Die roep na die woestyn
- 9 hours ago
- 6 min read

“A vocation is where your deep gladness meets the world’s hunger.”
Ek gebruik hierdie woorde van Frederick Buechner as ‘n vertrekpunt op ons eerste stop of ruspunt in hierdie Lent-reeks: die roep na die woestyn.
Om iets van die wêreld se honger te begryp, te weet, te ken, moet ek ook my eie hunkering in die gesig staar. Die honger wêreld kan nie “gered” word deur oppervlakkige, opgestopte mense nie. T.S. Eliot beskryf dit so:
We are the hollow men
We are the stuffed men
Leaning together
Headpiece filled with straw. . . .
Those who have crossed
With direct eyes, to death’s other Kingdom
Remember us – if at all –
Not as lost violent souls, but only
As the hollow men
The stuffed men.
Die meeste mense is nie verlore of wreedaardig nie, net hol en terselfdertyd opgestop. Die woestyn, as metafoor, is die plek waar ons in aanraking kom met al die maniere hoe ons onsself volstop en nooit ‘n versadigingspunt bereik nie en terselfdertyd hol bly aan die binnekant. Albert Nolan het geskryf dat as ons Jesus wil volg, moet ons Hom bowenal en in die eerste plek in die woestyn in volg. Mens sou dink dat Jesus volstoom moes wegspring met sy reddingspoging na Hy gedoop is. Dit het reeds ‘n paar dekades gevat om tot hier te kom. Daar’s geen tyd om te mors nie. Let’s go! Maar dan gaan hy die woestyn binne vir veertig dae. Sonder luukshede, sonder boeke, sonder kos. Om te wat? Te gaan wys hoe mens versoekings weerstaan? ‘n Balkie as God se hoofseun te gaan verwerf? Nee. Om wakker te raak. Of dalk in sy geval: wakker te bly. Om eerstehands te gaan ervaar wat van Hom oorbly as alles gestroop is. Dit wat die vuur nie kon vat nie. Die onwankelbare koninkryk. Die Vaste (grond) as alles losgeskud word. ‘n Ont-hou. ‘n Ver-los-sing.
Die reis van die woestyn in mitologie het ‘n universele patroon: eers is daar afsondering (wat aan die begin nog eenvoudig en ongekompliseerd lyk), dan volg die onderonsies (waar dinge kompleks raak) en dan die terugkeer (wat gekenmerk word deur verligte oë en transformasie). Die meeste van ons hunker na diep vrede – ‘n salige stilte van die siel – maar ons sal eerder geruïneer word as om te verander, soos W.H. Auden geskryf het.
Ek weet – voor my siel – my siel is aan God verkleef maar om te sterf aan al my illusies is ongemaklik, selfs seer. Daar’s ‘n skrif wat sê: “En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is.”
Ons is so hol en so vol – in ons kokonne en ons ego-empires – dat ons nie ‘n idee het wat in ons harte is nie. So as ons Joël 2 lees waarin God sê, “Yet even now, return to me with all your heart,” weet ons ook nie hoe om terug te keer nie, want ons ken net die helfte van ons harte. Ons leef halfhartig. Ons GPS (God Positioning System) beskik nie oor al die data nie.
Maar as God oral is, kan ek Hom sekerlik ook ervaar in die gemak van my eie huis, in my gewone roetine, tussen my goedjies? Ja … maar …
“There is a wonderful Chasidic story about the child of a rabbi who used to wander in the woods. At first his father let him wander, but over time he became concerned. The woods were dangerous. The father did not know what lurked there.
He decided to discuss the matter with his child. One day he took him aside and said, “You know, I have noticed that each day you walk into the woods. I wonder, why do you go there?”
The boy said to his father, “I go there to find God.”
“This is a very good thing, “ the father replied gently. “I am glad you are searching for God. But, my child, don’t you know that God is the same everywhere?”
“Yes,” the boy answered, “but I’m not.”
David J. Wolfe in Teaching Your Children About God
Daar is in die samelewing twee kragte wat teen mekaar werk, verduidelik Walter Brueggemann. Ronell Bezuidenhout vertaal dit in toeganklike Afrikaans in haar boek Woestynwysheid: “Aan die een kant is daar ’n lekkerluister-storie (‘n page turner), ‘n slapbandboek. As God aan jou kant is, sal jy (om die grillerige uitdrukking te gebruik) uit jou sokkies geseën word. Dis ‘n blitsverkoper omdat dit ons vertel dat ons die beste verdien en dus elke jaar die goed wat ek laasjaar gekoop het, mag vervang. Hierdie storie se rolmodelle is dié wat suksesvol, dinamies, ryk en daarom bekend is. Dit is selfs die storie wat in baie kerke vertel word: God kies kant, óns s’n natuurlik. Omdat die storie so baie vertel word, begin ons ons lewe volgens die beginsels van dié storie leef.
Maar daar is ook ‘n ander storie. Dis nie so gewild nie en dit word nie so lekker oorvertel soos die ander een nie. As jy in ‘n mooi huis bly, ‘n vol klerekas het, gemaklik jou seevakansie elke jaar hou, dan klink ‘n storie wat jou uitnooi om so bietjie aan die “ander kant van die draad” te gaan loer nie na ‘n #1 op die trefferlys nie. Hierdie minder gewilde storie gaan nie oor meer en beter nie, inteendeel, dit gaan oor broosheid en deernis. Dit gaan nie oor sekuriteit nie, dit gaan oor weerloosheid. Nie oor selfverryking nie, maar oor medemenslikheid. Min mense wil hierdie storie se punch line glo:
In each one of you there is a hidden being, still in the deep sleep of childhood. Bring it to life! In each one of you there is a call, a will, an impulse of nature, an impulse toward the future, the new, the higher. Let it mature, let it resound, nurture it! Your future is not this or that; it is not money or power, it is not wisdom or success at your trade — your future, your hard dangerous path is this: to mature and to find God in yourselves.
Hermann Hesse
Die woestyn, of jy nou daarin getrek of gestoot word deur die lewe, is die plek waar ons dit ontdek. Daar is niks om agter of onder of in of op weg te kruip nie, dis hoekom ons daar gevind kan word. En die punt van die woestyn is nie isolasie en skeiding en punte verwerf op morele telborde nie. Die punt is om wakker te raak. Om werklik te kan sien wat in ons harte is. Om te kan sien watter hindernisse en mure ons bou om weg te kruip vir die liefde. Om te kan sien wat ons weerhou daarvan om te lewe in oorvloed.
Ek het gisteraand, tydens die viering van Aswoensdag, ‘n kruis op my voorkop ontvang met die woorde “Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.” As jy nie weet van watter stof-fasie jy gemaak is nie, weet jy niks. As jy nie die waarheid in die gesig staar dat jy gaan doodgaan, dat die lewe sonder jou kan en gaan aangaan en dat jou dae “getel” is nie, kan jy ook nie asem wat God in jou neus geblaas het om jou ‘n lewende wese te maak, waardeer nie. Gaan jy uitasem raak. Die waarheid is nie altyd hoopvol nie, maar om die waarheid te vertel ís. ‘n Dag van oorgee, wat ‘n verligting in ‘n kultuur van voorgee! Soos die as – dit wat die brand oorleef het – op my voorkop geland het, onthou ek Leonard Cohen se woorde:
art is the ashes of a life burnt well
don’t make the ashes
burn well and the ashes will take care of themselves
En die kruis op my voorkop, die een om jou nek, of die een wat rondswaai om die truspieëltjie in jou kar beteken niks as dit net daar is om ander mense te wys wat jy glo (op papier) of by wie jy jou skaar nie. Kahlil Gibran skryf, "Daardie kruis wat jy om jou nek dra, beteken tog immers dat jy lewe aan die lewe moet teruggee. Maar jy het lewe uit die lewe weggeneem en niks teruggeplaas nie."
Mag hierdie seisoen van oorgee en inkeer ons nie uit die lewe wegneem nie, maar aanvuur om lewe aan die lewe terug te gee. Dis nie ‘n uitdaging nie; dis ‘n uitnodiging. Dis ‘n belediging vir die propaganda van ‘n mak, gemaklike, gedomestikeerde, verdoofde wêreld.
Gaan en wees wild, Godsekind.
Brand goed!
Desert Prayer
I am not asking you
to take this wilderness from me,
to remove this place of starkness
where I come to know
the wildness within me,
where I learn to call the names
of the ravenous beasts
that pace inside me,
to finger the brambles
that snake through my veins,
to taste the thirst
that tugs at my tongue.
But send me
tough angels,
sweet wine,
strong bread:
just enough.
— Jan Richardson
from In Wisdom’s Path: Discovering the Sacred in Every Season
- Frieda van den Heever




