top of page

Maak Jesus Vry... as Teenwoordigheid!



Is dit nie merkwaardig dat baie mense buite die kerk sterk aangetrokke voel tot die lewe en lering van Jesus... En dan is daar baie mense weer wat binne die kerk soms ‘n weersin en afstootlikheid by mense wek wanneer hulle oor Jesus praat. Jy het seker al hierdie stelling gehoor: Ek is nie ‘n Christen nie, maar wil eerder bekend staan as volgeling van Jesus.

Ek is nie verbaas dat Jesus sy dissipels moes vra: “Maar wie sê julle is Ek?”, want wat ons baie keer van Jesus sê, is nie wie Jesus is nie. In die volgende reeks gaan ons gesels oor hoe om Jesus vry te maak van ons eie voorveronderstellings en konstrukte. Meister Eckhardt het mense so leer bid: “God rid me of God”, waarmee hy bedoel dat ons ook erns moet maak met ons eie afleidings en idees oor God. Soms keer dit ons om God werklik te kan beleef.

Ons begin Sondag gesels oor hoe Jesus in ons lewe teenwoordig is en skop af met hierdie belangrike woorde: “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”- Matt. 28:20. Wat ons dink van Jesus is belangrik, want ons idees oor Jesus bepaal hoe Hy teenwoordig of afwesig is in ons lewe. Soms is ons verstaan van God se teenwoordigheid Ou Testamenties, omdat ons God ook wil lokaliseer in spesiale plekke. Kyk maar na TV predikers wat God lokaliseer in wonderwerke, sensasie, musiek en charisma.

Die Nuwe Testament leer ons dat God nie dramaties, of sensasioneel na ons kom nie, maar eerder verskuil en gekamoefleerd. Hy betree immers die aarde in ‘n vuil herberg, ongemaklike krip met herders wat geen status in die samelewing nie, wat bitter min mense kan raaksien.

Kom kuier Sondag by Longridge om 10h00 wanneer ons hierdie reeks afskop.

"God lies inside us, deep inside, but in a way that’s almost non-existent, almost unfelt, largely unnoticed, and easily ignored. However, while that presence is never overpowering, it has within it a gentle, unremitting imperative, a compulsion towards something higher, which invites us to draw upon it. And, if we do draw upon it, it gushes up in us in an infinite stream that instructs us, nurtures us, and fills us with endless energy.’’ R Rolheiser


- Deur Theo Geyser

bottom of page