top of page

Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie



Ons deel die wêreld met 7.5 biljoen mense. Iets binne ons laat ons voel ons is uniek, spesiaal en enig in ons soort. En dit is ook so. Maar tog is daar ‘n probleem: Dit is moeilik om spesiaal te voel tussen 7.5 biljoen mense! Dan probeer ons hierdie dilemma op te los deur uit te staan, anders en spesiaal te wees…

Daar is ‘n inherente vrees en gevoel binne elke mens dat ek nie so spesiaal is nie, en dat ek iets groots in hierdie lewe moet doen om onthou te word. So 'n lewe waarborg my uniekheid en onsterflikheid. Daarom gaan ‘n gewone lewe dit nie vir my doen nie, dus word ek rusteloos, kompeterend en lewe ‘n gedrewe lewe.

Die gewone lewe is dan nie vir my nie.

Waarom waarsku Jesus ons oor angstigheid en vrees oor wat ons eet, drink en wat ons aantrek? Dit is alles dinge wat ons laat voel dat ons genoeg is en wat ons spesiaal en anders maak. Vir Jesus is die teenoorgestelde van geloof nie twyfel of ateïsme nie - maar angs en vrees. Die angs oor ons fisiese behoeftes en oor hoe mense na ons kyk en ons waarneem.

Ons gesels Sondag oor hoe die woestyn ons kan help om hierdie vrees in liefde om te skakel. En hoe om dit wat ons dryf in hierdie lewe duideliker te sien en dit in God te kry!

Lees gerus Lukas 12:22-31 'n paar keer in die komende week.

“We nurse within our hearts the hope that we are different, that we are special, that we are extraordinary. We long for the assurance that our birth was no accident, that a god had a hand in our coming to be, that we exist by divine fiat. We ache for a cure for the ultimate disease of mortality. Our madness comes when the pressure is too great and we fabricate a vital lie to cover up the fact that we are mediocre, accidental, mortal. We fail to see the glory of the Good News. The vital lie is unnecessary because all the things we truly long for have been freely given us.”


Allan Jones

bottom of page