top of page

Kersdiens: Kripnotas



Hoekom is Jesus in 'n krip gebore? Waarom sou die kerk deur die eeue geglo het dat dit een van die kragtigste beelde is wat ons kan help dat God ons kan ontmoet waar ons is in ons lewe.


Dalk is daar versteekte notas in die krip wat ons kan help...


Die woord krip beteken "om te voed" en dit is vandag nog steeds so, dit is die plek waar ons honger in God gestil kan word. Niemand het in die krip gaan soek nie. Ons soek eerder in paleise, tempels en lofliedere met engelekore.

Sadly, kry ons eerder ons eie engele om die Kersfees op te kikker en mis God die die vergete krip van ons lewe.


Sondag vier ons Kersfees! Kom kuier gerus saam by ons Kersdiens waar ons gesels oor die kripnotas wat ons kan help dat Jesus ook binne ons opnuut gebore kan word!


- Deur Theo Geyser

bottom of page