top of page

Ongetem: In Pas met God se stem

  • 12 hours ago
  • 4 min read

“There is not in the world a kind of life more sweet and delightful, than that of a continual conversation with God; those only can comprehend it who practice and experience it; yet I do not advise you to do it from that motive. It is not pleasure which we ought to seek in this exercise; but let us do it from a principle of love, and because God would have us do it.”

 Brother Lawrence


Is dit regtig verwaand om te glo dat God met jou kan praat — Of is dit dalk méér verwaand — om jou hele lewe te leef sonder om werklik na God te probeer luister? Ons sukkel om te sê: “Ek dink God lei my,” want niemand wil klink soos iemand wat dink hy hoor stemme of spesiale boodskappe nie. 


En baie mense het al seergekry deur verkeerde “God het gesê”-stories. 


Maar daar is ook ’n ander gevaar: om so selfversekerd te raak dat God se stem oorbodig in jou lewe is.  Ek onthou hoe ek, toe ek jonger was, mense bewonder het wat met soveel sekerheid kon sê: “God het vir my gesê…” Maar as ek eerlik is, het ek ook half skuldig gevoel. Want dit het nooit só met my gebeur nie. Nie daardie duidelike stem of sekerheid waarvan mense gepraat het nie. Ek het gedink daar is iets fout met my geloof. Of dalk luister ek verkeerd. Ek vermoed as Dallas Willard my geestelike begeleier was, dink ek hy sou waarskynlik gesê het: “Miskien hoor jy God al baie lank. Jy het net nog nie geleer hoe Sy stem in jou lewe klink nie.” 


 Dit is die vreemde troos van sy boek Hearing God: dat mense nie buite God se gesprek leef nie; ons verstaan dikwels net nie die taal waarin Hy praat nie. 


Psalm 50 maak dit duidelik: God se stem werk nie op skedule nie. Dit is nie af en toe ’n sein tussen die geraas nie — dit is konstant. Van die eerste lig tot die laaste skadu roep Hy. “Die God van die gode, die Here, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son tot sy ondergang.” Ps 50:1 En Jesus bring dit nader aan die been: jy leef nie net van brood nie, maar van daardie aanhoudende stroom woorde wat uit God se mond vloei.  “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”  Mat 4:4.  ‘It takes more than bread to stay alive. It takes a steady stream of words from God’s mouth” Matt4:4 (Msg). Die Eugene Peterson-vertaling is besonder mooi — dit vang iets van die Griekse grammatika vas: die woorde wat voortdurend, lewendig, nou uit God se mond vloei. 


En tog bly die vraag: hoekom is dit so moeilik om dit te hoor? 


Daar is nie ’n maklike antwoord nie. Miskien omdat dit deel is van wat dit beteken om mens te wees — met ’n hart wat homself maklik mislei, soos Jeremia 17:9 sê: "Die hart is bedriegliker as alle dinge." 


Die geestelike reis nie weg van die hart af nie, maar juis daarheen: nader, dieper, eerliker. Want dit is daar waar die stem begin opklink. God gee ook nie net leiding van buite af nie. Hy gee denke, helderheid, die vermoë om te onderskei en te kies. Hy werk nie met marionette nie, maar met mense wat saam kan dink, saam kan leef. Daarom noem die Bybel ons medewerkers.  


Sondag gaan ons kyk hoe ’n mens jou hart leer lees — hoe jy dit navigeer sonder om elke impuls as God se stem te beskou. Die hart is nie iets wat jy eenvoudig bestuur nie. Jy gee dit oor. En in daardie oorgawe begin iets stadig ontvou — ’n fyn herkenning van Sy stem. 


Ek en my broer praat gereeld. Ek hoef nie elke keer te wonder of dit hy is wat praat nie. Ek ken sy stem. So is dit ook met God. 


Dit is nie ’n toets wat jy moet slaag nie, maar ’n verhouding wat jy leef. 


Jy leer Sy stem ken deur tyd, deur nabyheid, deur eerlike omgang.



Prayer is an honest exchange between people who are doing things together. God and I are working together, and I need to invoke his power in that activity. Joint activity is a key to understanding how conversation flows. … In such conversations we also talk about other things besides what God wants done today. We talk about what is happening, what is interesting or what is sad. Most conversation between God and humans is to help us understand things.” Dallas Willard.


“Hearing this divine but small voice is what lies at the heart of a relationship with God. One who hears God’s voice is operating from the foundation and framework of all reality, not from the fringe.”  Dallas Willard.


“The translation ( 1 Kings 19:11-13) might just as well read “a gentle whisper of a voice” or “a gentle whispering.” Each expression places the emphasis on the unobtrusiveness of the medium through which the message came.  They are all seemingly unremarkable, inconspicuous, unassuming and perhaps not immediately noticed." Dallas Willard


- Theo Geyser

bottom of page