top of page

Trek die leisels in: Met jou kos!



Ons lewe vandag in wêreld wat obsessief is oor die liggaam. Dis nie nuut nie. Die Grieke het geglo aan die perfekte liggaam waarna almal gestreef het. Die Romeine het die Grieke se idees ook vir soetkoek opgeëet. So het Michelangelo die opdrag gekry in sy twintigs om die bekende David-beeld te maak. Die stuk marmer wat Michelangelo gebruik het om die beeld uit te kerf, was 40 jaar vantevore uitgegrawe. ’n Paar mense het voor hom daarmee gewerk, maar hulle het hul pogings laat vaar. Die beeld het ‘n simbool van vryheid geword. Soos wat David vir Goliat verslaan het, kan ons ook die hoogste bereik met ‘n perfekte liggaam. Vandag sal ons dit seker die “Men's health-generasie” noem. Hieronymus Bosch was ‘n tydsgenoot van Michelangelo. In sy bekende werk “The Garden of Earthly Delights” wys hy weer die anderkant van ‘n samelewing wat oorgee aan oormaat en vergryping wat lei na lyding en chaos. Vandag word dit Gen XXXL of Gen O (obesity) genoem.

 

Ons lewe val tussen die twee pole en soms haak ons vas in een. Paulus se raad is: “kasty jou liggaam.” (1 Kor 9:27. Die woord beteken om in toom te hou en verwys na ‘n perd wat ingebreek moet word.

 

Een manier om die leisels van jou lewe weer terug te kry is deur vas.

 

Ons maag kan ‘n padkaart na God wees, en daarom hierdie gru metafoor in die Bybel om ‘n mes voor jou keel te sit indien jy ‘n goeie eetlus het! (Spr 23:1). Paulus dink ook dat ons maag ons god kan word (Fil 3:9).

 

Jy kry nie nie die leisels terug deur wilskrag of meer inspanning nie. Jy kry dit terug eers as jy kan sien waarom jy vas en op watter pool jy vassit.

 

“Fasting, as Jesus prescribes it, includes fasting from bitterness of heart. Mellowness of the heart is a non-negotiable within the spiritual life. Why? Because otherwise, like the older brother of the prodigal son, we might succumb to the temptation that T.S. Eliot describes: ”The last temptation that’s the greatest treason is to do the right thing for the wrong reason.”  We do not just need the right truth, we also need the right energy.” Ronald Rolheiser

 


Deur Theo Geyser

bottom of page