top of page

Wat presies sê ek... as ek ander liefhet?


Dit is makliker om te sê ek het God lief as om te sê ek het ander mense lief soos wat God hulle liefhet. Vir Johannes is dit so eenvoudig soos dit: Hoe kan jy iemand haat of verafsku wat jy kan sien, en God liefhê maar Hom nie kan sien nie? (1 Joh 4:20).


Ons liefde vir mense wys ons liefde vir God.


Hierdie is presies die punt wat Jesus aan Petrus wil maak nadat Hy hom drie keer vra of hy Jesus werklik liefhet. Petrus se liefde vir God sal gemeet word aan sy liefde vir mense en dan spesifiek in Jesus se woorde: Gee my skape kos (Joh 21:15-19).


Drie belangrike vra uit hierdie gedeelte: Wie is die skape en wat is die kos waarvan Jesus praat en hoekom verduidelik Johannes die gedeelte binne die nagmaal?

Ons gesels Sondag oor hierdie gedeelte in Joh. 21 wat ons kan help om nader te kom aan wat dit beteken om ander lief te hê. Die skape is beslis nie die mense wat soos ons dink, wat dissipels genoem word nie. Dit sluit Judas in en daarom is nagmaal met groot gemak bedien buite die geloof. Die kos waarvan Jesus praat hoef ook nie vergeestelik te word nie, maar sluit eerder aan by die liefdesmaaltye wat altyd deel was van die nagmaal (Joh. 13:3-35). Dit is fisies kos wat geheilig word deur die nagmaal waar Christus binne vriendskappe ervaar word. Hierdie gebruik het ongelukkig 400 nC weggeval en ons arm gelaat met 'n selektiewe ritueel wat ons stroop van die Judasse en ons help om die barometer van ons liefde te lees.


- Deur Theo Geyser

bottom of page