top of page

Ongewapende moed


“Vel in die spel” beteken jy staan nie langs die kant en wys nie; jy klim in. Jy dra die risiko self. Jy kan verloor, seerkry, verneder word. Dis die soort moed wat nie raad gee van ’n veilige afstand af nie, maar betaal vir dit waarin dit glo. Soos die uitvoerende hoof wat nie ’n verhoging neem sodat ander hulle werk kan hou nie. Of Adam Small se woorde: “Ek praat omdat ek móét.” En Beyers Naudé: “Ek het my gewete bo my gemak gekies.”


Dan is jou vel in die spel.


Jesus se uitnodiging was net twee woorde: “Volg My.” Dis nie ’n idee nie, dis ’n lewe. Dit is die spel. Hy vra nie afstand-dissipelskap nie. Daarom praat Hy van ’n kruis – nie as ’n metafoor vir ’n slegte dag nie, maar as openbare vernedering, die verlies van reputasie, sekerheid, selfs lewe. Dis maklik om van ver af te glo; dis iets anders om binne te bly. Die tweede myl. Die ander wang. Om vyande lief te hê. Dit is die vel wat jy nodig het in die spel.

Ons dink maklik ons is “in die spel”, maar die Bybel wys hoe ons onsself flous. Die ryk jongman wil die lewe hê, maar nie die verlies nie. Pilatus sien die waarheid, maar kies veiligheid. By Sinai vra die volk vir Moses om tussen hulle en God te staan – hulle wil seëninge hê, maar nie die brandende intimiteit nie.


Moses wys ’n ander pad. Die Skrif noem hom “die sagmoedigste mens op aarde” (Num. 12:3). Sag én moedig – ’n skynbare teenstelling. Sagmoedigheid is nie swakheid nie; dis moed sonder wapens. Nie gebalde vuiste nie, maar oop hande. In Latyn beteken die woord letterlik om jou hand te tem.


Die pad van ware moed is eerstens lank. Moses se storie begin by roeping. Egipte bied gemak, aansien en veiligheid – geen kwesbaarheid nie. Maar roeping vra tyd, verlies en anonimiteit. Veertig jaar lank is Moses net ’n skaapwagter. Selfs ná die brandende bos is die spel swaarder as wat hy gedink het. Wat verander, is nie sy krag nie, maar sy bereidheid om kwesbaar te wees voor God en nader te kom aan die regte vrae in sy lewe. Na veertig jaar is Moses nie genees van sy innerlike struggles nie, hy kan dit net beter sien en verstaan.


Moses leer om sy innerlike waarheid te benoem. Hy vra vrae – baie vrae: Wie is ek? Wat as hulle my nie glo nie? Wat as ek nie kan praat nie? Dis die teenoorgestelde van vroom wegpraat. Herstel begin by eerlike benoeming.

Wat ons nie noem nie, hou ons vas.


God antwoord egter nie Moses se “Wie is ek?” met ’n lys van al sy goeie eienskappe nie, maar met ’n belofte: “Ek sal met jou wees.” Dis die hart van gebed – nie net ons vrae aan God nie, maar om te leer leef met God se teenwoordigheid in ons vrae. Moses dink meer aan God ‘n oorgangs objek. Soos ‘n baba wat veiligheid soek in ‘n objek. Hy soek ‘n naam wat kan onthou, beheer, gebruik wat kan herhaal en God gee ‘n naam wat ontglip aan definisie beheer en gebruik. Hy wil weet wat kan hy God noem en wat is die naam wat hy kan gebruik om mense mee te oortuig. God gee Homself nie as ’n objek nie, maar as ’n Teenwoordigheid: “Ek is wat Ek is.”



Met watter groot vrae leef jy op die oomblik en wat is tans die vraag wat jou nie met rus laat nie?



Hoe ontwapen jy jou hart van alles wat God se teenwoordigheid keer om jou in jou diepste verlanges te ontmoet?  



'Getting answers to my questions is not the goal of the spiritual life. Living in the presence of God is the greater call.' - H. Nouwen



“How much do we do?” or “How many people do we help out?” but “Are we interiorly at peace?” . . . Jesus’ actions flowed from his interior communion with God. His presence was healing, and it changed the world. In a sense he didn’t do anything!’’ - H. Nouwen



“Living the questions runs counter to the mainstream of Christian ministry that wants to impart knowledge to understand, skills to control, and power to conquer. In spiritual listening, we encounter a God who cannot be fully understood, we discover realities that cannot be controlled, and we realize that our hope is hidden not in the possession of power but in the confession of weakness.” - H. Nouwen



- Theo Geyser


bottom of page