top of page

Meer As Genoeg: Om Te Gee


Seker 10 of 12 jaar terug was ek en Rialette een keer by ‘n kerk byeenkoms waar die banknote met harke opgehark is van die vloer af voor die verhoog. Ons het nie veel later as hierdie moment in die diens gebly nie.


Die teks wat daardie aand gebruik is, onder andere, is die bekende 2 Kor 9:6, ek is seker jy sal dit herken: "Wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.”


Die teks is natuurlik dan gebruik om vir ‘n groep mense, wat nou nie die rykste in die wêreld is nie, te kry om geld voor die verhoog te kom neergooi met die belofte dat daar ‘n oes sal wees vir hulle, dat as hulle die saad plant, dat hulle finansies sal verbeter, sommer honderdvoudig.


Ek is seker meeste van ons het al so iets beleef, of gehoor dat iemand so hierdie teks gebruik. En ek is seker dat jy, soos ek, naar raak as jy dit hoor.


Sondag praat ek by InVia Kaapstad oor hierdie teks, trek hom so bietjie uitmekaar uit en kyk wat onder die oppervlak aangaan. Ek wil deel oor menswees, oor gee, oor armes, oor hoekom ons ons kinders leer om te deel, en wat dit alles te doen met die oorskot vleis wat na die jagtogte in pre-historiese tye oorgebly het.


Kom luister saam, kuier saam, en praat saam.


Sondag 17:30 (Ons nuwe somer dienstyd), by 2 Derry rd Rondebosch, daar sal kinderaktiwiteite vir jong kinders ook tydens die diens wees.

bottom of page