top of page

Praat deur mure: Klakouse




Wat is ‘n klakous? Die woord in Nederlands het verwys na 'n veragtelike benaming vir 'n vrou wat haarself te buite gaan en dan ‘n "kous" genoem is, maar mettertyd is dit in  Afrikaans op albei geslagte toegepas op iemand wat aanhoudend jou irriteer. Spreuke 19:13 het nogals ‘n mooi beeld van iemand wat jou irriteer: ‘’Wanneer 'n vrou aanhou kla, dan is dit soos wanneer water aanhou drup deur die dak van 'n huis.” Spr. 19:13. Ek is mal oor twee ander woorde wat die Nederlanders ook gebruik: Kniesoor en moppenaar. 


Wil jy jou ore laat kneus? 


Luister na iemand wat kla. 


Die prentjie in die Bybel oor klakouse lyk nie goed nie. Dit het begin met Adam en Eva. Vergeet nou eers die appel. So terloops, ek dink regtig nie dat die Here die ganse wêreld verdoem en hel toe stuur omdat Eva nie kon nee sê vir ‘n appel nie! Die groter probleem is onvergenoedgheid en nooit tevrede wees met wat God alreeds aan jou gegee het nie. 


Dit was immers die versoeking.


Ons gaan Sondag kyk na waarom ons kla, en ook hoe die Here ons uitnooi na die anderkant van die muur van murmerering. In die verhaal van Lukas 17 maak Jesus 10 melaatses gesond en net een draai om om dankie te sê. 


Jesus leer ons iets oor geloof. 


Murmerering is ook ‘n soort geloof, maar net in die verkeerde objek. Wat interessant is, is dat dit ‘n Samaritaan was wat kom dankie sê het. Hulle was gemarginaliseerd en is nie gereken as godsdienstig nie.


Dit is dalk die plekke waar ons kan leer om krane toe te draai wat so drup…


 “Only those who give thanks for little things receive big things. We prevent God from giving us great spiritual gifts because we do not give thanks for daily gifts.” - D. Bonhoeffer. 


Gratitude is more important even than love because anything which does not take its root in gratitude will be self-serving and manipulative in some way.  Only when we give of ourselves to others because we are grateful for how we have been blessed—only then will our love flow out as pure and as not demanding something in return.  When we are not acting out of gratitude, we may be well-intentioned and outwardly generous in our actions, but we will not be truly acting in love.” - Rolheiser




bottom of page