top of page

My slaap het 'n opstanding nodig...



My vriendin se meisiekind, Katryn (wat soos my eie voel), wil graag haar slaapkamer oordoen. Sy raak elf en die poppe en dogtertjiegoed moet nou plek maak vir iets meer volwasse. Toe ek haar gister vra wat die vibe is wat sy wil hê, sê sy, “Mens moet instap (sy vat so diep asem in) en (diep asem uit) taddaaa: RELIEF!” Dis die estetika wat sy in gedagte het: verligting, rus, uitasem. As jy sou weet dat sy in haar kort lewe al deur intense verlies moes werk met die dood van haar ousus ‘n paar jaar terug en dat sy soms sukkel om aan die slaap te raak, maak dit seker sin dat sy nie “Taylor Swift” of “Surfer Girl” of enigiets anders beplan het nie. ‘n Plek waar mens kan asemhaal. So asof sy weet dis die asem wat mens na die slaap toe vat. Nie die wil om te slaap of die skape tel nie. Asem is die brug van wakker na slaap.


Ekself het ook as kind en as student ‘n love-hate verhouding met slaap gehad. Ek kon nie die punt daarvan insien nie. “Wat is die slaap ‘n wondersoete ding” … ek het my oë gerol vir DF Malherbe. Ek het net gaan slaap sodat die nag vinniger kon verbygaan en dit weer dag word sodat ek kan opspring en dinge begin doen. Bygesê, ek kon enige plek aan die slaap raak en ek het ook – in die klas, in ‘n klub, onder ‘n tafel. Ek het ‘n paar keer op universiteit die narkolepsie-award gewen by ons informele prysuitdelings. So het ek geleidelik begin besef my liggaam het dit nodig, maar steeds het ek dit net as ‘n funksionele daad beskou. ‘n Noodsaak om my belangriker wakker lewe in stand te kon hou. Toe ek ‘n ma word, het my verhouding met slaap drasties verander. Ek het dit begin beskou as ‘n kommoditeit – ‘n skaars een. Die ure begin tel wat ek kon inkry. Dis nie net ouerskap wat dit aan jou doen nie. Die wete dat jy vir iets meer as jouself verantwoordelik is en: Fatigue makes cowards of us all …


Noodsaaklikheid. ‘n Stuk gereedskap. Kommoditeit. 


Ek was regtig eers nou bietjiedag oud toe my oë oopgegaan het vir die wonderwerk van oë toemaak. Vir slaap as geloofsoefening. Vir slaap as geskenk. Vir slaap as ‘n wondersoete ding. Ek ken die bekende vers uit Psalm 127 – Hy gee dit aan sy bemindes in hulle slaap. Ons almal weet hoe iets wat soos ‘n yslike probleem lyk krimp, asof dit getoor is na ‘n goeie nagrus of selfs ‘n vinnige power nap. Meeste van ons het ook al eerstehands ervaar hoe een kind al die hekke van die hel kan oopruk en na ‘n uur se slaap lyk soos die Here se sagste lammetjie (verskoon my argaïese metafore maar ‘n tantrum kan my heel pentecostal maak).


Die konteks van hierdie Psalm gaan egter oor veel meer as probleemoplossing of vloermoere. Dit word die “Nisi Dominus (Frustra)” Psalm genoem. Sonder God – alles tevergeefs!


As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; 

as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.

Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet 

— net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!


En interessant genoeg, kan die Hebreeus op twee maniere gelees word:

God voorsien aan Sy geliefde terwyl hy slaap – Hy voorsien (werk) selfs wanneer ons rus (nie werk nie) of/én: God gee slaap aan Sy geliefde – 'n geskenk van innerlike rus en vrede.



Iemand het die eerste twee verse van die Psalm so interpreteer vir ons tyd:


         Unless we see God in each other,


                        In vain does our household exist.


          Unless we want friends more than walls,


                      In vain do we watch out for foes.  (127:1)


          Unless we change suffering to love,


                      In vain do we work for our bread.  (127:2)

 


Die goed wat ons wakker hou in die nag (die ontoereikendheid van ‘n mens se strewe en moeite), is die einste ding wat ons in vrede kan laat slaap:


“An ordinary person, once he becomes aware of this inadequacy of all human endeavor, will worry without cease; he will be driven to overtax his energies; he will lose rest and sleep, and he will be unable to enjoy the very bread he eats. But it is through this same knowledge of inadequacy of all human effort that he who is aware of God’s tender love, of His friendship, as it were, will acquire that serenity which will enable him to sleep in peace.”  

Samson Raphael Hirsch, 19th-century Orthodox rabbi



Ek het ‘n tyd terug ‘n podcast geluister en intussen weer en weer geluister. Die gas was Tricia Hersey en sy staan bekend as die “Nap Bishop”. Jip, die slapiebiskop. Maar sy spot en sê mense dink dit gaan alles oor rus en slapies en as hulle daar aankom sê sy “Hier’s jou kussing en hier’s jou vlam.” Rus sodat die siek sisteme wat ons liggame as stukke gereedskap in diens van onderdrukking en kapitalisme en wit oppergesag (geskoei op slawerny) gebruik, afgebrand kan word. Haar eerste boek se naam is “Rest is Resistance”. Sy maak ‘n saak uit daarvoor dat ons liggame tempels in diens van bevryding is. Rus is ‘n sakrament, ‘n manier om God kans te gee om die wêreld te red. "Embracing what God does for you is the best thing you can do for Him." (Rom. 12 MSG) Rus is protes teen die grind culture wat mense as masjiene inspan en ons goddelikheid, of dan, ware menswees, steel. Dis nie luiheid nie; dis vertroue.



Slaap is die fasiliteerder van vergifnis, nuwe verbeeldingskrag, moed, perspektief, ontdekkings, uitvindings, onderskeiding, genade, genesing: Slaap is opstand-ing!



Wanneer God van redding praat in die Bybel, maak Hy ‘n punt daarvan om rus te noem. I’ll refresh tired bodies (Jer.31:25 MSG), Find rest for your souls (Matt. 11:29) en in Ps. 23:2 – Hy laat my neerlê… Wat ‘n vreemde antwoord op die vallei van doodskadu. Hoekom nie opstyg of bekragtig om te veg nie? Maar God se antwoord is onapologetiese sorg vir die liggaam. Die diepste, dog mees verwaarloosde van behoeftes. 


“Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is” …en tog: wanneer mense ingenooi word in spiritualiteit (kom ons sê dit maar – kerke), word rus dikwels verminder as ‘n binne-toestand wat iemand moet verkry terwyl hulle hulle liggame uitbrand. “Tired but wired” vs “In terugkeer en rus lê julle heil.” Bely jou sondes … okay en fair enough, maar miskien word ek elke keer ‘n bietjie gered as ek my oë sluit.



The Church says:  The body is a sin.

Science says:  The body is a machine.

Advertising says:  The body is a business.

The body says:  I am a fiesta.


Eduardo Galeano



Fiesta (fees) kan netsowel siesta wees. Rus is nie die beloning vir ons bevryding nie, nie iets wat vir ons beskore is as ons eendag vry is nie. Dit ís die pad wat ons bevry.

Rus wat soos ‘n risiko voel, bring ons herstel. Ons slaap en ons word nuutgemaak. Ons selle begin ‘n heilige ritme van herstel en oorgawe. En wanneer ons wakker word is ons meer heel, minder ontsteek, meer bewus. En natuurlik slaap ons dat ons kan droom. ‘n Balsem gemaak van misterie wat vir so lank van ons af weggesteek is.


Ons raak so behep met die taal van hoe God ons kan “gebruik” dat ons nooit stilword om onsself te vra, “Wat as God my nie altyd wil gebruik nie, maar dalk net by my wil wees?” Ons het vervreemd geraak van hierdie idee omdat soveel van ons konsep van ‘n roeping geskoei is op die oortuiging is dat ons primêre verhouding met God geanker is in transaksie. God staan dit teen. “Laat staan (gaan lê … my eie interpretasie) en weet dat Ek God is (Ps. 46:11).



Cole Arthur Riley skryf in haar lewensveranderende boek This Here Flesh: Mense dink die sabbat is verouderd; ek dink dit gaan ons red van onsself. Wanner God die Israeliete beveel om rus te beoefen, gebruik Hy die herinnering van hulle ballingskap om hulle wakker te maak vir wat kan wees. 


En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland ‘n slaaf was, en die Here jou God jou daarvandaan uitgelei het deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm; daarom het die Here jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.


Deut. 5:15



Rus is ‘n daad van verset en dit kan nie gebou word op apologie nie. Dis die vermetelheid om die vereistes van die wêreld in die gesig te staar en aan te kondig: ons sal nie besit word nie. Ons is uit die land van slawerny bevry. Ons sal nie terugkeer na die boeie wat ons eens vasgehou het nie. Ons behoort nie aan die katakombes van rusteloosheid, struikelend van dood na dood, nie. 


Tog giftig hoe diep die kapitalisme se slagspreuk, “Ek sal slaap as ek dood is” in ons is. Wat van as óns dit omkeer: “Ek sal doodgaan as ek slaap.” Ek sal ten minste een keer ‘n dag oorgee, vertrou, oefen om te laat gaan, my strewes en ambisies en vrese laat sterf. Anders gaan niks (behalwe my verkeerde voet uit die bed uit) opstaan nie.



Wat is die slaap ’n wondersoete ding!

Sag op haar bloue oë daal die vaak

soos maneskyn diep waterkuile raak

om daar te droom in silwer skemering.


Vir laas beef oor haar lippe ’n fluistering:

“Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,

wat drome soet tot werklikhede maak:

in vaderarms rus my lieweling.


Sluit so my oë, God, wanneer vir my

u Engel wenk ter laaste, lange rus

en ek van wilde woeling hier moet skei;

dat my dan stille drome huis toe sus

en sterke Hand deur duisternisse lei.

Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.


DF Malherbe



Ons gaan Sondag gesels oor hierdie uitnodiging om te rus en hoe ons dit nie as ‘n nice to have of ‘n afterthought of vir eendag as ons oud en afgetree is kan beskou nie. Dis vir nou. Dis essensieel. Dit kan jou lewe red. Dit sal jou lewe red. Dis daar juis om jou lewe te red. En dié van die mense om jou. Rus is nie net ‘n persoonlike, individuele saligmakertjie nie; dis politiese werk. Ons kan nie uitgeput wees én die sluiers oor ons oë skeur nie. Ons sal moet kies. As ons uitgeput is, is ons lafhartig; word ons drome gesteel; het ons geen toegang tot nuwe verbeeldingskrag nie; is ons verdoof; kan ons nie verbande trek nie. Dis toksies en dit hou die sisteme – wat die meeste van ons wat hier lees, op materiële vlak vet maak maar in ons siele ‘n maerte bring – aan die gang.


Daar is nog ‘n Katryn in elkeen van ons. Ons het almal nodig om ten minste een keer ‘n dag by ons Versorger te hoor: “Toe maar” … soos Ingrid Jonker haarself probeer sus het deur haar dogtertjie aan die slaap te maak:


Wat is sy naam, mammie?


Sy naam is Sjuut

Sy naam is Slaap

Meneer Vergeet

uit die land van Vaak

Sy naam is toe maar

hy heet, my lam

Toe maar, die donker man


Ek het myself nou so geïnspireer dat ek sommer bietjie my oë gaan laat rus. 



Bid saam met my: Vir wanneer rus soos ‘n risiko voel


Uitgeruste God


Ons begeer meer as ‘n lewe van uitputting. Dat U helende ritmes van rus in ons gedagtes en liggame ingeweef het, herinner ons daaraan dat ons daaglikse vernuwing nodig het. Weerhou ons daarvan om verskoning te maak vir ons eie genesing, dat ons sal weet dat wanneer ons ‘n pouse neem of rus, ons besig is om nie net ons eie liggame te herstel nie, maar die toestand van ‘n wêreld wat gevange gehou word deur gierigheid en nut. Ons is moeg van ‘n samelewing wat ons beskou as meer masjien as mens, meer produk as siel. Die vrees dat ons nie sal oorleef as ons ons nie doodwerk nie, agtervolg ons dag na dag. Bevry ons van die uitgehongerde sosio-ekonomiese strukture wat van die armes en weerloses vereis om hulle eie rus te offer op die altaar van oorlewing en onderdrukking. Beskerm ons van vrees soos ons rus in U, asemhaal saam met U. Herinner ons dat die skoonheid en paradoks van ons menswees opgesluit lê daarin dat ons ons oë sluit om te mag sien. Laat dit so wees. 


Cole Arthur Riley (vry vertaal)



As jy nog ‘n oomblik wil wakker bly, lees gerus hierdie openbaring van Dawid Whyte:


SLEEP is a word that sounds so much like the state itself that just to say the word is an invitation to our own constant, unconscious need for regenerative rest, to fall into depths where we are made new again. The word sleep is almost always said as an imperative: to a child, to someone not well who surely needs it, or half bemused, as we fall unconsciously into its arms, to ourselves, the moment before it happens.Sleep is not an absence from our onward lives: sleep, our present scientific minds tell us, as our ancient imaginative minds have always told us, is another parallel life, a life constantly attempting to join fully with our waking life in order to make it whole, spacious and even generous to others. Our life asleep, we are surprised to find is just as necessary, has just as much agency and steers our future as much as the one we inhabit while we are awake. Disturbingly and inspiringly, a sleeping life is a life that might be just as ‘real’ as the life we lead with open eyes.


Sleep is not just a needed support: a foundation to our waking hours, a witnessing, a regeneration and a guiding lodestone to our conscious thoughts: sleep is the invisible parallel life where we grow and mature and learn as much and sometimes more than we do in the busy hours of our lighted days. The quality and depth of our sleep influences our future fate and our destiny as an individual as much as our attempt to make meaning, in our waking, unrested endeavours.Sleep is not just a necessary: sleep is the nested hidden driver of our onward maturation. We might stop complaining that we spend half of our life asleep and face up to the real dynamic that often, in this waking life, we only seem to be paying real attention, and that our sleeping self is in its own beautifully contradictory fashion, actually the life that is constantly trying to bring us awake to what is really occurring both around us and within us.The foundation of any fully awake conscious life, sleep resides in the essence of every living thing and was with us before we developed consciousness or even a nervous system that could create consciousness. Sleep is as ancient as life itself, and lives in the very cellular nature of our identity. Our planktonic evolutionary ancestors rose and fell through dream-like columns of the ocean, their little cilia beating them up to the surface until the light in the broad, uninhabited sky above began to fade into the unseen evening, causing them to produce the self-same melatonin we produce to this day: inhibiting the rhythmic beat of their tiny limbs and having them fall, as we seem to too, into sleep, through the darker layers of reality, and then once more, to ‘rise’ again as we do with the morning light.Sleep is protective: the guardian, not only of our safety, but of our care for others: without sleep not only do we become exhausted but everyone and everything becomes exhausting: with a rested sleep we broaden and deepen our sense of spaciousness; our ability to be patient, to listen, to reach out and to help another...



‘n Oordenking:


Place Your Life Before God

So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you. 


Rom. 12:1-2 MSG


Die nuwe lewe in Christus

[1] En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. [2] Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.


Rom 12:1-2 AFR



En ‘n paar vrae:


Wat was jou ouers of voogde se ingesteldheid tot rus toe jy grootgeword het? 

Hoe het dit jou gevorm (in weerstand tot of belyning met)?


As rus vir jou voel soos ‘n risiko of ‘n bedreiging, ontdek hoekom dit so is. 

Wat is op die spel as jy rus bo uitputting kies?


Hoe dra jy by tot die uitputting van die wêreld? 

Is daar enige verwagtings wat jy het vir jou gemeenskap wat jyself heimlik as ‘n las ervaar?


Wie in jou lewe verwens jy heimlik daarvoor dat hulle goed rus? 

Wat het hulle wat jy wens jy kon verkry?


Wat verhinder jou om goeie rus te kry – jou eet-en drinkgewoontes? Jou konstante beskikbaarheid deur middel van jou foon? 


Wat is jou verhouding met rus in hierdie seisoen? 

Kan jy aan ander rituele van rus, saam met genoegsame slaap, dink/droom?



- Frieda van den Heever

bottom of page