top of page

Wanneer ek verliese lei...



Wat doen jy wanneer jy 'n swaar verlies ly? Na watter plek kan jy gaan? Jesus gaan na Getsemane. Hy belewe die verlies en pyn van vriendskappe, verraad, leuens, agterbaksheid en die afwesigheid van ondersteuning in sy moeilikste tyd. Dan vra hy sy dissipels om saam met Hom te bid, maar hy wil ook alleen bid. Getsemane beteken 'pars olywe' en dit was ‘n tuin of plantasie met olyfbome net buite die mure van die stad Jerusalem. Daar word Hy ook omhels met oneerlike liefde wanneer Judas Hom verraai. Pyn en lyding toets nie ons uithouvermoeëns of geloof nie. Dit toets ons liefde. Die tuin net soos by Adam en Eva is eerder die plek van 'n liefdes-ontmoeting. Soos God in die aandwind kom kuier omdat Hy verlang… In kinderstories is dit die plek waar die prins en die prinses soen. Daarom beklemtoon die skrywers nie net die lyding nie maar die tragiese vriendskappe in Jesus se moeilikste tyd. Dit is die bloed van liefde wat gesweet word. Ongelukkig het ons godsdienstige en geïdealiseerde verstaan dit ‘n dit 'n sonde drama gemaak waar Jesus moet bewys hy is ook God, en ons sonde moet probeer dra en bang is vir die dood. Gelukkig leer die Bybel ons nie dit nie! Hy was nie bang vir dood nie, en het baie oor sy dood gepraat. Dit is die plek waar God jou met liefde omhels! Maar dit is ook 'n stryd omdat 'n goedkoop liefde jou wil verraai. Die vraag is net soos by Jesus: Waardeer gaan my liefde beheer en gelei word? Bitterheid, verwyt en pyn ? Of liefde wat God my kan gee in hierdie moeilike tyd. Ons gesels Sondag oor die trane van liefde wat so maklik ook die trane van woede en vergelding kan word. Die trane van liefde is moeiliker maar bring die engele van God om ons te help nadat die woestyn klaar haar werk binne ons gedoen het. Ons word geroep vir hierdie pad en dis so jammer dat baie Christene Jesus as ‘n narkose teen verliese en pyn gebruik.

Kom ons doen wat Petrus vra: OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte.” 1 Pet. 1:4



- Deur Theo Geyser


bottom of page