top of page

Kerstfees by Kerslig



Kom sing saam met ons. Ek glo die engele sing ook saam. Dis tog wat die Storie ons leer. Maar moenie sleg voel indien jy nie soos ‘n engel kan sing nie. Solank jy asem in jou longe het. ‘n Bietjie ritme in jou lyf. Dis heeltemal goed genoeg.


Ervaar 'n betowerende aand vol geselligheid en melodië saam met Invia by ons Kerstfees by Kerslig geleentheid! En nee, Kerstfees is nie ‘n spelfout nie. Dis die Nederlandse spelling en Kerst beteken ‘Christ’ of te wel, Christus. Met tyd het ons die ‘t’ in Afrikaans verloor. So, werklikwaar ‘n Christusfees.


Hierdie onvergeetlike aand vind plaas op die pragtige Weltevreden Estate in Stellenbosch, waar jy kan saamsing onder die sterre. Kaartjies is GRATIS maar jy moet asseblief bespreek. Bring jou familie en vriende en kom sing saam.


Geniet 'n verskeidenheid drank- en kosstalletjies (eie kos en drank is nie toegelaat nie). Kom skep 'n wonderlike Kersherinnering saam met ons!


Laaste maar nie die minste nie - Ons doen hierdie om opvoedkundige speelgoed en skryfbehoeftes in te samel vir ons uitreik-aksie na behoeftige kleuterskole in Eersterivier en Kayamandi. So, bring asseblief iets saam.


Hef jou stem! Bring jou kampstoel & geskenk! En hoor die blye engelelied.

Sing jou daar raak.

Lukie



Inligting:

Datum: 26 November 2023

Tyd: 18:00 vir 18:30 (ons sal teen 19:45 klaar wees).

Plek: Weltevreden Estate Grasperk


NB: Geen eie kos en drank toegelaat nie.

BRING SAAM: Jou eie kampstoel, PLUS! OPVOEDKUNDIGE SPEELGOED en/of SKRYFBEHOEFTES (2 - 6 jaar) vir ons aksie na behoeftige kleuterskole in Eersterivier en Kayamandi.

bottom of page