top of page

Meer as Kennis: Slim vang sy Baas


Watter dier of beeld sal jy gebruik om wysheid mee voor te stel? Verskillende kulture het verskillende diere en simbole wat gebruik word. Ek is mal oor die Kelte. Hulle simbool is die salm vis. Die salm beweeg net met die ritme en vloei van die seisoene en swem stroom-op om te gaan broei in die veiligste plekke.

Jesus kies ‘n dier waaraan baie van ons eers gewoond sal moet raak. ‘n Slang. “Be ye therefore wise as serpents, and harmless as doves.” Matt. 10:16. Dis maklik om die duif te gebruik as teken van die Heilige Gees, maar ‘n slang sal buite orde wees. Dalk vir ons, maar nie vir mense in die Bybel nie. Hulle sou kon leef met God wat vir Moses sê: sit ‘n slang op jou staf, en almal wat daarna kyk sal gesond word. Kunstenaars soos Francesco Rustici sou in opdrag van die kerk hierdie werk doen om iets van God se wysheid te beskryf:

Wisdom and Prudence Francesco Rustici (1562-1626)


Ons vrees vir slange is seker omdat hulle so wys is. Hulle oorleef orals, in woestyn en see. Jy gaan beswaarlik die leeu kry wat jy 300 jaar terug by die Eersterivier kon kry, maar slange gaan jy kry! Hulle leef onder die radar en weet hoe om te oorleef in die moeilikste tye en omstandighede.


Ons gesels Sondag oor God se pad na wysheid. Hoe trek jy jou hart in jou kop in sodat vrees of ego nie jou denke kaap nie. Indien jy nie hierdie pad met God loop nie kan jy die slimste mense wees, maar sal 'n duur prys betaal wanneer ons kennis sonder wysheid leef.


Slim vang altyd sy baas.



- Deur Theo Geyser

bottom of page