top of page

Verskuilde Verslawings: Wanneer is ek verslaaf?



Die volgende paar weke gesels ons oor verskuilde verslawings. Die tema is moeilik. Nommer een, ons gesels oor iets wat wegkruip en wat jy nie kan sien en ook nie van bewus is nie. En tweedens dra die woord ‘verslawing’ ‘n stigma.


“What the ego hates more than anything else is to change—even when the present situation is not working or is horrible. Instead, we do more and more of what does not work, as many others have rightly said about addicts. The reason we do anything one more time is because the last time did not really satisfy us deeply."


“We would rather be ruined than changed,

We would rather die in our dread

Than climb the cross of the moment

And let our illusions die.”


W. H. Auden (1907–1973)



Tog is verslawing deel van die menslike kondisie. Ons almal is verslaaf aan iets. Dit is net die graad van verslawing verskil. Daar is baie definisies van verslawing en almal dui op een belangrike kondisie: Oorgawe of toewyding aan iets of iemand wat my lewe beheer.


Verslawing word binne ons huidige kultuur genormaliseer en ook aangemoedig. Die alkoholis word verafsku maar die werkoholis word beny as statussimbool. Elke produk belowe ‘n “thrill” en plesier en lyding word gesien as ‘n aanslag van die duiwel.



“You're addicted to thrills? What an empty life! The pursuit of pleasure is never satisfied.”

- Prov 21:16-18 (Msg)



Ons gesels Sondag oor die oorsprong van verslawing en gaan kyk na wat dit presies is. Dit is geen openbaring nie. Daar is twee groot bronne. Die een my verlange en begeerte na geluk en plesier en tweedens is verslawing soms my antwoord op die pyn waarmee ek loop.


Hopelik kan ons die volgende paar weke nuut kyk na godsdiens, mensverslawing, seks en kos.


Onthou Sondag verwelkom ons die nuwe Bergskoolkinders wat hierdie jaar hulle lewensoorgang gedoen het en vier ook ons tien jarige bestaan van Bergskool!



- Deur Theo Geyser


bottom of page