top of page

kloosterfobia


Geskryf deur Francois van der Merwe en Theo Geyser

“Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow. God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes.” Matt 6:34 THE MSG Wilma sê nou die dag dat dit baie erg moet wees om in ‘n klein kamertjie binne die gevangenis toegesluit te wees. Vir die eerste keer besef ons net hoe erg die straf van isolasie is. Die huidige isolasie met die koronavirus maak ons nou bewus van baie goed waaraan ons nooit dink nie. Ons eksterne wêreld word nou ‘n spieël en wys ons ook hoe ons binnewêreld lyk. Jou binnewêreld van vrees kan jou besoek. Wanneer vrees die regisseur van my gedagtes word, dan begin daar aksie/drama films dag en nag in my kop afspeel. En die probleem is, almal is futuristies en het ‘n slegte einde. Ek word soos ‘n platespeler wat vashaak, kyk alles oor en oor en my aandag en bewustheid word beroof van die hier en die nou. Jesus gee ‘n opdrag om jouself nie op te werk nie! St. Teresa van Avila skryf: Let nothing disturb you, Let nothing frighten you, All things are passing; God only is changeless. Patience gains all things. Who has God wants nothing. God alone suffices. Hierdie woorde was op ’n boekmerk in haar gebedsjoernaal op haar sterfbed gevind. Jesus en St. Teresa nooi jou eerder uit na die teenwoordige tyd. Om met jou volle aandag en liefde by Hom te wees. God sal sorg vir die dag van môre. Ons hoef nie kloosterfobies te wees nie. Oefening: Neem vandag ’n paar ‘n oomblikke om nie net aan die wêreldgebeure te dink nie, maar eerder wat God besig is om nou te doen by jou, voor jou en met jou. Stel ’n wekker om jou elke uur van vandag te herinner om vir minstens 2 minute met hierdie vraag te sit: “Wat doen die Here nou met en in my?” Maak dan elke keer ’n nota van die gedagte of insig wat na jou toe kom. Vir ouers: Sit binne ‘n sirkel. Steek ‘n kersie aan om God binne die ruimte te erken. Deel met mekaar waaraan julle die meeste dink. Vraag: Waar kan ons God nou raaksien? Dalk in die natuur, die omgee vir mekaar, in die diere. Spieël die antwoorde en som dan die punte op waar ons kan sien God teenwoordig is. Vra dan ook na maniere en gewoontes hoe ons langer kan kyk en bewus word van wat God nou doen. Herhaalgebed: Here, leer my om U te volg te midde van vrees.

bottom of page