top of page

Maak Jesus vry … as Weg



I love you, gentlest of Ways, who ripened us as we wrestled with you.

You, the great homesickness we could never shake off, you, the forest that always surrounded us,

you, the song we sang in every silence, you, dark net threading through us.

you began yourself so greatly on that day when you began us –

and we have so ripened in your sunlight,

spreading far and firmly planted –

that now in all people, angles, madonnas,

you can decide: the work is done.


Let your hand rest on the rim of Heaven now

and mutely bear the darkness we bring over you.

Rainer Maria Rilke


O, daai vers. Die een wat praat van die weg, die waarheid en die lewe. Die een wat gesprekke laat doodloop, mense hel toe stuur en “geen toegang”-bordjies hang waar daar eens ‘n pad was.

Is dit ons, die sogenaamde Christene, wat die Vryman geboei het? Opgesluit het? Ingehok het? Die Seun van die Mens die seuntjie van die mense gemaak het? Of is dit eerder soos Chesterton dit beskryf het: “Christianity isn’t a failure; it just hasn’t been tried yet.”


“Ek is die weg, die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

Joh. 14:6


Come, my Way, my Truth, my Life:

Such a Way, as gives us breath:

Such a Truth, as ends all strife:

Such a Life, that killeth death.


George Herbert


Hoe het ons die asem uit hierdie skrif gesqueeze, die waarheid verdraai, die lewe gedood … die kollig gegooi op DIE weg en die WEG agter die skerms gelos, die woord “niemand” uitgebulder en “behalwe” binnensmonds gemompel. Dit alles gemaak oor die hiernamaals en nie die hier-nou-maal nie. Daar was nie ‘n woord vir “redding” (salvation) in Aramees, die taal wat Jesus gepraat het, nie. Om gered te word was “om lewendig gemaak te word”. As my teologie – my woorde of praat oor Die Woord – my en die mense om my nie meer lewendig maak nie, moet ek dit liefs op die water werp. Dit mag dalk dan eendag veelvuldig na my terugkeer.

So hierdie skrif sê nie almal wat nie vir Jesus ken gaan hel toe nie?

Nee, ek vermoed daardie interpretasie is te beheersd, te ingehok, vir die res van die wilde radikale Jesus wat ons in die Woord sien lewe en liefhê.

So, dit beteken anything goes? Nee, dis darem nie so kompleks nie…


We humans prefer a manageable complexity to an unmanageable simplicity.

Fr. Bruno Barnhart


Jesus se pad is juis dit: ‘n radikaal onbeheerbare eenvoud – niks is teruggehou nie en niks is vasgehou nie. En ‘n hemel-en-hel teologie is baie meer “beheerbaar” en baie makliker as hierdie Weg.

Ons gaan Sondag gesels oor hierdie skrif en hoe Jesus, as deur, so ‘n lokval geword het in mensehande. As die taal van poësie waarin Johannes sy evangelie skryf en sy verstaan van Christus (nie hoofsaaklik Jesus soos die ander evangelies nie) in gewonemenstaal omgesit sou word, sê hierdie skrif dalk die volgende:


Ek is die pad. Loop my.


John Shelby Spong eindig sy boek Jesus for the Non-Religious so (vry vertaal):


Kyk na hom!

Nie na sy goddelikheid nie,

maar eerder na sy vryheid.

Moenie kyk na die oordrewe verhale van sy krag nie,

maar eerder na sy oneindige kapasiteit om homself weg te gee.

Moenie kyk na die eerste-eeuse mitologie wat hom omsingel nie,

maar eerder na sy moed om te wees,

sy onblusbare vermoë om te lewe, en

die aansteeklike kwaliteit van sy liefde.

Stop jou woeste soektog!

Wees stil en weet dat dit God is:

hierdie liefde,

hierdie vryheid,

hierdie lewe,

hierdie wees:

En

wanneer jy aanvaar is, aanvaar jouself;

wanneer jy vergewe is, vergewe jouself;

wanneer hierdie liefde jou terug in jou lewe blaas, hê jouself lief.


Begryp hierdie Christuskrag en waag dit om jouself te wees.


Seker nie toevallig dat die Rabbi Jesus se eerste en laaste les bestaan het uit twee woorde nie: “Volg my.”

Jesus is toe nie weg nie. Hy’s Weg.



- Deur Frieda van den Heever



bottom of page