top of page

Merke! Gereed?

Updated: 5 days ago


Hierdie tyd van hierdie jaar (soos hierdie tyd verlede jaar en die jaar voor dit) is daar soveel e-posse en ander posse wat die rondte doen oor presies wat jy moet doen om hierdie jaar jou beste een ooit te maak. Die woord “intensie” word dikwels gebruik as clickbait. Ek moes die woord van alle kante af gaan bekyk om dit anders te laat land in my liggaam. Ek is nou maar eenmaal nie een van daai mense wat normaalweg aangevuur raak deur ‘n oproep tot brawe aksie en nuwe beginne nie, veral as daar in ‘n oordrewe optimistiese Amerikaanse aksent op my geskree word. Nee dankie, daai soort druk lê my lam. Op my stoeltjie. In my sweetpakkie. Sonder my tekkies. Moenie op my gil om met meer intensie te leef, harder te probeer en vas te byt as my enigste voorneme vir die jaar is om sagter te probeer en losser te byt nie.


… not ready, not steady, go away!


Die ware betekenis van “intensie” het egter nie veel uit te waai met witgeknelde kneukels en saamgeklemde kake nie. Dit beteken “om uit te strek, om te rig, om te mik”. Dis nie eerstens inspanning nie, dis ont-spanning. Dis nie hoofsaaklik gesetel in my kop of in wat ek dink nie, maar waarna my hart uitgestrek is.


Laat my hart na u bepalings neig,

en nie na winsbejag nie.


Ps. 119:36


God, teach me lessons for living


    so I can stay the course.


Give me insight so I can do what you tell me—


    my whole life one long, obedient response.


Guide me down the road of your commandments;


    I love traveling this freeway!


Give me a bent for your words of wisdom,


    and not for piling up loot.


Divert my eyes from toys and trinkets,


    invigorate me on the pilgrim way.


As God nie kyk na die uiterlike nie, maar na die rigting van die hart (in die Bybel die plek van wil, keuse en bedoelings), kom die vraag by my op: Leef ek met ‘n hart wat uitgestrek is of ‘n hart wat inmekaar krimp?  God vra nie eerste, “Wat doen jy” nie. Hy vra: “Waarheen is jou hart uitgestrek?”


Waarna hunker jy?

Waarna verlang jy reikhalsend? Of in plein Afrikaans: Hoe strek jou nek? (die verbintenis tussen jou borskas (hart en longe) – hoe jy klop – na jou brein en gesig – hoe jy kop en kyk.


Na U, Here, hef ek my siel op.


Of in die Nuwe Vertaling:

Na U, Here, hunker ek.


In Eugene Peterson se MSG-vertaling:

My head is held high;

I’m looking to you, God;

No hangdog skulking for me.


Ps. 25:1


‘n Uitgestrekte hart hunker na God, vertrou op God, leef uit liefde. Dis ‘n hart wat sê, “Here, U mag my uitrek, selfs as dit ongemaklik is.” Want groei – wydword – is altyd ‘n rekproses. Dis ‘n hart wat vra, “Gee my ‘n neiging vir U reguit pad.” In oefenklasterme: “Laat my buig (strek) sodat ek nie breek nie.”


‘n Hart wat ingekrimp is, is benoud. Dis ‘n hart wat in homself vou. ‘n Hart wat voortdurend besig is om homself te beskerm. ‘n Hart wat leef uit vrees.


Paulus skryf in 2 Kor. 6:


“Ons het reguit met julle gepraat, ons harte is wyd oop vir julle… Julle word nie deur ons ingeperk nie, maar julle word deur julleself in julle eie binneste ingeperk.”


Die ou vertaling is vir my amper nog mooier: “Ons mond het teenoor julle oopgegaan, ons hart het verruim geword. Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.”


Daar is woorde van Cynthia Bourgeault wat so lank teen my muur vasgeplak was dat ek dit nou nog kan onthou:


In any given situation in life, you can either choose to brace, harden and resist or to open, soften and yield.


Sy brei so uit:

“Confronted with any situation in life, anything that hits you in the external world, you have a choice in the moment. You can harden and resist or you can soften and yield. If you harden and resist, if you brace against it, you will be thrown out of peace and back into ego. If you yield, soften and consciously embrace this now regardless of this moment’s psychological content, you will stay connected with your practice and then you will choose what to do from a stronger more healthy place.


The contemplative stance says that intelligent conscious choice can only be made from a place of inner embracing first. As long as you’re fighting, as long as you’re running from this moment, you won’t be able to choose from anywhere within yourself other than your small self.


Embrace exactly what’s here now without resisting it. You will find that life will flow through it and it can actually energize you. Turn and meet this moment with consciousness. Things will flow into you and out of you. Be present to the possibilities that are always there in any moment when you put yourself fully in it.


It doesn’t have to be pleasant. Your ability to survive and flourish does not dependent on your first making everything in this moment pleasant. You don’t have to lie to yourself and pretend a situation is not what it is. You can work with the conditions as they are.


Attention is a sacred substance. What you pay attention to grows. Attention practice tends towards the acquisitive. So surrender is needed to learn to flow out into life. They are parallel tracks. We have to learn both.


Human beings are three centered: 1. mind 2. emotional = nervous system 3. body = moving centre. All three need to be engaged and in balance. Each centre has its particular wisdom to give. The skills we need to do the spiritual life are embedded in the body.


Trying to learn faith with the head is crazy. Everybody needs to have some kind of physical spiritual practice which allows you to be more fully present to being.

Your major purpose in this prayer is preparing to be a tabernacle for God.”


So word jou liggaam – jou vlees en bloed – ‘n tempel van die Heilige Gees.


“What you say, you say in a body; you can say nothing outside this body. You must awaken while in this body, for everything exists in it: Resurrect in this life.”


Gospel of Philip


‘n Skrywer wie se werk my die afgelope tyd diep raak en rig, skryf so oor nuwe beginne:


If I could start again, I would install an altar within me.

I would place the most sacred object inside it: my own heart.

If I could start again, I would know that the only cathedral I’ve ever

needed to find, to enter, to return to again and again, is this humble

red hermitage, this mystical space that holds all the answers.

I would begin again inside my heart.

And I would live this way.

Speaking from it.


Meggan Watterson – Mary Magdalene Revealed


Wanneer lewe “gebeur”, wanneer die boodskappers van die lewe by jou aandoen, het dit ‘n bepaalde uitwerking op jou gedagtes, op jou senuweestelsel en op jou bewegings. 


Hoe laat die volgende woorde jou voel? Wat is die liggaamsposisies wat jy instinktief inneem as jy dit hoor? Dis nie reg of verkeerd nie, dis net verskillend. Waar land dit?


BRACE … vs … embrace

SHIELD … vs … yield

DISCIPLINE … vs … devotion

HUSTLE … vs … flow


WAT GAAN JY DOEN? … vs  … met watter hart gaan jy doen wat jy doen?


Jy sien, mens kan sulke ekstreme 180’s doen, ten einde die hel vry te spring en uit vrees vir los-bandigheid, dat hulle weer vas-gevang raak in iets anders: moraliteit – gewoontes, handeling, dade. Natuurlik is dit ook belangrik, maar as jou nougesetheid nie vloei uit ‘n ruim, oop hart nie, beteken dit niks. ‘n Basiese wet van die natuur geld hier: Waarvan jy weghol, sit jou agterna. Wat jy omhels, transformeer jou. 


Bekering beteken nie net om jammer te wees of jouself te kasty nie; dit beteken om om te draai (weer en weer) en die rigting van jou hart te verander.


Ek rig my hart daarop … om u voorskrifte uit te voer.


Ps. 119:112


“Ek sal die weg van u gebooie hardloop … wanneer U my hart verwyd.”


Ps. 119:32


God kyk nie jou perfekte program en prestasies en 365/365 punte nie; 

God kyk na jou intensie. ‘n Intensie gerig uit en op en in Liefde.

God verlang ‘n hart wat uitgestrek is. 

‘n Nuwe jaar sonder ‘n nuwe hart is net ‘n kaal kalender, hoe volgeprop ookal.


‘n Paar praktiese oefeninge om jou hart te strek:


Begin jou dag deur jou hart te rig.


Gebruik jou keuses as toetse (nie die soort wat jy kan druip of slaag nie, maar om die rigting van jou hart te wys. “Oorweeg die pad van jou voete” sê Spreuke):

Wanneer jy ‘n besluit moet neem, vra, “Trek hierdie besluit my nader aan God (liefde en vrede wat alle verstand te bowe gaan) of dieper in my dop?” “Is my hart oop en kwesbaar of benoud en verdedigend?”


Let op tekens van ‘n vernoude, benoude hart:

Wees eerlik as jy agterkom jy raak vinnig verdedigend, as jy brand om reg te wees, as jy jou terugtrek, as jy iemand anders die skuld gee … sonder om veroordelend te wees, draai sagkens terug.


Oefen oophartoperasies:

Wanneer jy gekritiseer of seergemaak word, moenie onmiddellik terugveg nie. 

Haal asem. Bid stil, “Here, hou my hart oop.”


Doen een “ongesiene” goeie daad vir die dag:

Help iemand wat jou nie sal kan terughelp nie (sonder krediet), bid vir iemand sonder dat hulle weet, wees vriendelik sonder om te wil voordeel trek daaruit. Nie om jouself in die geheim op die skouer te klop nie of jou beloning in die hemel te kry nie, maar omdat dit jou intensie suiwer en oop hou.


Sien bekering as beligting, ‘n verandering van rigting; nie ‘n sweep vir selfstraf nie:

As jy verkeerd kies, erken dit , draai weer jou hart en beweeg aan. Jesus het gesê, “Bekeer julle” nie om die hart toe te sluit nie, maar uit te strek.


Eindig jou dag met ‘n rigting-vraag (moenie worry nie, ek is nie ‘n kartograaf nie):

Voor jy gaan slaap, vra, “Waarheen was my hart vandag uitgestrek? Waar het ek ingeperk en benoud gevoel?”

 

Ek eindig weer met Paulus se woorde in 2 Korintiërs, hierdie keer uit die Message: 


Dear, dear Corinthians, I can’t tell you how much I long for you to enter this wide-open, spacious life. We didn’t fence you in. The smallness you feel comes from within you. Your lives aren’t small, but you’re living them in a small way. I’m speaking as plainly as I can and with great affection. Open up your lives. Live openly and expansively!



- Frieda van den Heever

bottom of page