top of page

Wat vra geloof nou van my?



Daar is drie goed wat ons in hierdie nuwe jaar kan anker. Liefde, geloof en hoop. Die liefde is die grootste en dit is ‘n gawe wat God in jou hart kan uitstsort. Dit is volmaak. Die geloof help my om my lewe oop te maak dat ek dit kan ontvang. Dit is die oopmaak van ons lewe. En die hoop leer my om dit wat God my gee, vas te hou. Dit is die vashou wat ons nodig het in hierdie lewe.

 

Sondag gesels ons oor die moeilike een. Geloof. Geloof word maklik verwar met sekerheid, of een of ander vreemde magie wat geloofsgeneesers het of ‘n goedkoop kaartjie hemel toe.

 

Om net te glo beteken nie veel nie want Jakobus reken dat die duiwels glo ook (Jak. 2:19).

 

Jy kan geloof hê en ook onseker wees. Waarom sterf ‘n gewone soldaat sonder vrees en Jesus sterf met vrees en onsekerheid? Ons geloof werk soos Petrus wat op die water loop. Soms loop jy en soms sink jy…

 

Geloof is nie ‘n besitting of apparaat wat aan en af skakel nie. Dit is soos asemhaal. “Die regverdige sal deur die geloof lewe…” Gal. 3:11. Die lug of geloof wat ons in asem is orals.  My gesondheid hang nie af of daar lug is of nie, maar eerder oor die toestand van jou longe.

 

As jy lig waarneem en jy word ook daardeur verblind (kyk maar direk in die son!) dan is jy besig met ware geloof.

 

“Faith isn’t some constant state of belief, but rather a sort of faithfulness, a loyalty to the moments when we’ve had faith.” Abraham Heschel

Deur Theo Geyser

bottom of page