Waar Is My Lewe Heen?: Droomloos


So, wat gaan jy met jou lewe doen? Hierdie vraag is seker aan elkeen van ons gevra toe ons hier laat hoërskool was. Wat gaan jy doen met jou lewe, wat gaan jy swot, waar gaan jy werk? Wat ’n belaglike vraag om vir ’n 17-jarige te vra terwyl die mens se brein blykbaar eers eintlik te volle teen 25 ontwikkel, net mooi nadat jy klaar studeer het of dalk ’n hele ent in jou eerste werk in is.


Ek wonder soms of enige van ons verantwoordelik gehou kan word vir enigiets wat ons voor 25 besluit het.


Tog, die samelewing druk ons om daar en dan te besluit, as jy 17 jaar oud is. Om vorms in te vul en te besluit wat jy eendag wil word of erger, wat jy volgende jaar wil gaan doen. Wat is jou droom, wat is jou visie, wat is jou vyf jaar plan, en waar sien jy jouself oor tien jaar?


“CEO? Is dit te hoog?”


“Ek het skaars ’n vyf dag plan,” dink ek by myself in my eerste onderhoud. Ek dink ek trek darem deesdae seker by ’n sewe dag plan, ek is relatief seker wat ek volgende Sondag moet preek.


Hierdie ding, hierdie om te weet waarheen, is ’n groot ding vir my, en seker vir die meeste. Ek voel baie keer heel verdwaal en gryp dan na buite vir enige sekerheid. Dalk is daar iemand wat vir my kan sê waarheen ek moet gaan, wat ek moet doen, wie ek moet word, wat ek moet (of moes) gaan studeer het? Om boonop nog ekstra druk op onsself te plaas het ons, as mense wat agter Jesus probeer aanloop, die vraag, wat is God se roeping vir my lewe?


Hierdie Sondag aand praat ek by InVia Kaapstad oor Waar is my drome heen? Ons almal word groot met ‘n droom van wat ons eendag gaan word en wees, en gereeld kom steel die lewe hierdie drome. Hoe maak ons nou, wat is ons veronderstel om te droom en te doen? Sien julle 17:00 by 2 Derry st. in Rondebosch.

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Stellenbosch:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe
| Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Kaapstad:

Pierre du Plessis | Kampusleraar: Kaapstad

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Kantoor: inviakaapstad@gmail.com

Alle regte voorbehou © InVia Gemeente 2020 |  ONDERSTEUN INVIA