top of page

Lent: Vaste In Die Wildernis


Hier volg ‘n uittreksel uit Mosaïek se Lent handleiding:


 

“Yours is a hard life, Father. I too want to be saved. Is there no other way?”

“More agreeable?” asked the ascetic, smiling compassionately.

“More human, Father.”

“One, only one.”

“What is that?”

“Ascent. To climb a series of steps. From the full stomach to hunger, from the slaked throat to thirst, from joy to suffering. God sits at the summit of hunger, thirst, and suffering; the devil sits at the summit of the comfortable life. Choose.”

“I am still young. The world is nice. I have time to choose.”

Reaching out, the old monk touched my knee and said:

“Wake up, my child. Wake up before death wakes you up.”

I shuddered and said:

“I am still young.”

“Death loves the young,” the old man replied. “The inferno loves the young. Life is like a lighted candle, easily extinguished. Take care – wake up!”


Hierdie gedeelte word deur Nikos Kazantzakis beskryf in sy outobiografie: Report to Greco, waarin hy skryf oor sy tyd by ‘n ortodokse klooster op berg Athos. Athos is die naam van ’n berg en skiereiland in die provinsie Masedonië in Griekeland. Die Grieke verwys in die algemeen daarna as die Heilige Berg. Dit is ’n wêrelderfenisgebied en bestaan uit 20 Oosters-Ortodokse kloosters.


Dit is hier op die berg waar die skrywer gaan gesels met ‘n monnik, Vader Makarios, maar na vele ontmoetings is hy ambivalent. Die monnik se asketiese leefstyl interesseer Kazantzakis, maar iets daarvan weerstaan hy… hy soek die romantiek in die lewe van ‘n askeet. Die ortodokse tradisie plaas groot klem op askese, wat ‘n oefening van onthouding is.



 

Geloofsgewoontes soos vas en askese kan swaar wees vir ons om te verstaan, veral uit ons gemaklike huise en vanaf ons rusbanke. So waar pas geloofsgewoontes of spiritual practices soos vas in by die geestelike reis? Geloofsgewoontes is al duisende jare deel van die Judeo-Christen tradisie en natuurlik ook van ander gelowe, maar word dit nie dalk net ‘n manier om ons saligheid te ‘verdien’ nie?


Ons praat hierdie Sondag oor die ryk tradisie van geloofsgewoontes en spesifiek oor vas wat ons tydens Lent beoefen.


Kom gerus Sondag na die diens in Stellenbosch by die Protea Hotel in Techno Park om 10:00 waar Theo aan die woord sal wees, en die aand saam met Pierre by 2 Derry weg in Rondebosch om 17:00. Ons kinderaktiwiteite hervat ook Sondag by beide dienste.


bottom of page