top of page

'n Herberg vir bergies


Die begin van die kersverhaal spreek een van die fundamentele probleme binne ons en ook die samelewing aan. En dit is: Daar is nie ‘n plek of herberg waar Jesus (weer)gebore kan word binne ons en ons samelewing nie. Elke herberg is reeds geboek en vol. Ons is doodeenvoudig te besig.

Toe hulle vir Thomas Merton vra wat die grootste probleem in wêreld is, het hy profeties die appelkar omgekeer deur te sê dat dit “efficiency” is. Die woord self is redelik neutraal en ons heg nie veel godsdienstige of morele konnotasies daaraan nie. Tog ontbloot dit die wese van geloof en moraliteit. Daarby het hy bedoel dat elke kerk, regering, maatskappy, en familie die wiel moet laat rol. The show must go on. Salarisse en verbande moet betaal word, vergaderings moet gehou word, doelwitte moet gemonitor word, kinders moet versorg word. Effektiwiteit is wat almal dan ook beny.


Waar Jesus wel gebore was, is daar waar ‘n herberg vir hom gemaak is. Dit was by die mense wie nie regtig in die samelewing getel het nie. Noem hulle maar bergies. Jesus word die gawe en geskenk vir hulle. Die herders wat as die mees nuttelose mense beskou is en wat nie eers in ‘n hof mag getuig nie - hulle stemme word verewig as ‘n bewys van Jesus se geboorte onthou. Israel en die godsdienstiges skitter in hulle afwesigheid. Hulle is te besig met die voorbereiding vir kersfees…

Kom kuier Sondag by die Grappa vir ons jaarlikse kerssangdiens om 10:30 waar ons saam gaan eet, kuier en musiek geniet. Ons online dienste gaan ook voort, waar ons bietjie langer sal preek omdat ons ongelukkig nie al die mooi musiek kan opneem nie!



- Theo Geyser

bottom of page