top of page

Ons Vader: laat U naam geheilig word


Daar is ‘n verband tussen wie ons dink God is en hoe ons God aanbid. Dit is nie per toeval dat Jesus die vraag vra: “Maar wie sê julle is ek?”. Die Onse Vader leer ons dat die vertrekpunt van gebed is ‘n bewustheid met wie ons praat.

“Laat U Naam geheilig word!”

Waarom leer Jesus nie dat ons een van God se name gebruik soos Jahweh, Elohim, Adonai, Jehova, El Shaddai of een van die ander nie? Dit is eenvoudig. Die regte naam verseker nie die regte God nie. “Tevergeefs noem julle my Here, Here…” (Luk 6:46). Selfs God verbind hom nie aan ‘n naam nie, en Jode sal ook weet dat God self die antwoord op sy naam aan Moses gegee het: “Ek is wat ek is” Ex 3:14.


Die naam is onuitspreeklik en daarom het Jode die verbondsnaam van God as die heiligste beskou maar die klinkers uitgehaal in vrees dat dit verkeerd uitgespreek sal word. Die uitspraak is selfs ‘n asemhalingsklank sonder die klinkers. Daarom glo Jode dat alles wat asem het (Ps150) is besig om God te aanbid. Gebed is m.a.w. om my bewustheid te bring na wat reeds in my gebeur. Daar is 'n eeu-oue tradisie wat geleer het dat asemhaal gebed is. Richard Rohr skryf so daaroor: “This tradition alone should tell us to practice profound humility in regard to God, who gives us not a name, but only pure presence—no handle that could allow us to think we “know” who God is or have the divine as our private possession.”

Om God te heilig (of die mooi ou Engels “hallow”!) beteken “To treat as ultimate, sacred. To seek, make something your ultimate concern and aim”. Dit is baie meer as om verwondering en lofliedere aan God te bring. Of, om my verwondering te staaf met bonatuurlike feite. Bybelse outeurs wys daarop dat dit baie makliker is om die Naam van die Here aan te roep, as om my met die persoon van God in die diepste aanbidding te verbind. Want dit vra intimiteit met God en ook die bevraagtekening van alles wat aan my valse intimiteit gee.

Ons gesels Sondag oor hoe aanbidding ons uitkyk op God, onsself en die wêreld verander. Voordat ons brood kan vra moet God my diepste hartsverlange en enigste oppergesag wees. Anders gaan ons altyd nagereg vra. Om te weet wat ons werklik nodig het, en te weet God is die bron, is die basis van gebed.

"Adoration is the oblation of one’s life to God. Adoration is surrender. Adoration means entrusting oneself entirely to God. As we dwell in adoration, eternity begins – an eternity that does not withdraw from the world but opens to it utterly.

Lohfink


- Deur Theo Geyser

bottom of page