top of page

Opstandingsondag: Nuwe Spore



“… God said, ‘There will be dreams from the night that will need the light of the morning.’ And so God put wisdom in the early hours. … God said: ‘Let there be a certain kind of light that can only be seen in the morning.’ And God created gold, and dew, and horizons, and hills in the distance, and faces that look different in the light of the morning, and things that look different in the light of the morning… And God said that it was Good.

- Padraig O’Tuama uit "A Liturgy of the Morning" in DAILY PRAYERS WITH THE CORRYMEELA COMMUNITY


Die toneel in Johannes 20 speel in ‘n tuin af. Tuine is belangrik in die Bybel, die storie begin met ‘n tuin en eindig met stad vol tuine.

En in hierdie verhaal verwar Maria Jesus met die tuinier. Dit is Ironies.


Jesus is die nuwe tuinier, Jesus maak ‘n nuwe tuin, Jesus trap nuwe spore.


En dit is waaroor Paasfees gaan - iets nuuts wat begin.


Die skrywer begin en eindig selfs die hoofstuk met die woorde, ‘dit was die eerste dag van die week.’ Johannes se hele evangelie is ‘n verwysing na die skeppings verhaal. Hy begin sy evangelie met die woorde, ‘In die begin…’ en dan gaan hy voort en vertel van sewe wonderwerke, hy noem dit tekens, wat Jesus doen. Hierdie sewe tekens wys wie Jesus is en vertel iets van ‘n nuwe skepping. Johannes laat ‘n hele week afspeel in sy evangelie en hier amper aan die einde begin hy met ‘n nuwe week, ‘n nuwe skepping wat begin het, met ‘n nuwe tuinier.


Wat beteken Paasfees, wat beteken die opstanding? Dit is wat ons gereeld oor praat op Opstandings Sondag, waaroor gaan dit, waarna wys dit, of bewys dit? Ons kan sê dat die wys na God se koninkryk wat inbreek in die hier en nou in, dat dit bewys Jesus se groot verklaring, dat die Koninkryk nou hier is. Ons kan vir mekaar vertel dat dit beteken dat die dood oorwin is, dat sonde se angel uitgehaal is, en dat daar nou ‘n pad oop is tussen ons en God self.


Dit beteken al hierdie dinge maar dalk beteken dit selfs ook meer as dit. Dit beteken dalk iets baie meer persoonlik, iets wat ek dink diep sal resoneer met ons gemeenskap, met ons mense in InVia.


Baie van ons, as ek so luister wanneer ek saam met julle sit en koffie of ‘n wyntjie drink, vind dit moeilik om te glo soos ons geglo het lank terug of selfs net ‘n jaar terug, voor die pandemie begin het. Daar het iets geskuif binne ons eie manier van dink oor God, oor Christenskap, oor geloof, oor ‘religion’ en oor spiritualiteit. Dalk is dit vir jou bevrydend, angswekkend, of laat dit jou skuldig voel dat jy nie meer glo soos jy geleer is nie. Iets het verander, daar is nou iets anders.


God is dood, maar God leef.


Kom sit Sondag oggend saam om 8:30 en 10:00 op ons YouTube en Facebook blaaie waar ek graag meer wil deel oor hoe ons dink oor nuut dink, nuut glo, spiritualiteit en natuurlik die opstanding.


Sien Sondag

- Pierre

bottom of page