘n baie normale, praktiese vraag wat ons almal seker by tye vra: “Watter voordeel het die een wat werk, van dit waarmee hy hom afsloof?” En dan gaan die Prediker voort met die uitleg van die hele dilemma van menswees. God het die ewigheid in die mens se hart gegee, sonder dat die mens enigsins die werk wat God van begin tot einde doen, kan peil. 



Die Amplified-vertaling is vir my so mooi:


He has made everything beautiful and appropriate in its time. He has also planted eternity [a sense of divine purpose] in the human heart [a mysterious longing which nothing under the sun can satisfy, except God]—yet man cannot find out (comprehend, grasp) what God has done (His overall plan) from the beginning to the end.


I know that there is nothing better for them than to rejoice and to do good as long as they live; and also that every man should eat and drink and see and enjoy the good of all his labor—it is the gift of God. I know that whatever God does, it endures forever; nothing can be added to it nor can anything be taken from it, for God does it so that men will fear and worship Him [with awe-filled reverence, knowing that He is God].

Eccl. 3:9-14


‘Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk; dit is wat hom toekom. Wie kan hom laat sien wat ná hom sal gebeur?’



Kahlil Gibran skryf hierdie aangrypende woorde (wat my nie laat hunker na aftree nie, maar die arbeidsgenot laat proe) in Die Profeet:


Julle werk sodat julle kan tred hou met die aarde en die siel van die aarde. Want om ledig te wees is om ‘n vreemdeling vir die jaargetye te word en om uit te tree uit die optog van die lewe wat majestueus en met trotse gehoorsaamheid na die oneindige voortmarsjeer.


Wanneer jy werk is jy ‘n fluit deur wie se hart die fluistering van die ure in musiek verander. Wie van julle sou ‘n riet wou wees, stom en stil, terwyl al die ander in harmonie saamsing?


Dit is altyd aan julle gesê dat werk ‘n vloek en arbeid ‘n ramp is. Maar ek sê vir julle dat wanneer julle werk, julle een van die aarde se grootste drome verwesenlik wat aan julle toegewys was toe daardie droom gebore is. En deur te arbei bewys julle werklik dat julle die lewe liefhet, en om die lewe deur arbeid lief te hê, is om intiem kennis te dra van die lewe se diepste geheim.



Ons is gemaak om so te bons. God woel so met ons en ek sal aanhou worstel tot dagbreek. Tot my heup uit sy potjie is. Tot Hy my seën. Ek kan nie die ewigheid uit my hart ruk nie – Hy het my so gemaak. Ek kan ook nie die horlosie van my pols af ruk nie – Hy het my so laat staan. Die ewigheid klop binne-in die ritme van my hart (wat in tyd gemeet word) en wat eendag sal gaan staan. “May it be infinite while it lasts.”


Die Benediktynse orde het die wêreld geseën met ‘n baie eenvoudige ritme van lewe: Ora et labora. Bid en werk. Bid en werk.


Dit leef in antwoord op die vrae wat ons dikwels vra: Is "bid" die regte werk van Christene? Moet ons soveel as moontlik van ons tyd daaraan spandeer terwyl ons "daaglikse take" eintlik die sleurwerk is –  iets wat ons ongelukkig net moet doen om te oorleef sonder dat God werklik daarin belangstel? Of kan die teenoorgestelde waar wees? Is "bid" die weg om krag en wysheid te ontvang vir ons daaglikse lewe en take? Is daar 'n gevaar om so betrokke te wees by hemelse sake dat ons nie meer 'n doel hier op aarde het nie? 


"Werk dag en nag" (2 Tess. 3:8)

"Bid sonder ophou" (1 Tess. 5:17)


Rêrig? Hoe?


Hierdie spanning tussen bid en werk, tussen geloof en lewe, kom dikwels na vore. En tog: God roep nie mense uit die wêreld uit nie, maar in die wêreld in.


"Trust in the Lord and keep at your toil."


Iemand het gesê: “Geen transformasie sonder skoon skottelgoed nie”. 


Jy is nie opgewasse as jy nie kan opwas nie.



"To pray without working is to lift up one's heart without lifting up one's hands; to work without praying is to lift up one's hands without lifting up one's heart, therefore it is necessacry both to pray and work.”


St Isidore of Seville



"While our hands are occupied in work, we can praise God with psalms and hymns and spiritual songs, with the tongue if it is possible, but if not, then in the heart. In this way we thank Him who has given both strength of hand to work and wisdom of brain to know how to work, and also bestowed means by which to work both in the tools we use and the arts we practice, whatever the work may be. We pray moreover that the works of our hands may be directed towards the mark of pleasuring God."


St Basil



Weer Die Profeet:


Aan julle is ook vertel dat die lewe ‘n duisternis is en in julle vermoeidheid herhaal julle die woorde van die vermoeides. 

En ek sê dat die lewe inderdaad duisternis is tensy daar ‘n drang is.

En alle drange is blind tensy daar kennis is.

En alle kennis is nutteloos tensy daar werk is.

En alle werk is betekenisloos tensy daar liefde is.

En wanneer julle met liefde werk, bind julle julleself aan julself, en aan elkander, en aan God.


En wat beteken dit om met liefde te arbei?

Dit is om ‘n kleed te weef met drade wat uit die hart getrek is net asof jou beminde daardie kleed sal dra. Dit is om ‘n huis met toegeneëntheid te bou, net asof jou beminde in daardie huis sal woon. Dit is om die saad met teerheid te saai en die oes met blydskap te maai, net asof jou beminde die vrug sal eet. Dit is om die asem van jou siel te blaas in alle dinge wat jy vervaardig. En om te weet dat die geseënde afgestorwenes rondom jou staan en toekyk.



‘n Ander “profeet”, David Whyte bewoord dit so:


The soul of an individual is the longing inside each person for a greater sense of belonging, for a new country. We go through most workdays forgetting that this grand migratory force exists within us. We may feel a small satisfaction in a step taken, while the soul feels as if it is anchored off the promised land, with just a short row to bring it home. At the level of our souls, no matter the difficulty in our work, or the responsibilities, or the possibility of failure, entire new worlds are coming into being.


In order to continually re-imagine ourselves through our work lives, we must have a part of us that belongs to something beyond the status quo. Something over the horizon or, paradoxically, beneath us, in the ground of our life. Something as yet hidden, yet to be brought to light. Something which is governed by other laws than the ones we so assiduously obey every day. Something to do with the laws that govern the way we belong to this stubborn and beautiful world.


To have a firm persuasion in our work – to feel that what we do is right for ourselves and good for the world at exactly the same time – is one of the great triumphs of human existence... To have a firm persuasion, to set out boldly in our work, is to make a pilgrimage of our labors, to understand that the consummation of work lies not only in what we have done, but who we have become while accomplishing the task... Work, at its best, is one of the great human gateways to the eternal and the timeless.


Werk is die plek waar die self die wêreld ontmoet. Dis die binnekant wat omgedop word en sigbaar word. Wat jy vorm, vorm jou. Liefde spruit uit liefhê. Ironies genoeg is dit waarvoor ek omgee, dit waaroor ek omgee. Die lewe is ‘n oefening in mede-skepping. En dit verg werk. Werk is jou antwoord op jou roeping. Jou ver-antwoord-elikheid. Selfs in ‘n ideale wêreld (voor die sondeval) het God van ons verwag om deel te neem in die medeskepping van die wêreld. Dis nie ‘n straf of ‘n boetedoening nie; dis ‘n voorreg.



“Vocation (calling) is responsibility and responsibility is the total response of the whole man or woman to the whole of reality.”


Dietrich Bonhoeffer



Werk is nie verhewe bo bid nie. President Mandela het tydens ‘n kongres in Junie 1997 gesê: "In our striving for political and economic development, the ANC recognizes that social transformation cannot be separated from spiritual transformation." (O jinne, Madiba, die pad na vryheid is nog bitter lank).



Bid is nie verhewe bo werk nie. Weer Kahlil Gibran:


Dikwels het ek julle hoor sê, soos een wat in sy slaap praat, “Hy wat met marmer werk en die beeltenis van sy siel in die klip vind is edeler as hy wat die grond omploeg. En hy wat die reënboog kan gryp en dit in die gelykenis van ‘n mens op ‘n doek kan vaslê, is groter as hy wat sandale vir ons voete maak.”

Maar ek beweer, nie in my slaap nie, maar in die nugterheid van die middaguur, dat die wind nie die reuse-eik met ‘n soeter stem aanspreek as die minste onder die grashalmpies nie;

En alleenlik hy is groot wat die stem van die wind in ‘n lied verander wat nog soeter gemaak is deur sy eie liefde.


Werk is liefde sigbaar gemaak.


En as jy nie met liefde kan werk nie, maar slegs met afkeer, is dit beter dat jy jou werk verlaat en by die tempelhek gaan sit en aalmoese ontvang van diegene wat met vreugde arbei. 


Want as jy brood onverskillig bak, bak jy ‘n bitter brood wat net die helfte van ‘n mens se honger stil. En as jy met teensin die druiwe pars, dan stook jou teësin ‘n gif in die wyn. En al sou jy soos die engele sing, maar sang nie liefhê nie, dan sou jy mense se ore sluit vir die stemme van die dag en die stemme van die nag.



David Whyte vra die vraag: “Who am I practicing becoming at work?” 


Bediening word nie gedefinieer deur wat ons doen nie, maar Wie ons dien.


Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.

En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.


Kol. 3:22-24


Ek gaan Sondag stilstaan by hierdie betekenisvolle Chinese storie deur Chuang Tzu en hoe dit hierdie skrif in Kolossense belig:


The Woodcarver

 

Khing, the master carver, made a bell stand

Of precious wood. When it was finished,

All who saw it were astounded. They said it must be

The work of spirits.

The Prince of Lu said to the master carver:

“What is your secret?”

 

Khling replied: “I am only a workman:

I have no secret. There is only this:

When I began to think about the work you commanded

I guarded my spirit, did not expend it

On trifles, that were not to the point.

I fasted in order to set

My heart at rest.

After three days fasting, I had forgotten gain and success.

After five days

I had forgotten criticism.

After seven days

I had forgotten my body

With all its limbs.

 

“By this time all thought of your Highness

And of the court had faded away.

All that might distract me from the work

Had vanished.

I was collected in the single thought

Of the bell stand.

 

“Then I went to the forest

To see the trees in their own natural state.

When the right tree appeared before my eyes,

The bell stand also appeared in it, clearly, beyond doubt.

All I had to do was to put forth my hand

And begin.

 

“If I had not met this particular tree

There would have been

No bell stand at all.

 

“What happened?

My own collected thought

Encountered the hidden potential in the wood;

From this live encounter came the work

Which you ascribe to the spirits.



- Frieda van den Heever

bottom of page