"Waar is God... as niks is soos dit was nie?"


Niks sal ooit weer wees soos dit was nie. Die Herrie is glo los en (my (idee van) die Here is nie meer vas nie. 31 Desember 2019 het ek met my bier by die vuur gesit en gedink die besigheid is uitgefigure. 2020 klink net ... reg. Of dit so hoort... fast forward en die ding versprei en hy kom vir my, maar hy's Chinees en praat nie my taal nie en ... anyway ... nog 'n bietjie later ... middel-April en ek is lief vir my man, lief vir my huis, lief vir my kinders, lief vir Cyril, lief vir my "dear fellow South-Africans" ... ons kan weer gaan stap in die straat en mekaar groet en die werklik gretiges maak landsvlae aan hulle prêms vas en ons rol nie eens ons oë nie en ons brille wasem op maar dis oukei want ten minste haal die aarde weer asem en die voëls sing in Wuhan en die Venisiese kanale stink nie meer so erg nie en ons lag saam met ons president wat ook maar net mens is en ons wyntjies word klandestien afgelewer en ons was ons hande en ons dra ons maskers en we are the lucky ones en ons is almal in dieselfde bootjie ...

Ek praat gister met my vriendin wat ek begin Maart laas gesien het en sy sê "en ek weet almal sê ons is saam in hierdie ding en selle bootjie en al daai goed en ons is nie alleen nie, maar ... hoekom voel ek dan so alleen?! Dis dalk dieselfde storm, maar dis definitief nie dieselfde bootjie nie..."

Verandering is ongemaklik.

Ons hou daarvan om ons elkeen se custom made veranderings te kies. My haarkleur en -snit, my oorsese vakansie, 'n nuwe werk omdat die ou een my nie meer gepas het nie, 'n nuwe huis omdat my gesin uitgebrei het. Daai tipe veranderings.

Om te verander is nog ongemakliker.

"So gemaak en so gelat staan" en "Hou wat jy het" lyk soos die groot slagspreuke van hierdie tyd. Of miskien was dit eintlik maar altyd so en iets in die lug het dit net nou vir ons kom wys.

“We would rather be ruined than changed We would rather die in our dread Than climb the cross of the moment And let our illusions die.”

Woorde van W.H. Auden in sy gedig "The Age of Anxiety". Geskryf in kwarantyn? Gister? Nee, 1947.

Ons is so bang vir verandering omdat ons so bang is vir verander. Sielkundiges noem dit "die vampierprobleem". Ons is vasgevang in 'n lussie of 'n strop wat ons denke inperk: ek kan my nie indink hoe 'n ander (of eerder: 'n veranderde) weergawe van my gaan lyk nie want dieselfde vermoë wat ek inspan om my dit te probeer indink, kan eers al die inligting wat nodig is daarvoor verkry deur die getransformeerde self. Ek kan eers weet hoe ek gaan wees aan die ander kant daarvan as ek aan die ander kant daarvan is!

“Try not to resist the changes that come your way. Instead let life live through you. And do not worry that your life is turning upside down. How do you know that the side you are used to is better than the one to come?”

Rumi

En tog is dit hoekom ons hier is. Om al hoe meer te verander, om al hoe meer onsself te word. Baie van die lewe se grootste besluite sluit keuses in om ervarings te hê wat ons goed leer wat ons deur geen ander bron sou kon leer behalwe die ervaring self nie.

Waar is God ... in verandering? Miskien is dit hoekom Jesus so 'n groot voorstander was daarvan. En Paulus. En al die heiliges. "Bekeer julle" ... dis so seën ... as dit NIE gesê word deur iemand wat sy voorvinger rondswaai voor jou nie. Toestemming, nee meer as dit - 'n opdrag om van rigting te verander. Die Bybel is 'n boek van koersverandering, van mense wat midde-in chaos voor en met hulle God leef, wat heeltyd adapt or die ... wat weet niks hou stand behalwe verandering nie.

Want ek kan heeltyd na God gaan soek op ander plekke as dit goed gaan. As dinge stabiel is. Onveranderd. As Hy net die Onwrikbare Rots op die preekstoelbehangsel. As ek die ontwerper van my eie gekose veranderings is. As ek kan gaan reis, of myself reinvent ... wanneer die wêreld my speelplek is. Wanneer alles anders is as wat dit was, moet ek God gaan soek waar Hy nog altyd was ... Is ... sal wees ...

The Way It Is


There’s a thread you follow. It goes among

things that change. But it doesn’t change.

People wonder about what you are pursuing.

You have to explain about the thread.

But it is hard for others to see.

While you hold it you can’t get lost.

Tragedies happen; people get hurt

or die; and you suffer and get old.

Nothing you do can stop time’s unfolding.

You don’t ever let go of the thread.

William Stafford

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Stellenbosch:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe
| Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Kaapstad:

Pierre du Plessis | Kampusleraar: Kaapstad

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Kantoor: inviakaapstad@gmail.com

Alle regte voorbehou © InVia Gemeente 2020 |  ONDERSTEUN INVIA