top of page

Die vyeblaar van perfeksie

  • 3 hours ago
  • 8 min read

Ons het nou die dag by vriende gekuier. My vriend vra, “Kan ek vir jou pizza met salami op maak?” Ek antwoord, “Ja, dankie, dis perfek.” Everhardt, hulle sewejarige, roep my dadelik eenkant.  Tannie, ons sê nie daai woord in ons huis nie.” Ek is onkant gevang. Het ek nou (weer) per ongeluk gevloek, wonder ek. “Everhardt, wat het ek gesê, skat?” “Tannie, jy’t gesê (en hy begin klank) p-e-r-f-e-k. Ons mag nie daai sê nie. Dis eintlik iets wat nie regtig bestaan nie.” Wind uit my seile. Asem in my siel.


Nog ‘n storie. ‘n Oorvertelde een dié keer.


Daar was ’n ou man wat in ’n dorpie in Indië gebly het. Elke oggend het hy ’n lang stok oor sy skouers gesit, met ’n waterpot aan elke kant, en dan het hy kilometers ver geloop na die rivier toe om vars water vir sy familie te gaan haal. 


Die twee potte was nie dieselfde nie. Die een het ’n klomp klein krakies in sy kant gehad en daarom het hy gelek. Die ou man het albei potte by die rivier vol gemaak, maar teen die tyd wat hy by die huis gekom het, was die gekraakte pot net half vol – die water het langs die pad uitgeloop.


Mettertyd het die gekraakte pot al hoe meer verleë begin voel omdat hy nie sy werk behoorlik kon doen nie. Op ’n dag, terwyl die ou man weer die potte by die rivier volmaak, praat die gekraakte pot met hom.


“Ek is jammer. Ek voel so skaam dat ek nie my werk so goed soos die ander pot kan doen nie.”

Die ou man glimlag en sê: “Vandag, op pad huis toe, wil ek hê jy moenie uit skaamte afkyk nie – kyk eerder op na die kant van die paadjie.”

Die gekraakte pot het huiwerig ingestem. Toe hulle van die rivier af wegstap en op die paadjie kom, kon hy nie sy oë glo nie.

Aan sy kant van die pad was daar ’n pragtige ry blomme.

“Jy sien,” sê die ou man, “ek het nog altyd geweet van jou krake, so ek het blomsaadjies langs jou kant van die paadjie geplant. Elke dag het jy hulle natgemaak sonder dat jy dit eers besef. En nou pluk ek hierdie blomme en deel hulle skoonheid met die hele dorp.”


Ek het nog altyd gedink daar’s ‘n slang in die gras as ek hierdie woorde van Jesus raaklees of hoor uit iemand se mond: "Be ye therefore perfect, even as your Father which is in heaven is perfect.” Die Afrikaans het my met bietjie meer vrede gevul, maar steeds het daar iets geskort: "Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.


Tot ek die oorspronklike betekenis opgespoor het. Dis nie “perfek” nie. Dis “heel”. Dis eintlik nader aan “kompleet” of dit wat ons bedoel as ons sê iemand het integriteit. Integer of integral beteken heel, kompleet; in sy onbeskadigde, onvervalsde, onverminderde, suiwer, egte, waaragtige, opregte vorm.


Die Message-vertaling van die einste Matteus 5:48 lui so:


“In a word, what I’m saying is, Grow up. You’re kingdom subjects. Now live like it. Live out your God-created identity. Live generously and graciously toward others, the way God lives toward you.”


Richard Rohr skryf dat ‘n beter vertaling van “Wees perfek” in hierdie konteks sou wees, “Wees barmhartig.” Net God is volmaak, maar ons kan deel in God se volmaakte barmhartigheid, in Sy allesinsluitende en onpartydige liefde. St. Bonaventure het gesê, "Christ is the one whose center is everywhere and whose circumference is nowhere." Dis die Heelheid wat jou vashou. Jy kan dit nie rasioneel bereken of beheer nie. Al wat jy kan doen is om te val in hierdie Heelheid wat jou vashou as jy ophou om uit te sluit, selfs die donkerste dele van jouself.

 

“Feeling compassion for ourselves in no way releases us from responsibility for our actions. Rather, it releases us from the self-hatred that prevents us from responding to our life with clarity. The only real perfection of which humans are capable is to include, absorb, forgive, and transform human imperfection. Humans are conduits and transformers much more than self-sufficient generators. Such is the character of a whole (and holy) human being.”


Fernando Pessoa het insig hierin openbaar toe hy hierdie geskryf het:


To Be Great, Be Whole


To be great, be whole:  don’t exaggerate

Or leave out any part of you.

Be complete in each thing.  Put all you are

Into the least of your acts.

So too in each lake, with its lofty life,

The whole moon shines.


Thomas Merton het gesê, “There is in all visible things … a hidden wholeness.” 


As Parker Palmer kommentaar lewer hierop, bly hy nugter én hoopvol:


“Merton’s words can, at times, sound like wishful thinking. Afraid that our inner light will be extinguished or our inner darkness exposed, we hide our true identities from each other [and] become separated from our own souls. We end up living divided lives, so far removed from the truth we hold within that we cannot know the integrity that comes from being what you are.


Wholeness does not mean perfection: it means embracing brokenness as an integral part of life. Knowing this gives me hope that human wholeness – mine, yours, ours – need not be a utopian dream, if we can use devastation as a seedbed for new life.”


Ek het onlangs ‘n podcast geluister en die gas het iets gedeel wat my bygebly het. Hy is ‘n wetenskaplike wat “awe” (verwondering) bestudeer. Interessante werk, né. Hy sê toe dat verleentheid as emosie die ding is wat die meeste vertroue by jou medemens inboesem. Om te bloos. Die kapasiteit om verleë te voel. Die dinge wat ons probeer wegsteek of bedek omdat ons dink God en mense sal ons nie kan liefhê as hulle dit sien of weet nie, is juis hoe ons wegkruip vir liefde. 


Die Psalmdigter het dit, soos ons weet, op die harde manier geleer.


What you’re after is truth from the inside out.

Enter me then; conceive a new, true life.

God, make a fresh start in me;

shape a Genesis week from the chaos of my life.

Don’t throw me out with the trash,

or fail to breathe holiness in me.

Going through the motions doesn’t please you,

a flawless performance is nothing to you.

I learned God-worship 

when my pride was shattered.

Heart-shattered lives ready for love

don’t for a moment escape God’s notice.


Psalm 51 – MSG


Die ou Afrikaanse vertaling sê dit so mooi:

Wees my genadig, o God, na U goedertierenheid.

Kyk, U het ‘n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees.

Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!




Spare me perfection. Give me instead the wholeness that comes from embracing the full reality of who I am, just as I am. Paradoxically, it is this whole self that is most perfect. As it turns out, wholeness, not perfection, is the route to the actualization of our deepest humanity.


David Benner, Human Being and Becoming


Mona Marais het by ‘n retreat wat ek gelei het Mary Oliver se bekende gedig so vertaal:


Wildeganse


Hou op om so hard te probeer goed wees.

Jy hoef nie die hele Namib op jou knieë 

te deurkruis terwyl jy om vergifnis smeek nie.

Die sagte dier van jou menslyf is gemaak

                     om lief te hê wat jy liefhet.

Vertel my van jou wanhoop, joune, en ek vertel jou myne.

Intussen gaan die wêreld aan.

Intussen beweeg die son en die helder reëndruppels

oor die landskappe,

oor die vlaktes en diep woude,

die berge en riviere.

Intussen is die wildeganse hoog in die skoon blou lug

op pad huis toe.

Wie jy ookal is, hoe eensaam ookal,

die wêreld bied homself aan vir jou verbeelding – 

roep na jou

soos die wildeganse,

kras en opwindend

oor en oor 

kondig hulle jou plek aan

in die familie van alle dinge!


Ons kan nie behoort – waarlik liefhê en liefgehê word – as ons wegkruip agter die vyeblare van perfeksie nie. Ons sal altyd soos “imposters” voel en nooit ons plek “in die familie van dinge” ontdek nie as ons net ons blinkgevryfde dele vir mekaar wys. Ons kan net te bowe kom wat ons insluit. 


Die verdeelde lewe maak sy opwagting in vele gedaantes en vorms:

Ons weier om onsself te belê in ons werk; so boet ons kwaliteit in en verwyder onsself van diegene wat gedien behoort te word deur ons werk.

Ons “maak ‘n lewe” in beroepe wat ons basiese waardes aantas, selfs wanneer oorlewing dit nie absoluut noodsaak nie.

Ons bly in omgewings en verhoudings wat ons stadig van binne af opeet.

Ons huisves geheime om persoonlike voordeel te trek uit ander se skade.

Ons steek ons oortuigings weg van dié wat nie met ons saam stem nie ten einde konflik, uitdagings en verandering te vermy.

Ons bedek ons ware identiteite uit vrees vir kritiek, verwerping of aggressie.


By InVia probeer ons om ruimtes te skep vir heelheid, vir heling. Die reis na binne, en na ‘n onverdeelde lewe, is net soms SO vreesaanjaend, so vreemd, so teen die tyd waarin ons lewe, dat ek getuies en gidse en gemeenskap nodig het om my siel in my midde, in ons midde, te verwelkom. Om haar te roep, sag, vol liefde, sonder agendas (nie eens my eie transformasie nie!), met deernis, respek, openheid, nederigheid en kwesbaarheid.


Dis sekerlik ‘n vlugtige blik op hoe die “rejoining of soul and role” waarvan Parker Palmer skryf, moet voel. Daar op die plek waar my “onstage performance” en my “backstage self” een word. Al is dit vlietend en vlugtig. Waar ek uiteindelik ‘n onverdeelde – ‘n HEEL lewe – kan lei. Is dit wat Paulus bedoel? Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.


Ek begin wonder of ons nie sentimeter vir sentimeter, sirkel vir sirkel, stilte vir stilte, sekonde vir sekonde, hierdie gaping tussen ons siel en ons wiel – “dis hoe ons rol!” – kan nouer maak nie. Die afstand tussen dit wat regtig diep in my en dit wat ek en wat ek wil . Miskien is dit integriteit. Nie een of ander morele kode wat ge”crack” moet word of status wat verkry moet word om die hiernamaals te verdien nie.


Ek verlaat altyd ‘n sirkel met ‘n wip in my stap. Ek is nie perfek nie, ek is nie genees nie, ek het nie “gearriveer” nie, maar ek het gehoor. Ek IS gehoor. My siel is verwelkom “in die wildernis”, nie verwilder nie. Ek voel ligter en verligter. Ek het uitgekom voor ek uitgevang is, ek wat ‘n stewige klap van die “Imposter Syndrome” weg het.  Ewe skielik voel Thomas Merton se waarneming dat daar in alle dinge – ook in my – ‘n verborge heelheid is, nie so verregaande nie. 


Dis ons grootste vrees en ons diepste begeerte. Ek het dit onlangs weer ervaar by Francois se show toe ‘n skare (amper hand op die bors, soos ‘n volkslied), saam bely:

“Ek lê my wapens neer … vanaand vir die eerste keer … sien ek myself in jou oë … ek het hierdie oorlog verloor … ek het genoeg gegee, ek het genoeg geskree, ek het lankal terug geleer maar nog steeds het ek probeer vlug soos ‘n verraaier van dit wat my vashou … daar was monsters in die donker … toe vind ek jou …

ek sweer … geen pretensie … geen beheer …”


Heilsaam.  

Heel.  

Saam.


“In our yearning to be perfect, we have mistaken perfection for wholeness. We think we cannot love ourselves until we and others meet some external standard. Depression, anxiety—in fact, most neuroses and compulsions—are ultimately a defense against loving ourselves without condition. We are afraid to look at the damp, dark, ugly yet exquisite roots of being that stretch deep into our survival chakra. We are fearful of finding that the spirit is not there, that our Home is empty, even as our outer home is empty. Yet it is in that place of survival that spirit longs to be embodied so that the whole body may become light. Ego wants to be the god of our own idealized projection; spirit wants to be incarnated in our humanity where it can grow in wisdom through experience … To strive for perfection is to kill love because perfection does not recognize humanity."


Marion Woodman


Dankie, Everhardt. Ek het ‘n nuwe vloekwoord aangeleer en hy sê glad nie lekker nie.


bottom of page