top of page

Waarom sê ons nee vir dit wat ons nodig het?


Jesus wil Sy liefde aan Petrus toon deur sy voete te was en diensbaar te wees, en Petrus weier hierdie liefde. Jakob, net soos Petrus, worstel met ‘n engel en weet nie dat hy met die God van liefde veg nie. Dit vind hy eers uit die volgende dag toe hy besef dat dit God was wat hom besoek het. 


Waarom veg ons die liefde wat ons so nodig het?


Liefde kom nie so maklik soos dagdrome nie. Dit lees jy net in ‘n roman of sien dit in ‘n fliek met die gelukkige einde van “happily ever after”. Hierdie frase speel in op die mens se begeerte na “closure” en vervulling. Kan daar ooit ‘n oplossing of einde kom aan die teleustellings en verliese wat die liefde inherent ook dra? Is totale lewensvervulling moontlik? 


In die lewe sal jy baie gou soos Petrus die Judasse om die tafel van jou geliefdes ontmoet. Of, om dalk soos Jakob vergruis te word deur ‘n disfunksionele familie. Dan sê jy gou nee vir die liefde.


Dan is daar ook ‘n moeiliker rede waarom ons die liefde veg. Soms gebeur dit dat ons dalk nie erge trauma beleef het nie, maar voel tog nooit vervuld en geliefd nie. Onbewustelik sê iets in ons nee vir die liefde. 



Ons gesels hierdie week oor hoe om ja te sê vir dit wat die liefde nou van ons vra. Ons kuier Sondag weer by Weltevreden Estate in persoon. Sien uit om weer te sien!



"Love makes you vulnerable.

 Love's not about guarantees. 

It's about being brave and honest 

In the wild edge of the present 

where hearts break open and life catches fire."


David Whyte (The Wild Edge)



Deur Theo Geyser

bottom of page