top of page

Wat bedoel ek as ek sê…God liefhet?


Wat bedoel ons wanneer ons sê: ons het God lief? Jesus wou Petrus help om nader aan hierdie vraag te kom. Hy vra hom drie keer: “Het jy my waarlik lief?” (Joh 21). Petrus was dood-seker dat hy Jesus liefhet.


Jesus probeer hom uitnooi na ‘n baie groter liefde wat daar tussen hulle kan wees.

Johannes het ‘n baie mooi beeld om liefde reg te verstaan. Hierdie beeld het die verbeelding van duisende kunstenaars en teoloë deur die jare aangegryp. Dit is waar Johannes op die bors van Jesus lê. Wat gebeur wanneer ek op die bors van iemand lê? Jy kan die persoon se hartklop hoor! Ons weet vandag dat die hartklop van die moeder reguleer die hartklop van ‘n fetus binne in haar. Ons druk ook spontaan ons kinders teen ons bors wanneer hulle in pyn is. Die storie van die Verlore Seun leer ons dat ons vryheid en 'n diep bewustheid oor onsself lê in God se vashou en druk teen sy bors.

Ons gesels Sondag oor hoe ons soos Johannes die plek van ware liefde te kan betree en hoe God ons hartklop kan reguleer.


- Deur Theo Geyser


Kunswerk: The Last Supper deur Ugolino da Siena (Ugolino di Nerio)

bottom of page