top of page

Waar Is My Lewe Heen?: Droomloos


Elke mens dra ‘n droom. Ons is gemaak om te droom. Droomloos is net ‘n ander woord vir die dood. Wanneer drome begrawe word, gryp ons na veiligheid en sekerheid. Drome is prentjies wat ons bewus maak van nuwe moontlikhede en gee ons hoop.


Ons kry hoop egter buite die kaders van veiligheid.


Tragies dat ons so gou ons drome verloor. Soms weet ons nie of hulle van God af is en of dit maar bloot wensdenkery is nie.  Die lyn tussen wensdenkery en drome is fyn omdat drome ons ook nooi na die onmoontlike.


Die Bybel leer ons waar om drome te soek.


Jy kry nie jou drome in die narkose of ontkenning van jou realiteite nie, maar reeds binne-in die realiteit. God wag reeds vir jou in die realiteit, God gekamoefleer in jou lewe. God sê vir Abram hy moet die sterre tel (Gen15). Ons weet dis onmoontlik. Abraham sou weet dit gaan nie oor die tel nie, maar om die vergelyking te sien tussen die sterre en die klein drome en stories wat hy vir homself vertel.


Die skepping gee vir ons ‘n spieël om onsself  te kan sien. Dan maak die sterre en die hemel sin en lei dit ons na ons eie hart! Dan reik ons drome na die sterre!

bottom of page