top of page

Vel in die spel – die moed om kwesbaar te wees


“It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat.”


Theodore Rooseveldt


Die oorsprong van die term “to have skin in the game” kom eintlik uit die dobbelwêreld of in perderesies – simbolies daarvan om jou eie geld (vel) op die spel te plaas in die wedren. Daar is persoonlike risiko of belegging in ‘n uitkoms wat jy nie kan voorspel nie. Warren Buffett het dit later in die finansiesiële wêreld begin gebruik en Nassim Taleb het ‘n bekende boek daaroor geskryf waarin hy die betekenis verder laat strek het as bloot geld en beleggings – risiko, regverdigheid en gedeelde kwesbaarheid in menslike interaksies / verhoudings. In Hamilton (die musical) hoor ons, “When you got skin in the game, you stay in the game / But you don’t get a win unless you play in the game / Oh, you get love for it, you get hate for it . . . ” 


Om vel in die spel te hê – om in die arena te klim, om die risiko te neem om jou gesig vol stof, bloed en sweet te kry – is ‘n kwesbare besigheid. As ‘n stowwerige, bloederige, sweterige gesig jou ‘n trotse gevoel van oermatador machovegter gee, is die metafoor van ‘n puisie dalk meer gepas:

 

“It is easy to display a wound, the proud scars of combat. It is hard to show a pimple.”

Leonard Cohen, The Favorite Game



Kwesbaarheid – die gewilligheid om op te daag en sigbaar te wees met geen waarborg van die uitkoms – is "all the rage", te danke aan Brené Brown en ander topverkopers. “Vulnerability” is 'n gewilde onderwerp – selfs vir ons geharde Afrikanernasie (kaalvoet-oor-die-klippe) en veral as dit in Engels is en jy jouself nie te hoef onderwerp aan die ware implikasies daarvan nie. Kwesbaarheid is egter nie iets wat uitgedink is in die 2000's nie. Dis ook nie regtig 'n keuse nie - dis die onderbou van ons menslikheid.


Vulnerability is not a weakness, a passing indisposition, or something we can arrange to do without, vulnerability is not a choice, vulnerability is the underlying, ever present and abiding undercurrent of our natural state. To run from vulnerability is to run from the essence of our nature, the attempt to be invulnerable is the vain attempt to become something we are not and most especially, to close off our understanding of the grief of others.


David Whyte



Kwesbaarheid is ook die basis van die ganse Christelike geloof:


God se kwesbaarheid, God se vel in die spel vind volkome uiting in Jesus.


“En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon …”


Joh. 1:14



“Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan …”


Heb. 4:14-16



Die skeppingsdaad is een van risiko. God se verbond met Sy volk is 'n daad van blootstelling. Liefde - ware liefde - was nog nooit veilig nie. In Jesus Christus is God nie besig om risiko te bestuur nie, maar dit te omhels. God het nie insulasie gekies nie. Nie afstand nie, maar nabyheid. Beperkings, afhanklikheid, honger, uitputting, misverstand ... VEL


In Christus – die bloudruk van menswees – sien ons hoe identiteit gevorm word: nie deur sekuriteit nie, maar deur wat ons liefhet en verloor. Deur liefde en verlies. 

Om vel in die spel te sit, laat altyd merke. Ons word gevorm deur dit waarvoor ons onsself op die spel plaas, waarvoor ons dit waaraan ons die meeste vasklou waag, waarvoor ek die “ek” wie ek dink ek is in gevaar stel. Die merke van liefde is nie mislukkings nie, maar tekens van getrouheid. Die gewonde Christus dra nog steeds sy letsels na sy opstanding. God se geskiedenis met Israel is ‘n geskiedenis van goddelike hartgebrokenheid.



Die Evangelie van Brené Brown, van David Whyte en van Jesus Christus is nie net 'n boodskap wat soos in "telefoontjie" oorvertel moet word nie - so 'n bloot verbale boodskap sal sonder twyfel op die ou end verdraai en vals aan die ander kant uitkom; dis 'n transformasie wat ondergaan moet word. Daar is 'n koste aan verbond(e).



En as ek vurig antwoord: ja!


“Simon Petrus, het jy My lief?”

En as ek vurig antwoord: ja! Gló ek my,

soos 'n tingerige kind hom verbeel hy vul

die grootmenslaarse van 'n erns bo sy begrip.

Tot ek begryp – “Christianity was never

an easy option” soos iemand gesê het – hou U vol,

speel U voorlopig 'n kinderspel met 'n kind,

hou U u verblindende U verskuil

in 'n sagte familieblik:  “Simone Petronella, het jy

My lief?” En 'n moed blink op: die yster was rég

vir 'n oomblik, God.  Maar nie lank genoeg nie, nee;

inert is ek nog, en ek wil, o wil, wíl smélt,

gevalle vrees te bowe, te buite kom, my sag en heet

en gans in U los: ek:  angs, knoets, verweer

van waanself teen daardie ánder, en die ander is ék

en ek weet dit, lós, verlós, vir die vloei, vinnig,

ondenkbaar, in al u voeë in – 

Hoe sal dit wees?  Ek kan nie wag nie.  Wat hou my

teë dan, God?  Iets wat my brokke verdowing voer

en fluister “kindeke-klien”, my sus, sus, en al hoe

jaloerser hoe sterker U stoot deur my rug vir die losrúk,

die sprong in my reg in, U in, my heilige eie wil in.


Sheila Cussons



Die meeste van ons bewonder moed en vrymoedigheid op 'n afstand. Ons is mal oor stories van heldedade en brawe vegters solank dit net stories bly. Ons respekteer opoffering, solank dit iemand anders is wat dit maak. Ons prys kwesbaarheid, solank dit niks van ons vra of kos nie. Ons leef in 'n wêreld wat die kuns vervolmaak het om risiko te minimaliseer. Beskerm jou beeld. Bewaar jou hart. Moenie met jou hele hart inklim nie. Behou te alle tye, ten alle koste, 'n exit strategy.


En dan staan die Evangelie op in die middel van al daardie raadsame advies en sê, "Julle moet dieselfde gesindheid hê as Christus.” (Fil. 2:5)

“Julle moet ingestel wees om soos Christus te dink" (1 Kor 2:16).

Nie dieselfde idees nie, nie dieselfde morele waardes nie; dieselfde gesindheid ("mind" in Engels) – dieselfde postuur, dieselfde gewilligheid.

Filippense 2 is Paulus se liefdeslied aan Christus se “ondertoe-boontoe weg”. En dit vertel nie 'n storie van versigtigheid nie, maar van vel in die spel. Kwesbaarheid is die prys wat Jesus (en ek en jy) betaal vir vleeswording, vir inkarnasie, vir beliggaming.


Die Griekse woord “kenosis” word gebruik om te verwys na wat Paulus hier beskryf: Dit beteken letterlik “leegmaking” of “om leeg te maak.” Die selfontlediging van Christus toe Hy mens geword het. Dat Hy vrywillig afstand gedoen het van die volle uitoefening van sy goddelike voorregte. Filippense 2:6–7 sê dat Jesus Homself “leeg gemaak het” deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem. Kenosis beteken nie dat Christus opgehou het om God te wees nie, maar dat Hy in nederigheid gekies het om te dien, te ly en gehoorsaam te wees, selfs tot die dood. In Christus lewer God nie bloot kommentaar oor die menslike kondisie nie; Hy betree dit ten volle. 


Om vel in die spel te kry is nie roekeloosheid nie, dis vrymoedigheid. Dis liefde! Ek kom keer op keer terug na hierdie woorde wat ek dikwels by huwelikseremonies aanhaal:


To love at all is to be vulnerable. Love anything, and your heart will certainly be wrung and possibly broken. If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even to an animal. Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness. But in that casket- safe, dark, motionless, airless – it will change. It will not be broken; it will become unbreakable, impenetrable, irredeemable. 


C.S. Lewis



En dit maak nie noodwendig sin op die dag wat jy soos ‘n galante ridder (sonder ‘n wit perd) lyk en voel nie, maar op daardie oomblik wanneer jou manlikheid waarlik getoets word in die arena van die liefde … om kwesbaar te wees, soos jy is, dit vat ‘n “man”, om vir ‘n oomblik in te speel op die taal van die patriarg. James Finley skryf oor gedeelde kwesbaarheid en vertel hoe hy as agtienjarige seun met ‘n traumatiese verlede en baie issues met gesagsfigure na Thomas Merton toe moes gaan vir geestelike begeleiding as deel van sy opleiding in ‘n klooster. Hy sê dit was aanvanklik angswekkend en hy het gereeld gehiperventileer want dis dié Thomas Merton, maar Merton het hom elke keer net uitgevra oor sy werk van die dag – in die varkstalle! 



“So through humility and through vulnerability, the true strength of being empowered, my manhood came forth, sitting in this room. Out of all the studies I’ve done with Merton, and my talks on Merton, I think nothing went deeper than talking with him about the pigs. Because that’s compassion …


So this is my sense of manhood, I guess: a radicality, a spirituality, that gives me the courage to face the most broken and lost places within myself, discovering through that acceptance the oceanic tender mercy of God that sustains us in that brokenness, so that by learning to be this way ourselves we can pass it on to others. We can be someone in whose presence it’s safe to be vulnerable and to be open, and truly courageous and strong and powerful, as Jesus was strong and powerful, in the truest, deepest sense of the word.”



Self Portrait


It doesn’t interest me if there is one God


Or many gods.


I want to know if you belong — or feel abandoned;


If you know despair


Or can see it in others.


I want to know


If you are prepared to live in the world


With its harsh need to change you;


If you can look back with firm eyes


Saying “this is where I stand.”


I want to know if you know how to melt


Into that fierce heat of living


Falling toward the center of your longing.


I want to know if you are willing


To live day by day


With the consequence of love


And the bitter unwanted passion


Of your sure defeat.


I have been told


In that fierce embrace


Even the gods


Speak of God.


David Whyte (Fire in the Earth)



Jy het seker al iewers gehoor dat moed of braafheid nie in jou vuiste lê nie. Die woord “courage” kom van die ou Normaans-Franse woord coeur of hart. Moed (mannemoed en vrouemoed) is die maatstaf van ons hartlike deelname aan die lewe, aan mekaar, in gemeenskap.  David Whyte skryf, “Courage is what love looks like when tested by the simple everyday necessities of being alive.”


Is jy bereid om dag na dag te leef met die gevolg van liefde?


Is jy bereid om Christus waarlik te volg en vel in die spel te kry?

Hoe sal dit lyk waar jy nou is (nie noodwendig waar jy dink jy moet wees nie)?

Hoe sal dit lyk in jou regte lewe (nie die een wat jy opmaak in jou kop nie)?

Hoe sal dit lyk as jou sending in jou eie huis, by jou eie werk, saam met jou eie lewensmaat is (en nie noodwendig in een of ander “goddelose” ver land nie)?


As jy kans sien om jouself op die spel te plaas, om jou eie gemak te waag, of selfs net as jy die moed het om God te vra om jou die moed te gee om kwesbaar te wees, bely en bid hierdie saam met my:


Ons glo in ‘n God 

wat nie op ‘n veilige afstand bly staan nie,

wat ons nie liefhet van agter glas nie.

Ons glo in ‘n God 

wat vorentoe tree sonder waarborge,

wat vel, asem, honger en trane aantrek.

Ons glo in ‘n God

wat nie bang is vir wonde nie,

omdat liefde nog nooit “veilig” was nie.

Leer ons, O God, nie hoe om onsself te beskerm nie,

maar hoe om vrymoedig lief te hê.

Leer ons hoe om op te daag,

hoe om te waag 

hoe om ten volle gesien te word,

hoe om volkome te behoort

aan hierdie lewe wat U reeds betree het.



- Frieda van den Heever

bottom of page