top of page

Skoonlief en die Ondier



Faith is the breakthrough into that deep realm of the soul which accepts paradox... with humility.


William Johnston


Neils Bohr het gesê die teenoorstelde van ‘n korrekte stelling is ‘n vals stelling, maar die teenoorgestelde van ‘n diepgaande stelling mag nog ‘n diepgaande stelling wees. 


Die paradoks van skoonheid + die internet = ‘n haasholte hiervan. Dit is skokkend hoe die geskiedenis van die skoonheidsindustrie lyk. Doen jouself ‘n guns en luister vinnig na die podcast It’s comblicated: It’s human se episode “Mathematical Beauty & Darwin’s Paradox”. Snaaks en skokkend. Of lees die artikel “Beauty is the beast” wat reeds in 1995 geskryf is en nou amper 30 jaar later nog soveel meer sin maak. Die skade wat deur die eeue aangerig is in die naam van skoonheid – aan vrouens se liggame, aan die wêreld en miljoene mense wat nie aan Hitler – ‘n voormalige kunsstudent en ‘n man van estetika –  se standaarde van skoonheid (reinheid? witheid?) voldoen het nie. Hoe die skoonheidsindustrie al hoe meer in volle bloei is (no pun intended) – veral na feminisme hoogty begin vier het. Dit lyk asof vroue nog meer begin streef het daarna om ‘n vroulike beeld voor te hou terwyl hulle vroulike rolle probeer afskud (weereens, nie ‘n pun nie). Want, face it, mans word beskou as “handsome” (of nie) – moenie dink dis toevallig dat die woord “hand “ in die woord is nie … waar as jy na jou vroutjie gaan verwys as “handig” as iemand jou vrou om jou keuse van ‘n lewensmaat te motiveer mag jy dalk ‘n klap in die gesig verwag. Handig is nie hoe jy gewoonlik vrou vat nie. Mans is instrumenteel; vroue is ornamenteel.


In Madonna se bekende song Vogue sing sy die woorde “Beauty is where you find it, not just where you bump and grind it.” Mens sou kon sê aanduidings bestaan dat sy hierdie woorde vergeet het deur die jare. Vogue… wat tans in die mode is. Oorspronklik het die Italiaanse woord vogare beteken “to go well” of om te roei, om die seile te span (soos ons Kaptein ter plaatse sing). Hou vir ‘n oomblik vas aan daai gedagte…


Interessant dat vogue deesdae soms oornag ‘n ander rigting inslaan. Asof mense se oë anders begin kyk. Verregaande? ‘n Paar jaar terug het my seun, wat nogal ‘n oog vir tekstiel en die estetika van klere het, verklaar: “Ek sal nooit in my lewe Crocs dra nie. Dis die lelikste goed op aarde.” Hy smeek my nou al vir maande vir ‘n paar. Veral vandat mens die goedjies (die naam ontgaan my, maar moenie worry nie, môre is dit weer iets anders) kan opsit.


Dis die skoonheidsindustrie. Wat is skoonheid volgens die Bybel en ander wysgere (meestal nie oil paintings nie)? Kom ek begin deur te sê dat die draad van die storie min of meer so is: als wat blink, skyn nie. Maar dat dit ook so is:


If we stand in the middle of the mess assuming that the spiritual life will be orderly and pristine, linear and logical, without complexity or contradiction, we will pray not for a blessing but for an extreme makeover. Of course, the ultimate extreme makeover is an embalmed and well-accessorized corpse, which is what we become in life when we try to defy the wideness and wildness of God.


Parker Palmer


Skoonheid is altyd ‘n diep uitnodiging. Dit wys na die ewigheid, die onbegryplike, die wydte en wildheid van God. In Ps. 139 sê die Psalmdigter, “Your thoughts – how rare, how beautiful! God, I’ll never comprehend them!” As jy dit ten volle kan begryp, is dit nie skoonheid nie. (En hoe mooi is dit om iemand se gedagtes as beautiful te beskryf…) In Oriah Mountain Dreamer se bekende The Invitation is daar ‘n reël wat so lui: “I want to know if you can see Beauty even when it is not pretty every day. And if you can source your own life from its presence.” 


Dis dalk ons grootste vrees. Om Skoonheid raak te sien waar dit nie noodwendig mooi (pretty) is nie. Soos ‘n goeie fotograaf wat noodwendig moet werk met lig én skaduwee om die skoonheid van wat hulle sien te verewig op film. Skoonlief en die Ondier. En Skoonlief in die Ondier.


Skoonheid is redding. Mary Oliver het geskryf “I got saved by the beauty of the world” en Dostoyevsky, “The Beautiful will save us.” Ware skoonheid maak ons vry van dit wat ons vasbind (beperk) en gee verligting. Dis asemrowend en asemgewend. Dit maak heel. 


Soos Jesus se aardskuddende ontmoeting met die vrou wat vir 12 jaar aan bloedvloeiing gely het. Sy is beskou as vuil – ondier, monster (wortelwoord – om te wys, om te demonstreer; sy kon haar “vuilheid” nie wegsteek nie, sy moes in apartheid leef). En daar word sy die OG Vogue poster girl. Sy steek haar hand uit, raak aan die soom van Jesus se kleed, sy voel hoe die bloed stop, Jesus voel hoe krag hom verlaat “en toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie” val sy al bewende voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk hoekom sy Hom aangeraak het en Hy sê vir haar: “Dogter (die enigste keer wat ons van weet dat Hy iemand so noem), jou geloof het jou gered … heelgemaak … has made you well. As daar nou al ooit iemand in vogue was, is dit nou jy. En so lê die skoonheid werklik in die oog van die Aanskouer, die Beholder as daar al ooit een was. Hy trek haar kleed van onsigbaarheid uit (gaan luister Deon Meiring se song Hoe ek regtig lyk) … alles wat ons mense darem doen in die naam van “beauty” om nie regtig gesien word nie, om nie vry te wees nie, om nie te wees nie. ‘n Voël sou dink dis malligheid – die meeste van hulle weet darem die vere maak nie die voël as dit nie kan vlieg nie! 


Ek vertel nounet my bitter beautiful vriendin wat in die mode-industrie werk (en daagliks gekonfronteer word met die vere en die voël) waarmee ek besig is en sy stuur hierdie vir my terug: 


The ugly thing about beauty, is that you OUGHT to be beautiful. That is the expectation, and whether you achieve it through pure luck of the draw (thanks mom and dad) or through some other great expense/pain, there is no escaping the eye of the beholders. The great irony for me, is that I spend most of my money on trying to look like a natural beauty. I spend thousands on looking like a ‘natural’ blonde, with a ‘sun-kissed’complexion (without putting a foot in the sun); I bleach my naturally yellow teeth, laugh lines stand no chance; and God help a stray hair that is not on my actual head.  The desire, therefore to be considered ‘beautiful’ outweighs my desire to just be me. And that’s the ugly, sad truth. Yet, when someone considers me and my crows feet, blocked pores and grey hair it’s actually endearing to them. True beauty, it seems to me,  always finds a way through the shiny veneer. So beauty for me is a hand that puts a strand of hair behind an ear, an upwards movement of a mouth corner, a silly laugh, a crooked tooth, an off-centre nose and a kindergarten scar, but mostly…an ‘at-ease-ness’ with oneself.


Suna Symington


Mag ons mooi kyk om móói te kan sien. Ons het ware skoonheid nodig.


“Beauty saves. Beauty heals. Beauty motivates. Beauty unites. Beauty returns us to our origins, and here lies the ultimate act of saving, of healing, of overcoming dualism.”

Matthew Fox



Deur Frieda van den Heever

bottom of page