top of page

Leef met paradokse: Bitterlekker – Vreugde & Verdriet



Paradokse in die lewe is moeilik. Die lewe is bitter en soms ook lekker. Ons vermy bitter, en glo as ons die bitter kan besweer daar meer lekker in die lewe sal wees.

 

Tog het paradokse nodig om te kan lewe. Daarom sal die Psalmis sê “die wat met trane saai, sal met ‘n gejubel maai” (Ps 125:5). Soms is dit wat ons nie van hou nie belangrik saad in ons lewe wat ons kan help groei.

 

Die kruis is die mooiste voorbeeld van hoe ons met die paradokse van die lewe om te gaan. Jesus hang tussen een rebel wat ja sê en die ander een wat nee sê. Die opstanding kom deurdat ons beide vashou.

 

Ons gesels Sondag oor die uitnodiging wat God vir ons gee om bly te wees, te midde van al die bitter wat ons om ons en soms ook in ons raaksien. Wanneer ons die moeilike of bitter elimineer verval ons in geloofshedonisme. 'n Hedonis streef na die verkryging van netto genot (genot minus pyn).

 

Daar is  ‘n lewe wat God ons belowe, nie ten spyte van ons lewensomstanduighede nie, maar te midde van! Nehemia 8 is ‘n amazing verhaal wat ons vistas op hierdie lewe gee: Bitterlekker!



Deur Theo Geyser

bottom of page