Skop die donker tot dit daglig bloei
- 44 minutes ago
- 9 min read

"God is doing new things, Jesus proclaimed, but only those with new minds and hearts can see a new world breaking through the cracks of the old."
Ilia Delio, The Hours of the Universe
Sondag begin die week van Pinkster. Pinkster word beskou as die verjaardag van die Christelike kerk en die begin van die kerk se sending na die wêreld. Dit vier die dag wat Jesus se volgelinge die Heilige Gees ontvang het.
In Jesus het die Woord vlees geword en kon gewone sterflinge God van aangesig tot aangesig ontmoet, aanraak, belééf. God in vlees en bloed. Dit was nie die geval in die Ou Testament nie. Daar is trouens geglo dat niemand God sou kon sien en bly leef nie. Niemand behalwe 'n man wie se naam bedrieër en plaasvervanger beteken het nie. Jakob Regop. Toe worstel hy een nag met God en hy weier om handdoek in te gooi voor God hom nie seën nie. In Bruce Cockburn se woorde (uit die song Lovers in a dangerous time): hy’t geskop na die donker tot dit daglig begin bloei het. Toe word hy Israel Nie-Meer-So-Regop-Nie. Die original hipster. Maar 'n heupvervanging, of 'n mank heup, is sekerlik 'n klein prys om te betaal om God te kan sien. Om van Broer Bedrieër herdoop te word na Vader Jakob.
Want die mense wat gebore is uit Jakob - die vrug van sy lendene - sou geen gewone mense wees nie. Hulle sou geroep word om nie net pionne in die groot bloederige clash van antieke beskawings te wees nie, maar vegters self - medeskeppers van die bestemming van God se kinders. Aan hulle sou nie die luuksheid toegelaat word om net eenvoudig in te blend in die kulture wat hulle omring nie; hulle sou 'n eindelose agon – 'n geveg tussen die fisiese en die geestelike, die aardse en die hemelse – moes voer. En uit hulle lendene sou daar, op sy beurt, nog 'n groep warriors verrys, 'n groep wat toegewyd is aan 'n groot en mistiese roeping: om in die wêreld te wees, maar nie van die wêreld nie.
Vir honderde jare, het die vervolgde, sukkelende Christelike kerk moes opstaan teen die aanvaarde praktyke van die Romeinse kultuur rondom hulle. Maar 'n dag het gekom wat daardie selfde Kerk verrys het om self die sentrale krag te word en toe kom 'n nuwe uitdaging: die versoeking om selfvoldaanheid en slapgattigheid te omhels, om op hulle louere te rus, om die voordele van in beheer te wees ten volle te geniet. Ek vermoed dis vandag nog meestal die geval. Alhoewel die Kerk groot uitdagings in die gesig staar in hierdie tyd, leef ons nog steeds binne die raamwerk van gerief en gemak wat die vorige bedeling aan ons oorhandig het. Op 'n silwer skinkbord.
Ons het weer spreekwoordelike stoeiers nodig. Wat eers met hulle eie binne-versoekings stoei en dan ook met die eksterne Filistyne. Agonistes. Stoei in Liefde, natuurlik. Om ons eie gedagtes te herdink en idees wat so lank as vanselfsprekend aanvaar is, te heroorweeg - om diep te delf in die aannames waarop ons rus. Om, soos Jakob na sy onderonsie, volkome te kon vereenselwig met St. Hildegard von Bingen se gebed:
O Eternal God, now may it please you
to burn in love
so that we become the limbs
fashioned in the love you felt
when you begot you Son
at the first dawn
before all creation.
Iemand beskryf hierdie ontmoeting so: "A man was left wounded, but intact."
Gewond, maar heel. Beseer, maar ongeskonde.
So hinkepink en tog so pinkster.
Presies soos pinkster met die dissipels gemaak het. Voor die uitstorting van die Heilige Gees was hulle bloot dissipels en word hulle altyd baie menslik uitgebeeld in kunswerke. Na Pinkster word die dissipels apostels en word hulle geteken met stralekranse. Die verlies (aan Christus) moes hulle aan die een kant verlam, ontwortel, gekraak laat voel het en tog het Jesus dit oor en oor in hulle koppe probeer kry dat ten einde 'n nuwe verbeelding te kan omhels, moet die ou een eers ontrafel.
Richard Rohr skryf: "Dink aan jou eie ervaring. As jy 'n kraak sien (soos in jou huis of in jou vel - lees: plooi), wat is jou eerste instink? Druk die stukke weer saam en patch dit. Uiteindelik kom 'n kontrakteur met die slegte nuus: daar's diep skade hier en as jy dit nie aanspreek nie, gaan die hele struktuur fundamenteel meegee. Jy sug en onderhandel." Rohr sê dan verder: "Ek weet nie van jou nie, maar ek het 'n verrassende kapasiteit om myself te mislei voor ek erken hoe stukkend die struktuur is. Met genoeg duct tape en tou, kan enigiets terugkeer na normaal. Maar dis soos om die dekstoele van die Titanic rond te skuif terwyl die orkes al "Nader my God" begin speel."
Hierdie is so 'n tyd vir die Kerk en vir elkeen van ons. 'n Kerk en mense wat teruggebring word op hulle knieë deur ontwrigting en agteruitgang mag dalk net 'n minder arrogante en aanmatigende kerk wees. Dit mag minder illusies hê oor sy eie mag en beheer. Dit mag weer nuuskierig word. So 'n kerk mag dalk minder gewillig wees om kragte saam te span met empires en magte wat die kerk vir 'n lang tyd gedefinieer het. Ons mag dalk uiteindelik erken hoe erg ons die ware krag en wysheid van die Heilige Gees nodig het. Dis 'n kerk waarmee God kan werk.
Ek glo vas dat hierdie 'n tyd is waarin ook ons – Christus se liggaam – ontwortel vóél en terselfdertyd diep gegrond ís. Onvas op ons voete én styf teen (lees:ín) God se bors.
Gewond én verwonderd.
Kan God 'n cheater, 'n trickster, 'n skiet-eerste-vra-later-vrae verrotte ou skurk gebruik om 'n heilige ambassadeur op aarde te wees? Enter Jakob. Die vervanger, die ou hakskeen. Die hakskeen in boks is die bad guy, die ou wat die gehoor love om te haat, wat hom uitjou. Dis onmoontlik om Jakob se aksies en besluite te verdedig, hy't geen scruples nie. En tog, NOGTANS, en dis hoekom hy baie mense se gunsteling Bybelkarakter is: ons hoef nie een of ander lakmoestoets van geloof te slaag vir God om ons te gebruik nie. God sien die rowwe kante, die krake en gryp ons in elk geval aan. GENADE. As God vir Jakob kon gebruik, hom as't ware transfigureer, kan Hy my en jou gebruik.
Want hoe is ek anders as Jakob? Hoe baie maak ek op myself staat om myself en my familie veilig en gemaklik te hou? En deur dit te doen, hoe raak my aksies ander mense? Dis in oomblikke van ware krisis – 'n kind wat voor jou oë verdrink, 'n familielid of vriend wat doodgaan, 'n verhouding wat verkrummel – wanneer ons agterkom hoe ver ons eie pogings ons bring. Dis wanneer God ons frustrasies met ons lewens, ons gestoei met hom, ons mislukkings aangryp en MET ons is.
So: hoekom draai ons nie elke dag na God toe nie? Hoekom maak ons op onsself en ons eie kragte staat tot ons eie probleme ons oorweldig? Die antwoord lê in Jakob se heup. ‘n Ontmoeting met God het gevolge. Wie wil kruppel wees? Wie wil hinkepink deur die lewe gaan? Wie wil nie eerste oor die wenstreep wees nie?
Hoe nader ons aan God is, of eerder: hoe nader ons God toelaat aan ons, hoe moeiliker raak dit om die goed te doen wat ons DINK ons sal laat floreer, laat wen, in die wêreld.
In haar boek Accidental Saints skryf die Lutheraanse pastoor, Nadia Bolz-Weber, hoe 'n toegewyde jong student haar gevra het, "Pastor Nadia, what do you do personally to get closer to God?" Voor sy nog kon besef sy sê dit, sê sy toe: "Wat? Niks. Klink vir my soos 'n terrible idee, om te probeer om nader te kom aan God." Die helfte van die tyd hoop ek God wil my net uitlos. Om nader te wees aan God, mag beteken dat ek gesê word om vir iemand lief te wees waarvan ek nie eens hou nie, of om nog van my geld weg te gee. Dit mag selfs beteken dat ek moet laat gaan van 'n plan of 'n idee of 'n droom wat my na aan die hart lê.
Ons kan kies om God op 'n afstand te hou tot ons Hom regtig nodig het. Of ons kan kies om te antwoord op God se liefde ten spyte van, te midde van, die gevolge vir ons. Daai keuse mag ons laat bewe in ons broeke, maar dit maak 'n hele nuwe wêreld oop, een wat ons nooit sou kon ervaar as God ons alleen gelos het nie. Want soos “A course in miracles” leer: NOTHING REAL CAN BE THREATENED.
En dan verwoord Nadia Bolz-Weber so mooi hoe hierdie nuwe wêreld lyk. Sy skryf dat, te midde van al haar mislukkings, God iets moois deur haar doen wanneer:
sy so gekonfronteer word met die genade van die evangelie dat sy nie haar vyande kan haat nie; sy nie regkry om iemand anders se tekortkominge te veroordeel nie omdat haar eie te veel in die pad is; sy getuie moet wees van iemand anders se pyn ten spyte van haar eie behoefte om alleen gelos te word; sy vergewe word deur iemand selfs al verdien sy dit nie omdat haar vergewer net so vasgevang is in die "val" van die evangelie; traumatiese goed gebeur in die wêreld waarvan sy nie kan sin maak nie en sy elke week 'n gemeenskap het wat saam met haar rou en bid; sy veranderd gelaat word deur iemand lief te hê wat sy nooit uit 'n katalogus sou kies nie maar wat God oor haar pad gestuur het om haar iets te leer van Sy liefde.
En dit mag dalk die moeite werd wees om 'n heup uit sy potjie te kry.
Pinkster is 'n her-innering dat wanneer ons aanbidding afgesny is van geregtigheid en net 'n ritueel is waardeur niemand verander nie, wanneer ons lewens meer op ons bankrekening as op ons God staatmaak, wanneer ons godsdiens in diens staan van ons eie behoefte aan cozy en veilig wees, wanneer ons Jesus se ongetemde, radikale boodskap vervorm om ons kerkprogram te dien, dan "verloor" ons die teenwoordigheid van die Gees. Wanneer ons so set is in ons ways maar daai ways nie enige verandering in kop en hart bring nie, skree ons ongeregtigheid harder agter ons gemaklike gelofies aan as enigiets anders.
Pinkster is 'n oproep vir die kerk om in die volle krag van die Gees te lewe. Nie in die krag van begrotings, programme, persoonlike vrede of 'n soort verbruikers-selfaktualisasie nie. Dis 'n oproep om ons binne- en buiteselwe bymekaar te bring - dis integriteit, soos die profeet Miga ons herinner het: "Wat vra die Here van jou anders but to do justice, to love kindness and to walk humbly with your God."
Om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God.
En hoeveel ootmoediger kan mens loop as juis met 'n mank heup?
recently
when my heart
got shattered
everyone shared with me
this Leonard Cohen quote:
"Ring the bells that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything
That’s how the light gets in."
that line saved my life
a hundred thousand times
but these days
I think I've started
to believe
something else
I'm not sure
that it took me
becoming broken
before the light got in
I think
it was already there
my love,
let me try to expain
it took me falling apart
to finally come together
it took me breaking down
to become the breaking dawn
it took me falling to my knees
to transform my blood into helium
my love,
I don't think that I
start living
until I almost died
and that happened
once I learned
that the source of
the light wasn't outside
of me
the luminance was
inside of me the whole time
since the moment
I emerged from
the nothingness
a seed of everlasting
light was already planted
deep in my soil of my soul
I've been living with a newborn
sun hidden under my ribs
my heart has been a cradle
of blazing hope since birth
the thing is,
I can't believe I didn't
feel the burn until recently
and now that my heart
has been smashed
it's been revealed that
the light inside of me
isn't so newborn anymore
my inferno has found its legs
and is ready to go chase shadows
so, with all respect to Leonard,
I don't think the crack let the light get in
I think my broken heart
helped the light get out
and every time our heart beats
we let a little of the light slip out
our lives are in a perpetual state
of daybreak
we, the members
of the shattered heart club
we, the children
of the neverending dawn
we have always been more starlight
than streetlight
the light we are seeking
is already here
you can feel it
I know you can
the heat is rising up
under your chest
it's pouring out of
your fractured heart
and the shadows
have never been more terrified
John Roedel
- Frieda van den Heever




