top of page

TEEN die spoed van lig



Daar is goed in die lewe wat jy soms vinnig moet doen en ander tye wat jy dit stadig moet doen. Dit is nog ‘n paradoks wat ons moet vashou. As 'n leeu jou jaag of ‘n deadline by die werk, moet jy vinnig maak. As jy skei of dalk jou been breek, dan vra dit herstel wat tyd moet neem. Die Bybel het baie goeie raad oor hierdie paradoks en dat jy nie oorval na eenkant toe. “Wees stadig om kwaad te word, en wees stadig om praat...” Jak 1:19. "Desire without knowledge is not good — how much more will hasty feet miss the way!" Spr 19:2. Geloofhelde soos Abraham (Gen 15-22), Moses (Ex 2:11-15), Sameul (1 Sam 13) en die omstrede Petrus (Matt 14, Joh18, Luk 22) moes leer dat haastig wees gaan jou spyt en verwyt oor die hals jaag. En, spyt kom altyd te laat.

 

Die hele wêreld neig nou om teen versnelling en spoed te lewe. Ons wil stadig eet, mindfull wees, stil word, in die natuur kom, en kos eet wat ons liggaam stadiger kalibreer. Die Slow Movement het in 1968 begin toe Carlo Petrini voor McDonald’s in Rome saam met duisende mense betoog teen kitskos. Die beweging is seker goed, maar hou nie peil met spoed in die hart van die mens nie. Ons moet ook betoog teen McDonalds in ons hart wat ons brood van die lewe vervang met kitsbrood. Die eksterne eliminering van spoed gaan jou hart nie stilkry nie.

 

Luister na die wysheid van Henri Nouwen, “We’re not restful people who occasionally get restless; we’re not people who live in habitual intimacy who sometimes get lonely, or who live in solitude but sometimes experience disquiet; we are restless people who sometimes find rest; we’re lonely people who sometimes experience intimacy, and we’re deeply disquieted people who sometimes experience solitude.”

 

Ons gesels Sondag hoe om die balans tussen spoed en stadig-wees te vind. 



Deur Theo Geyser


bottom of page