top of page

VERGIFNIS - Wanneer het ek ophou sing?



Antjie Krog het op 21 September 2004 in die Hebbel Teater in Berlyn ‘n toespraak gegee met die titel: “African Forgiveness – too sophisticated for the West”. Sy slaan die spyker op sy kop. Vergifnis word ‘n doring in die vlees vir die meeste bewegings wat hulle beywer om goed te doen. #BlackLivesMatter en #MeToo word stil of ongemaklik wanneer vergifnis die sakelys haal. Vergifnis word gesien as fundamentalisties en naïef. Dit vernietig verantwoordbaarheid en versterk die oortreders se gedrag. Piet Croucamp het verlede week ‘n artikel oor vergifnis geskryf en sê: “Vergewe is niks anders nie as doelbewuste misleiding met die doel om te vergeet.”

Daar is ‘n goeie rede waarom vergifnis besig is om uit die weefsel van ons samelewing te verdwyn. Tim Keller sê dat veral twee goed alles verander het. Eerstens, ons lewe nou in ‘n terapeutiese kultuur waar slegs individu reg is en geldend is en waar alles oor nou oor persoonlike regte gaan. Dit gaan oor selfbelang en nie die belang van die gemeenskap nie. Tweedens is daar ‘n nuwe eer en skaamte kultuur wat besluit wie geëer en wie gestraf moet word. #CancelCulture doen dit baie goed. Die probleem is die eer word slegs gegee aan die wat slagoffers is of was. Maatskappy moet alle mense gelyk hanteer, maar slagoffers kry die eerste keuse. Ons veg vir ‘n nuwe status om ‘n slagoffer te wees. Die groter probleem dan is dat ek nie my slagofferskap kan laat gaan nie. Petrus se woorde “die liefde sal ‘n menigte sonde bedek” beteken niks, want dan kan die slagoffer sy status verloor.

Die Psalms gee vir ons vensters op hierdie dilemma. Piet Croukamp is ook reg, vergifnis kan goedkoop word en ook ‘n doelbewuste misleiding van onsself en ander. Beteken vergifnis om te vergeet? Nee. Beteken vergifnis versoening? Nee. Vergifnis is eerder ‘n handeling wat ons bewustheid nodig het om ons wraak oor te kan gee aan God en verlos te word van die voordele wat ons dink ‘n slagoffer op geregtig is.


Nelson Mandela was reg toe hy gesê het: “When a deep injury is done to us, we never heal until we forgive”.


- Deur Theo Geyser

bottom of page