top of page

Lewende Energie


Ons het met ons Pinksterreeks afgeskop en gaan die volgende paar weke gesels oor name wat aan die Heilige Gees gegee word, sodat ons beter kan verstaan hoe hy binne ons werk. Lewende energie mag dalk vreemd klink, maar vandag skroom Bybelvertalers nie om die woord “krag” met enregie te vertaal nie. Luister net hoe mooi word Fil 2:13 vertaal: “That energy is God’s energy, an energy deep within you, God himself willing and working at what will give him the most pleasure”.


Wat beteken dit dat ons krag kan ontvang wanneer die Heilige Gees oor ons kom? (Hand 1:8). En, hoe kom die Heilige Gees oor ons as Hy alreeds in ons woon? Wat is die aard van die krag wat ons inspireër? Gee dit my outoriteit oor mense se lewens soos wat baie dink? Of spesiale gawes wat my suksesvol maak en immuun maak teen die aanslae van die lewe?

Ons gaan Sondag kyk hoe ons God se krag in ons lewe werk, hoe ons dit van Hom ontvang en nog meer belangrik hoe ons dit moet spandeer. Energie is nie vriendelik nie, en wanneer ons dit verkeerd kanaliseer word dit negatiewe kernkrag! Paulus se raad in Gal 5:23 : “…able to marshall and direct our energies wisely.”


Ons word uitgenooi om met krag en lewe te leef waarmee ons geskape is en die oorsprong en bron van alle energie te eerbiedig.

bottom of page