top of page

Opreg soos Duiwe



Jare terug het 'n 26 jarige filmmaker, Steven Soderbergh, die Cannes filmfees gewen met sy inskrywing "Sex, Lies and Videotapes" . Wat doen ek as ek 'n seksverslaafde is?

Jy het 'n behoefte om te praat en ook verantwoordbaar te wees.

Steven se idee was om 'n video kamera te gebruik waar mense hulle verslaafdheid kan deel. Dan gebeur daar iets interessant... Daar is persone wat eerlik is, en ander wat nie die waarheid in die kamera vertel nie. Die eindresultaat? Eerlikheid genees en bring 'n vryheid vir mense en oneerlikheid bring groter rasionalisering en ook selfmisleiding!

Ons gesels Sondag oor die Heilige Gees wat soms as 'n duif voorgestel word. Jesus beskryf ook die innerlike kwaliteit van hierdie simbool: " Wees opreg soos duiwe..." Matt. 10:16. Die woord opreg, "sincerus", beteken "without wax". Dit was 'n kunsterm waar gebreekte kuns vinnig met was reggemaak is en dan verkoop word. Indien jy sou wou koop, sal jy dan vra: "Is hierdie stuk sonder was of "genuine"?" Indien die stuk glad nie oorspronklik is nie, word daar in kuns verwys na 'n kopie, replika, rekonstruksie of skaal model.

Ons sukkel is maar ook soos Adam en Eva. Kon hulle nie net dadelik erken en eerlik wees nie? Nee, hulle oneindelose rasionalisering, blamering, en ontkenning lei uiteindelik tot 'n groter selfmisleiding en dan ook hulle ondergang. Daar is 'n groot verskil om reg te wees, en opreg te wees.

Jy sal die Duif in jou voel vlieg wanneer jy in die kamera kan kyk en sê hoe en wat dinge werklik is...


- Deur Theo Geyser

bottom of page