top of page

Verslaaf: seks (by gebrek aan ‘n beter woord) …

28 minutes ago
12 min read


For An Addict

A Blessing


On its way through the innocent night,

The moth is ambushed by the light,

Becomes glued to a window

Where a candle burns; its whole self,

Its dreams of flight and all desire

Trapped in one glazed gaze;

Now nothing else can satisfy

But the deadly beauty of flame.


When you lose the feel

For all other belonging

And what is truly near

Becomes distant and ghostly,

And you are visited

And claimed by a simplicity

Sinister in its singularity,


No longer yourself, your mind

And will owned and steered

From elsewhere now,

You would sacrifice anything

To dance once more to the haunted

Music with your fatal beloved

Who owns the eyes of your heart.


These words of blessing cannot

Reach, even as echoes,

To the shore of where you are,


Yet may they work without you

To soften some slight line through

To the white cave where

Your soul is captive.


May some glimmer

Of outside light reach your eyes

To help you recognize how

You have fallen for a vampire.


May you crash hard and soon

Onto real ground again

Where this fundamentalist

Shell might start to crack

For you to hear

Again your own echo.


That your lost lonesome heart

Might learn to cry out

For the true intimacy

Of love that waits

To take you home


To where you are known

And seen and where

Your life is treasured

Beyond every frontier 

Of despair you have crossed.


- John O’Donohue

To Bless the Space Between Us: A Book of Blessings


It takes one to know one, dankie John O’D. Hierdie seën maak soveel gedagtes en beelde in my wakker. Ek dink aan Elizabeth Gilbert se boek All the way to the river waarin sy o.a. skryf oor haar eie seks- en liefdesverslawing en ek onthou hierdie sin so goed: “Addiction is giving up everything for one thing, while recovery is giving up one thing for everything.” Ek dink aan die vanselfsprekende beeld van die mot, wat deur die onskuldige nag vlieg en glad nie op soek is na moeilikheid nie en deur die lig verlei word, nie deur iets boos nie. En dan daai laaste twee strofes … die verlore seun wat ‘n gevangene van sy eie vryheid loop raak het en in sy eie wit grot tussen die varke moes opeindig om weer tot homself te kom en terug te keer na die ware intimiteit van liefde wat hunker daarna om ons huis toe te vat – huis toe, waar jy geken en gesien en steeds liefgehê word. 


Verslawing het baie gesigte en kan beskryf word as enige konsekwente gedragspatroon en denke wat ons genesing, heelheid, teenwoordigheid en om meer ons ware self te wees, belemmer. Hierdie gesigte kan verslawing in talle rigtings neem, sommige meer “op die neus” en skadelik as ander: alkohol en dwelms, koop (en soms verkoop), uithonger of ooreet, versorging en mede-afhanklikheid, godsdiens en rigiditeit, rassisme en dwepery, projeksie en skuld, oefen en werk, woede en mishandeling, oordeel en oordink, hebsug en alle vorms van geweld ens. ens. 


Sommige van hierdie verslawings ontvang openlike applous van die gehoor en ander sal die dorp se tonge so bietjie meer loskry, maar dit blyk dat die verslawing waaroor mense die meeste swyg en nie na die lig wil bring nie, te make het met seks. En dis ‘n moeilike een, iets waaraan dié van ons wat nie hierdie spesifieke verslawing het nie, dalk nie dink nie. Dis nie soos alkohol nie. Mens kan lewe sonder alkohol (al dink jy jy kan nie). Jy kan wegtrek as die bottelstoor oorkant jou huis is (alhoewel die eerste ding wat jy uit jou tas gaan pak, jy is , so…) Jy kan lewe sonder dwelms. Kosverslawing (te veel of te min) is bitter gekompliseerd – jy kan nie lewe sonder kos nie. Jy moet ook nie. Dis ‘n wonderlike ding. Dieselfde met seks- en liefdesverslawing. Jy kan nie totaal sonder verbondenheid met ander mense lewe nie. Dis ongesond. Hulle sê dan nou studies wys eensaamheid is net so sleg vir jou gesondheid as om 15 sigarette ‘n dag te rook. Ons het mense nodig, maar dis een van die mees tawwe dinge – om mense weer in volkleur te sien, as Godgeskape skepsels, en nie as jou secret stash waarvan jy jou volgende hit of fix moet kry nie.


In die briljante film Triangle of Sadness sit ‘n couple aan tafel by ‘n restaurant en wag vir mekaar om die rekening te betaal. Die spanning bou op om verskeie redes en wanneer die man ten einde laaste die olifant in die vertrek ‘n naam gee, sê die meisie: “But it’s so unsexy to talk about money.” 


Net soos oor godsdiens en seks. En tog is dit die maak-of-breek-goed. Dis diep onsexy om oor seks te praat. In die slaapkamer (dis mos nie iets waaroor mens práát nie, jy dóén dit – dit moet net vanself gebeur) en in die belydenisbooths. Mense sal baie goed erken voor hulle erken dat hulle op ‘n manier ‘n slaaf van seks is. Veral in die kerk, om vanselfsprekende redes. Baie van wat ons glo oor seks kan teruggeneem word na ons kinderjare en ons idees oor God en godsdiens. As jy grootgemaak is met die beeld van God as ‘n ou man met ‘n baard wat op ‘n wolk sit en staar na mense se geslagsdele om te kyk wie hy kan uitvang, gaan dit ‘n wesenlike invloed hê op jou seksualiteit en sensualiteit en hoe jy jou eie liggaam en dié van ander beskou. 


En as ons dan nou móét praat oor liefde en seks is die idee sowaar nie om jou nog meer skuldig te laat voel nie: die verdeeldheid teen die liggaam is ‘n skeiding van die  juiste krag wat ons in wording laat kom het. Dink vir ‘n oomblik hoe skadelik dit is: dat daar ‘n verdeeldheid of ‘n skeiding opgerig word teen dieselfde aksie waaruit ons elkeen voortgebring is. Die verwonding is diep. En die genade groter: Ronald Rolheiser vertel van ‘n man wat byna 20 jaar verslaaf was aan alkohol en seks. Hy het egter baie goeie beheer oor die res van die sy lewe gehad sodat niemand sou agterkom nie. Hy kon dit regkry om op ‘n uiters hoë vlak te funksioneer in sy professionele lewe en sy verhoudings het op die oog af in takt gebly, maar die dubbele lewe en die daaglikse angs het hom ingehaal. Na hy uiteindelik hulp gekry het en sober was vir 3 jaar was sy woorde “I see colour again.” En ek glo dis die groot uitnodiging van die evangelie. Dis nie ‘n uitnodiging na hierdie monotone wit-en-swart wêreld van wie’s reg en wie’s verkeerd nie. Dis ook nie ‘n vonnisoplegging van een of ander aard nie. 


Is jou liggaam nóg ‘n plek van slawerny en ingehoktheid of is dit ‘n vaartuig van bevryding? ‘n Tempel waarin aanbid word, gedans word, liefde gemaak word? Kan ons werklik glo dat ons liggame geskep is met dieselfde waardigheid as dié van Christus? 


God honored the Master’s body by raising it from the grave. He’ll treat yours with the same resurrection power. Until that time, remember that your bodies are created with the same dignity as the Master’s body. 


There’s more to sex than mere skin on skin. Sex is as much spiritual mystery as physical fact. As written in Scripture, “The two become one.” Since we want to become spiritually one with the Master, we must not pursue the kind of sex that avoids commitment and intimacy, leaving us more lonely than ever—the kind of sex that can never “become one.” There is a sense in which sexual sins are different from all others. In sexual sin we violate the sacredness of our own bodies, these bodies that were made for God-given and God-modeled love, for “becoming one” with another. Or didn’t you realize that your body is a sacred place, the place of the Holy Spirit? The physical part of you is not some piece of property belonging to the spiritual part of you. God owns the whole works. So let people see God in and through your body.


1 Cor. 6: 14-20 


Het ons werklik nodig gehad dat God dit fisies – soos die kinders sê: let-ter-lik – vir ons moes kom wys? Inderdaad. Dis hoekom die woord moes vlees word.


Dis ‘n lewe van kleur. ‘n Avontuur waarin God ons uitnooi om die wildheid, die energie, die potensiaal, die vrugbaarheid, die skeppingskrag wat opgesluit lê in liefde in sy volheid te kan ervaar.


Is dit nie elke mens se diepste verlange nie? Of ons dit nou wil erken, of selfs bewus is daarvan, of nie. Ons het ‘n ingebore behoefte na verbondenheid en eenwording met ander mense. Ons het ‘n behoefte om, gestroop en weerloos, voor ‘n mens of mense, wel eintlik die ganse mensheid, te kan staan en om nie skaam te wees vir die oë wat na ons toe terugkyk nie. Selfontsluiting en weerloosheid laat ons toe om deur die koue klankgrense van oppervlakkige ordentlikheid en “niceties” te breek tot in die vlammende domein van ware intimiteit.


Seks is ‘n ander woord vir hierdie verlangende uitdrukking na eenwording, na heelheid.  Seks is die Godgegewe wyse waarop ons tydens ons aardse bestaan ons verlange na die hemel, waar ons sonder skaamte kan wees, uitdruk.  


Dit is eintlik dat.


“Dit” kan een van die grootste gawes wees op die pad van heelheid en eenwording en bevryding van skaamte – om “dat” te kan sien, maar “dit” kan ook een van die grootste vorms van slawerny wees, ‘n valse god. Seks kan die soeke wees na iets wat vermis word, óf die uitdrukking van iets wat gevind is. 

 

‘n Leemte óf ‘n oorvloed. 


“Sex is not the search for something that’s missing. It’s the expression of something that’s been found. It’s designed to be the overflow, the culmination of something that has been found in each other. It’s a celebration of this living, breathing thing that’s happening between the two of them.” 


Rob Bell - Sex God: Exploring the Endless Connections Between Sexuality and Spirituality 


Dis ‘n tawwe een dié: hierdie menswees wat nie heeltemal dierwees óf engelwees is nie. Daar is soveel verwonding hierin. Dit word óf opgeblaas óf afgesny en albei is ewe seer. 


Voor kerk op Sondae, hou ek gou eers kerk saam met die ander lesers van die weeklikse blog op The Marginalian. Ek het die heel week nodig om te herkou daaraan. Maria Popova, die skrywer en samesteller daarvan, het onlangs die volgende beeld gebruik: In vele opsigte is liefde meer soos borduurwerk as pottebakkery (en as ek dieselfde beeld vir intimiteit of seks wil inspan is dit nie as gevolg van die baie voor die hand liggende naaldwerkverwysings nie). Hoekom? Jy maak ‘n gat om ‘n steek te maak. 


Wat as ons verwondbaarheid nie die teenoorgestelde van ons vermoë tot verbondenheid is nie, maar juis die plek waar verbondenheid moontlik word?

En wat as intimiteit nie beteken dat twee mense mekaar se gate moet toestop nie, maar dat hulle saam iets moois kan borduur, deur die gate?


“Intimacy is intimately related to our sense of having been wounded, and the startling intuition that my way forward into life, or into another person’s life will be through the very doorway of the wound itself. Intimacy invites me to learn to trust the way being wounded has actually made me more available, more compassionate and possibly more intimate with the world, by being opened in ways I never realised it was possible to be open…


Intimacy is always calibrated by the letting go of or the taking on of fear. Almost always our fear is experienced as an intimate invitation to understand and feel fully our particular form of wounded-ness .…


Intimacy finds its ultimate expression in all the forms of surrender human beings find difficult to embrace…


The need for intimacy in a human life and in a human social life is as foundational as our daily hunger and our never ending thirst, and needs to be met in just the same practical way, every day, just as necessarily and just as frequently: in touch, in conversation, in listening and in seeing, in the back and forth of ideas; intimate exchanges that say I am here and you are here and that by touching our bodies, our minds or our shared work in the world, we make a world together… Intimacy is our evolutionary inheritance, the internal force that has us returning to another and to the world from our insulated aloneness again and again, no matter our difficulties and no matter our wounds.”


David Whyte


Iemand wat borduur maak nie eers die lap heel voordat sy begin nie. Die kunswerk ontstaan juis omdat die naald die lap deurboor. Elke steek vereis 'n klein verwonding. Die naald moet deur die stof gaan. Daar moet 'n opening wees waardeur die draad kan beweeg, want sonder die opening kan die draad nie deurkom nie. Sonder die deurboring is daar nie 'n steek nie. En sonder die steke is daar nie 'n kunswerk nie.

Dit is 'n aangrypende beeld van menswees: Ons word nie noodwendig mooi ten spyte van die plekke waar ons oopgebreek is nie. Soms word iets moois juis moontlik deur die plekke waar ons kwesbaar geword het.


Die wond is natuurlik nie op sigself die kunswerk nie. Die wond skep ook nie vanself skoonheid nie. Wat saak maak, is wat ons met die draad doen. Want 'n naald kan ook skade aanrig. Nie elke verwonding is heilig of nodig nie. Nie elkeen wat deur ons wonde toegang tot ons kry, kom met liefde nie. Dis die onderskeid tussen seks en intimiteit. Seks kan die naald wees, sonder dat daar ooit 'n steek gemaak word. Ons leef in 'n wêreld waar mense op allerhande maniere toegang tot mekaar se liggame kan kry, sonder om noodwendig toegang tot mekaar se lewens te kry. Seks kan 'n vorm van kontak wees wat nooit werklik in verbondenheid verander nie.


'n Mens kan jou liggaam oopmaak sonder om jou hart oop te maak.

Jy kan fisies naak wees en emosioneel volkome geklee bly.

Jy kan iemand aanraak sonder om werklik deur daardie mens geraak te word.


En jy kan jou liggaam aan iemand gee, maar jou diepste self sorgvuldig buite bereik hou.

Dis moontlik om oor en oor die naald deur die lap te druk, maar nooit die garing (goue draad) deur te trek nie. Jy maak die gat, maar jy maak nie die steek nie. Dis die tragedie van baie kompulsiewe seksuele gedrag. Nie bloot dat daar te veel seks is nie. Maar dat daar soveel pogings tot kontak is, sonder dat dit die verbondenheid bring waarna die mens eintlik smag. Soveel aanraking, maar so min geborgenheid. Soveel blootstelling, so min werklike ken-nis. Soveel lywe, so min tuiskoms.


Die mens wat in 'n siklus van seksverslawing vasgevang is, soek moontlik nie net seksuele bevrediging nie. Dikwels soek daardie mens verligting van eensaamheid, angs, skaamte, leegheid of die vrees om nie genoeg te wees nie. Seks kan dan 'n manier word om vir 'n oomblik iets te voel wat soos intimiteit lyk, sonder die ontsettende risiko wat ware intimiteit vereis. Want ware intimiteit vra iets wat selfs moeiliker kan wees as om jou klere uit te trek. Dit vra dat jy jou wapens wapens neerlê – veral jou skild; dat jy jou verdedigingsmeganismes uittrek.


Dit neem lank om ’n mens werklik te leer ken – om die knope van die kostuum wat ons persoonlikheid is, een vir een los te maak; om die styfgetrekte veters van ons oorlewingsmeganismes los te ryg, totdat ons uiteindelik aan mekaar se kaal siel kan raak. Dis ’n brose en moeilike proses. Een vol angs en onsekerheid. Soms doodgewoon vreesaanjaend vir albei mense. Daarom vra dit soveel moed. Soveel weerloosheid. En die kosbare vrug van hierdie moeisame proses noem ons intimiteit.


“Daar is geen groter verskrikking as om werklik geken te word nie,” het Emerson in sy dagboek geskryf, terwyl hy self probeer sin maak het van sy diep en ingewikkelde verhouding met Margaret Fuller. Dis ‘n verskrikking wat ‘n soort wysheid in hom dra. Want dit weet: daar is min dinge so seer soos die pyn wanneer intimiteit verbreek word – deur verraad, deur afstand, deur die dood.


Papova skryf dan: Om daardie vrees te oorkom, om dit tog te waag om ’n ander mens tot in die diepte van sy siel te leer ken, en om self só geken te word, is ’n daad van geloof. Miskien die grootste geloofsdaad waartoe ’n mens in staat is. Want alle geloof vra dat ons onsself sal oorgee aan iets waaroor ons geen beheer het nie. Alle geloof begin by daardie benoude oomblik vóór die sprong. Daardie oomblik wanneer jou hart van vrees saamtrek, wanneer jy nie weet of daar iets is wat jou sal vang nie … en jy tog besluit om te spring.

Om te vertrou.

Om jou te laat ken.

Om lief te hê, sonder die waarborg dat jou hart nie gebreek sal word nie.


“To become intimate is to become vulnerable not only to what I want and desire in my life, but to the fear I have of my desire being met.”


David Whyte


Dit is die paradoks van verlange: Omdat verlange self ’n verslawing kan word, en omdat niemand wat vasgevang is in ’n verslawing dit ooit sommer wil prysgee nie — of dit sonder groot pyn en lyding kán prysgee nie — kan dit vreesaanjaend wees om jou oor te gee aan ’n intimiteit wat só diep vervullend is dat daar niks meer oorbly om na te verlang nie. Dit vra ’n byna ondraaglike weerloosheid.


En tog lê ons krag juis in daardie weerloosheid. Dáár lê ook ons vryheid: die vermoë om ’n verhouding te verander van ’n ketting wat ons uit afhanklikheid aan mekaar vasbind, na ’n dun, sagte draad van genade wat ons met mekaar verbind.


being in balance together

is not a fixed state

not a battle over differences

or bending to each other

but a slender cord of

grace between you – 

tough and elastic – 

steady and free


Is dit dalk waarna Genesis 2:24-25 verwys? Een vlees. Altwee naak. Nie skaam nie.


If you see me for who I really am, the me that no one else has ever seen, the me that I wouldn’t dare to show anybody else on the planet, the parts of me I’m not sure I want anybody ever to see, if I give you that kind of glimpse into the seat of my being, into my soul, will you still love me like you do now?


It’s our question for each other, and it’s our question for God.


This is why sex is always about something bigger than itself.  It’s two people, in their unconditionally loving embrace of each other, showing each other in flesh and blood what God is like. These two are naked and they feel no shame.


It’s easy to take off your clothes and have sex.  People do it all the time.  But opening up your soul to someone, letting them into your spirit and thoughts and fears and future and hopes and dreams … that is being naked.


Rob Bell




Mag die bome groen bly

en die sterre wit

Mag daar altyd mense wees

wat mekaar sonder skaamte 

in die oë kan kyk.

want die lewe is ‘n asem lank

en die sterre op die Anderplek donker.


Breyten Breytenbach


- Frieda van den Heever


bottom of page